8 Maart 2024 – Ettienne Willemse

‘n God van verhoudings

My lewe het werklik waar gedraai toe ek in 2008 besef het dat God ‘n God van verhouding is. Ek het God voor dit net geken as ‘n harde God wat nooit tevrede sal wees met enige iets wat ek doen nie. Ek het begin leer oor wie God as vader is, wat baie vir my beteken het oordat ek ‘n afwesige vader gehad het.

Vandag is ek ‘n vader van twee seuns biologies en baie ander geestelik, te danke aan die Vader se genade en Sy Gees wat my ingetrek het.

Ettienne Willemse
Ettienne Willemse

9 Februarie 2024 – Johan Koornhof

My pad saam met Jesus Almagtig!

1 Oktober 2021 het my lewe verander toe ek die laaste bed in ICU neem met Covid. Drie aande later om 3h16 die oggend het ek ophou asem haal. Met God se genade het hulle my terug gekry. Tien dae later na afloop van n CT Scan het ek die nuus ontvang dat ek minder as 12 maande oor het om te leef. Toe begin my 86 dae journey in isolasie in die High Care eenheid…en my pad saam met Jesus Almagtig tot vandag toe…..

26 Januarie 2024 – Fanie Cronje

Hoe God my van geleenthede voorsien het!

My getuienis handel in hoofsaak oor hoe God my van geleenthede voorsien het om na trauma (die afsterwe van my vrou) en werksverlies geleenthede gebied het wat my in staat gestel het om ’n nuwe loopbaan, na die rype ouderdom van 60 , te begin, vele ander fasette binne hierdie nuwe loopbaan, wat deur die wil en genade , my in staat gestel het om ’n fasinerende nuwe “begin” te maak en werklik nou in my herfsjare voluit lewe en dit geniet!!!

8 Desember 2023 – Blackie Swart (Jaar afsluiting – dames welkom)

Jaarafsluiting – Beproewings!

Vrydag getuig Blackie Swart.  Dit is ook ons jaar afsluiting en soos gewoonlik gaan ons ook Nagmaal bedien.

Volgens die Skrif gaan ons van tyd tot tyd deur beproewings wat ons in staat stel om ander te help wat deur ‘n beproewing gaan. Ek moes twee maande gelede deur ‘n onverwagse hartomlyning gaan. Ek wil graag ‘n getuienis gee oor wat se impak dit op my gehad het na liggaam, siel en gees.

Dames Welkom

Ons begin weer die 19de Januarie.  Geseënde Christus fees vir almal.

1 Desember 2023 – Garion Krauss

Running God’s race

My name is Garion Krauss. I was born in the Free State but grew up in the Garden Route going to school in George. From High school I went on to do a B.Comm at the University of Port Elizabeth and finished off two subjects to complete my degree at University of Cape Town.

My brother and I started a business in Cape Town after our studies and are still running that same business, BG Servers, 28 years later. My extra mural activities were initially adventure sport related such as scuba diving, white water kayaking, surfing and paragliding, but for the last 10 years or so it has been first road running moving onto ultra distance trail running. For the last few years I have been taking part in various mountain trail events all over the country and some abroad. The distances include 50mile, 100km and 100 mile on trail and mountain. I am single with two children that have four legs and bark. The 3 of us love spending time in the mountains training but most of all we love spending time with our Creator in His incredible creation.

As much as I enjoy physical running what’s far more important to me is my spiritual race. 1 Cor 9:24 AMP Do you not know that in a race all the runners compete, but [only] one receives the prize? So run [your race] that you may lay hold [of the prize] and make it yours.

 

17 November 2023 – Spontane Getuienis en Gebed

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”

Ons weet God is in beheer. Hierdie Vrydag oggend gee ons ‘n geleentheid vir gebed en getuienis.

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”
– Oswald Chambers –