Oor die Here se grootheid, Sy goedheid en Sy versorging!
Eric het by ‘n vorige geleentheid met ons gedeel hoe die Here hulle gesin geroep het van predikant by Bergsig na ‘n INcontext Ministries. Hierdie nuwe roete sou gekenmerk wees deur geen finansiële sekuriteit nie, net die belofte van die Here dat Hy hulle geroep het en hulle instaat sal stel om toe doen waarvoor hulle geroep is. Eric en Surita is amper ‘n jaar en ‘n half weg as predikant by Bergsig gemeente en voltyds werksaam by INcontext Ministries waar hulle nou saam werk met die kerk in vervolging. Hulle getuig graag oor die Here se grootheid, Sy goedheid en Sy versorging…
Job 42:5 “Tot nou toe het ek net gehoor van wat mense van u sê, maar nou het ek U self gesien.”
11 November 2016 – Leon du Toit
Hierdie Vrydag gaan Leon du Toit met ons kom gesels. Leon is ‘n sendeling in die Ukraine en Rusland. Leon het ook vroeër vanjaar in Februarie met ons gesels. Sy getuienis is hier beskikbaar.
Leon gee vir ons die volgende agtergrond:
“Van jongs af het ek die gevoel gehad dat ek eendag sendingwerk sal doen. Baie duidelike roeping in my matriekjaar – drie keer na mekaar: ‘..gaan uit jou land en uit jou Vader se huis na die land wat ek jou sal wys..’ (Gen.12:1)
Baie belang gestel in Japan Sending. Na paar jaar se opleiding sou ons 1974 Japan toe gaan vir voltydse sendinwerk. Kort voor ons vertrekdatum is ons visums na Japan gekanselleer agv ‘n totale visumboikot teen Suid Afrika.
Begin 1975 het ons Stellenbosch toe gegaan waar ek my bekwaam het as NG predikant.
Eers in 1995 het die deur vir Suid Afrika were oopgegaan vir buitelandse sendingwerk. Ek is toe uitgenooi deur Mission Emanuel in Kiev om jongmense op te lei vir geestelike werk in die vorige Sowjet Unie lande.
Augustus 1995 het ek en my vrou en twee jongste kinders Oekraine-toe gegaan. Die eerste drie jare in Kiev was besonder geseend en duisende mense het tot bekering gekom en baie kerke is geplant.
Die afgelope 12jaar baie sterk fokus op Rusland. Wonderlike werk van Heilige Gees wat Christus verheerlik en talle dwelmverslaafdes se lewens totaal getransformeer en kerke word geplant en sterk groei, ook in Siberie. 90% van die jong predikante in Siberie kom vanuit dwelms en tronke!”
4 November 2016 – Paul Ferreira
Paul kom vertel vir ons van hulle werk in Nepal.
Ek was besig om ‘n krieket loopbaan na te streef toe die Here my red en die deure daarvoor in my lewe toemaak. Van toe af lei Hy my om voltyds in sending betrokke te wees. Ons woon tans in Nepal en voor dit 4 jaar in Noord Indië waar ons fokus op kerk leier opleiding asook kerkplanting in onbereikte mensegroepe.
28 Oktober 2016 – Japie Muller
“Die Here het my op ‘n 6 maande “crash course” geneem!”
Hierdie week is dit weer een van ons eie boetas Japie Muller wat aan die beurt is. Japie sê: “Mens verstaan nie altyd die rede as iets erg met jou gebeur nie totdat jy later uitvind dat die beste ding is wat met jou kon gebeur het. Die Here het my op ‘n 6 maande “crash course” geneem wat totaal my uitkyk op die lewe verander het. Ek wil graag met julle deel die lesse wat ek geleer het…”
Weens tegniese probleme het ons ongelukkig nie ‘n opname gemaak nie.
21 Oktober 2016 – Marina Olivier en Seline Kasner
Marina en Seline kom gesels oor die tronk besoeke wat hulle in Thailand doen.
As gevolg van die sensitiwiteit van die onderwerp, gaan hierdie gesprek nie opgeneem word nie. Maak dus seker dat jy dit bywoon Vrydag oggend.
14 Oktober 2016 – Beau de Klerk
Hoe gemaak as jou antwoorde opraak, jou vrae meer raak en jou verstaan wegraak…hoekom moes my kind sterf Here ? Kom luister as Beau de Klerk hul gesin se getuienis van hoop na die dood met ons kom deel.
7 Oktober 2016 – Juan Venter
“Equiped with a song in my heart…. “
Hierdie Vrydag kom gee Juan Venter vir ons sy getuienis. Hy is betrokke by Mighty Men. Juan sê: “Equiped with a song in my heart…. I generally have a good day”.
30 September 2016 – Dr Philip Henning
“As die storm jou wil vat – ‘n medikus se persoonlike ervaring van die genesende krag van Jesus Christus”
23 September 2016 – Jaco van Vuuren

Blinde gehoorsaamheid verander lewens!
Vrydag kom Jaco van Vuuren (een van ons eie) getuig hoe blinde gehoorsaamheid sy lewe, sy gesin en mense met wie hy in aanraking kom verander.
Lesotho Uitreik – 30 Sept tot 8 Okt 2016
‘n Groep van 14 vertrek Vrydag 30 September na Lesotho. Hulle neem o.a. Sesotho Bybels saam en spandeer waardevolle tyd met die kinders. Lees meer oor hierdie uitreik hier of kontak Jaco van Vuuren by 073 017 6662.