14 Oktober 2016 – Beau de Klerk

“Hoop na die dood!”

Hoe gemaak as jou antwoorde opraak, jou vrae meer raak en jou verstaan wegraak…hoekom moes my kind sterf Here ?  Kom luister as Beau de Klerk hul gesin se getuienis van hoop na die dood met ons kom deel.

 Laai klankopname hier af!

16 September 2016 – Hennie Fritz

“Ek praat en gesels nie meer so baie en aaneen nie!”

Hennie Fritz sê hy praat en gesels nie meer so baie en aaneen nie maar hy het wel ingestem om hierdie Vrydag met ons te kom gesels.

“Ek neem meestal die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself en soms mag dit dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees.”  Dit is vir hom goed so.

Laai klankopname hier af!

26 Augustus 2016 – Jackie Beukes

“Jy is sterker as wat jy dink!”

Jackie en Sy vroutjie het twee miskrame in een jaar beleef. Die duiwel wou nie net hulle blydskap steel nie, maar wou ook hulle huwelik, bediening en drome vernietig. Jackie gaan hierdie getuienis en ander lewenslesse met ons deel. Ons as mans het almal uitdagings, teleurstellings en trane wat ons ervaar. Jy moet egter weet dat JY STERKER IS AS WAT JY DINK JY IS EN JY IS STERKER AS WAT JOU HUIDIGE SITUASIE JOU LAAT LYK!

Hier is 4 kort Video Clips se links wat Jackie al gemaak het:

  1.  Van Swakheid tot Sterkte:

https://www.youtube.com/watch?v=jaVX8phsyM8

2.  Wie is God?

https://www.youtube.com/watch?v=xiKlsrK2TR8

3.  Hoekom Jesus?

https://www.youtube.com/watch?v=XmRqecafRaU

4.  Wie is die Heilige Gees?

https://www.youtube.com/watch?v=7swPS0TniaE

Laai Jackie se getuienis hier af