10 Februarie 2017 – Lodewyk Spies

Deel die inligting!

Lodewyk Spies of te wel Pastoor Lood, is ‘n geoktrooieerde rekenmeester.  In 2008 het hy in ‘n gemeente begin werk en steeds sy besigheidsbelange uitgebrei.  Sewe jaar later het hy egter besluit om hom voltyds toe te spits op sy bediening en dit waarvoor God hom geroep het.  Hy is steeds in die sakewêreld betrokke, maar bestee sy tyd hoofsaaklik aan die bediening wat God aan hom toevertrou het.

Lodewyk is die skrywer van verskeie boeke waaronder “Bid so vir n wonderwerk” seker die bekendste is. Hy het verskeie radio programme wat hy aanbied op verskeie stasies en is ook ‘n befaamde TV prediker. Sommige sal hom dalk onthou as een van KYKNET se oordenking predikers.  Nader aan huis kan ons luister na sy preke op Radio Kansel en Tygerberg en ook Maandae 10 oor 4 op Radio Kansel in die program Huiswaarts wanneer hy gesels romdom finansies.  Lodewyk is baie betrokke in besigheid en het belange in verskeie ondernemings.

Lodewyk is ‘n gesinsman en sy passie is om gemeenskappe in plek te sit, vis te vang en motorfiets te ry. Dit is wanneer hy nie besig is om n boek te skryf nie

Laai Lodewyk se getuienis hier af!