Your son needs a relationship with you
Danie se getuienis gaan om ‘n bewuswording by ons te kweek van hoe belangrik ons verhouding met ons seuns is. Dogters ook, maar Danie deel uit sy lewe waar daar nie dogters was nie.
Hy beplan om te getuig oor sy vertroebelde verhouding met sy aardse pa en hoe mans figure die beeld van God as sy hemelse Vader verbuig het. Die skade wat dit hom berokken het, het ook gemaak dat hy nie ‘n persoonlike verhouding met Jesus kon hê vir baie jare nie. Hy kon nie die Heilige Gees hoor en ervaar nie. Danie het in 1979 na Kaapstad verhuis, ‘n gay leefstyl geleef tot en met 1994 toe hy in sy tuin God op ‘n bonatuurlike wyse ontmoet het. God het ‘n besonderse pad met hom gestap. Hy het hom tot sending geroep en Danie het gehoorsaam en in 1999 na ‘n tyd van opleiding vertrek na die Filipyne en aangesluit by die New Tribes Missions Phillipines. In 2000 kom hy terug na SA en begin werk onder die vaandel van YWAM.
Daar het egter ‘n tragedie in sy lewe plaas gevind wat sy lewe heeltemal in duie laat stort het en hom weereens verwerping laat ervaar het.
“In the 16 years that I followed God, the Father took me aside, out of the Institution of the Church and walked a path with me, teaching me how to hear His voice and how to fellowship with Him in spirit and truth. In these turbulent years, in a devine way, God changed me from having a servant relationship with Him, to that of a son. He established me in Grace and for the first time since I accepted Jesus as my Savior, I am falling in love with Jesus. I had wonderfull encounters with Jesus in the spirit which changed my life forever. He is leading me now to understand that in Him I am a son and co-heir of the New Covenant.”
15 Julie 2016 – Henry en Justine Pike (Vrouens welkom)
Henry en Justine kom getuig oor hoe God hulle gehelp het deur die trauma van ‘n miskraam
Hierdie Vrydag kom gesels Henry en Justine Pike oor hulle miskraam en hoe God hulle daardeur gelei het. Hulle getuig oor die lewe na die miskraam.
Vrouens is baie welkom!
8 Julie 2016 – Jacques Malan
Jacques se visie is die oprigting van baie leiers en mentors wie God eerste raaksien.
Jacques is gebore en het grootgeword op Swellendam in die Overberg. Hy doen na skool sy 2 jaar diensplig in die Weermag en in 1987 eindig hy op in Ruacana in die ou “Suid-Wes Afrika” (Namibia) bosoorlog met SWAPO. Na diensplig sluit hy aan by die Suid-Afrikaanse Polisie en na 16 jaar diens bedank hy met die rang van Kaptein. Vir 6 jaar doen hy privaat sekeriteits werk in die Midde Ooste en ander hoë risiko en oorlog geteisterde lande (onder andere – Irak, Jordanië, Yemen, Indonesië)
In 2012 oortuig die Heilige Gees hom om voltyds in die bediening te werk en met ‘n baie spesifieke taak: verspreiding van die Goeie nuus deur ;eiers van die land op te rig in hulle posisies deur hulle te onderrig en toe te rus. Sy geestelike gawes, en waar God hom tans gebruik, is onder andere sterk profetiese bediening, ‘healing’ en “teaching” gawes. Hy mentor vele leiers regoor SA en stap ‘n baie spesiale en spesifieke pad met evangelis Johnny Louw en gospel sanger William Loedolff. Hulle opereer in ‘n span soos God hulle wil gebruik.
Jacques is geroep as sterk geestelike inslag vir die Afrikaner nasie nasionaal, maar ook Suid Afrikaners tans woonagtig in die buiteland. Hy is geroep as die “Brug” tussen die Afrikaner en die bring van besondere openbarings kennis vanuit God se Woord. Jacques glo ook dat hy ‘n baie belangrike deel van sy persoonlike roeping is die hereniging, opbou en toerus van die Liggaam van Chrstus landwyd en slegs deur Gees en Waarheid. Deur hierdie proses vat hy hande met soveel leiers en geestelike uitgesoektes oral in die land.
Jacques se hart is dat mense meer van Jesus moet weet en Hom waarlik sal ken. As geestelike leier en mentor is hy ‘n skakel in God se groter plan vir die land, en dra hy sy deel by tot die goeie en gesonde funksionering van die Liggaam van Christus. Profetiese woord wat God deur hom gepsreek het, het reeds kragtig manifesteer tot God se eer en glorie. Sy visie is die oprigting van baie leiers en mentors wie God eerste raaksien voor enige mense plan of gedagtes. Hierdie is die opstaan en manifestering van die seuns van God (manifesting of the sons of God) en waarvoor die heelal alreeds reikhalsend voor wag.
Ons nooi jou uit om Vrydag oggend te kom luister na Jacques se getuienis.
1 Julie 2016 – Timothy Kieswetter
Seksuele taboes en huweliksmites!
Vrydag kom Timothy Kieswetter, bekende Bybel- en seksualiteitkenner, by ons kuier. Hy is die bekende Gary Kieswetter se seun en is ‘n gereelde spreker op veral Radio Tygerberg.
Hy is ook tans by die Artscape teater met sy een-man komedie “Stripshow”. Die vertoning is die ideale plek waar jy lekker kan lag en leer oor seksualiteit. In hierdie “Stripshow” strip hy nie met sy klere nie, maar wel met woorde. Kom kyk hoe Timothy al die SEKSUELE TABOES en HUWELIKMITES een vir een kom weg-strip.
Beslis ‘n oggend om nie te mis nie!!
24 Junie 2016 – Andre Anthony
Drie jaar terug het Andre nie die Here geken nie. Hy was skuldig aan elkeen van die sondes, egbreuk, lieg, steel, dwelms, alkolisme om net n paar te noem.
Hy het nie na die Here gesoek nie, het Hom nie nodig gehad nie, maar die Here het na hom gesoek. God het hom geroep en in ‘n oomblik het Hy sy lewe verander!
10 Junie 2016 – Spontane Getuienis
Hierdie Vrydag gaan ons weer geleentheid gee vir spontane getuienis. Die Here het nog altyd hierdie geleenthede geseën en was dit altyd inspirerend om te luister na die getuienis van ons eie manne by TGIF. Kom saam en kom luister na wat die Here in gewone gelowiges doen. Ons gaan ook geleentheid gee vir manne om terugvoer te gee oor die Daniel konferensie en wat dit vir hulle beteken het.
Ons betrokkenheid by Frontida
Gaan lees ‘n bietjie meer hier oor Frontida in Thailand. Hulle jongste nuusbrief is ook nou beskikbaar (hier) en lees ook van Oswald se planne om ‘n bietjie daar agter te bly.
3 Junie 2016 – Nelita en Wandelei Fonseca
Wanderlei and Nelita Fonseca are both passionate about Christ, with a divine appointment to make Jesus known. Coming from different continents, they met and married under awesome circumstance. One will find right throughout their everyday life, even in their clothing business (Tru Life Apparel situated in Cobble Walk) “Making Jesus Known” is their logo and their passion.
27 Mei 2016 – Blackie Swart
In my 42 jaar se wandel met God het daar langs die pad gebeurtenisse plaasgevind wat telkemaal my lewe verander het; vandag kan ek terugkyk na daardie padwysers en rigtingborde.
20 Mei 2016 – Henry Jackson
Visie vir strome van lewende water
Eerskomende Vrydag is Henry Jackson aan die beurt. Henry was ‘n boer in Gweru in Zimbabwe wat gebid het vir die mense wat sy plaas af geneem het. Henry het ‘n profetiese bediening waarmee God se hoop bring aan die eensames, mense wat verwerp is deur die gemeenskap of mense wat geen hoop meer het nie. Hy was al voorheen by TGIF en het ook in 2014 ons TGIF kamp behartig.
Henry kom ons opdateer met waarmee hy nou besig is.