13 November 2026 – Billy Paulson

13 November 2026 – Billy Paulson

Deel die inligting!

Net so ’n bietjie agtergrond oor myself:

Ek is Afrikaanssprekend, oorspronklik van die Kaap, en woon reeds die afgelope 30 jaar in Port Elizabeth (Gqeberha).

Ek het pas my boek, Môre Sal Die Son Weer Skyn – 365 Dagstukkies van Hoop, vrygestel. Die amptelike boekbekendstelling vind eerskomende Saterdag by die Artscape-teater in Kaapstad plaas.

Ek is ook die skrywer van die bekende liedjie Môre Sal Die Son Weer Skyn, wat ek reeds in 1980 geskryf het. Oor die jare het hierdie lied vir baie mense ’n boodskap van hoop geword te midde van hopeloosheid en moeilike omstandighede.

Die boek is eintlik ’n voortsetting van daardie boodskap – ’n daaglikse herinnering dat daar altyd hoop is, selfs wanneer die lewe ons op ons knieë dwing.

My gesprek met die mans sal hoofsaaklik rondom my persoonlike getuienis handel: die afgelope twee jaar se familieverliese, my eie mediese uitdagings en die persoonlike reis wat ek moes aflê. Ek wil ook vertel hoe my eie lied en die visie agter die boek ontstaan het, en hoe ek self opnuut die boodskap van hoop moes ontdek en uitleef.

My tema vir Vrydag is:

AL GAAN DIT HOE SWAAR, EN AL IS DIE NAG HOE DONKER – MÔRE SAL DIE SON WEER SKYN.

Ek glo dit sal ’n betekenisvolle geleentheid wees om eerlik met mekaar te praat oor die lewe, geloof, uitdagings en die belangrikheid daarvan om nooit moed op te gee nie.

Baie dankie weereens vir die geleentheid. Ek sien uit daarna om julle te ontmoet.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *