“My naam is Gerhard. My storie is van hoe ‘n mens in jou sterk punte, in jou professie en natuurlike vaardighede, die Here met oorgawe kan dien. Ek het groot geword in ‘n wonderlike Christin huis, my Pa het my na die Here gely toe ek 11 jaar oud was. Ek studeer teologie met die oog op om ‘n sendeling en dominee te word. Op ouderdom 20 stap ek egter weg van die Here en van daardie lewenspad. Die volgende 23 jaar is ‘n storie van hoe die Here my terug na Hom roep, en my doel in die lewe hervestig. Die storie draai in Namibië, Engeland, Indië, en natuurlik Kaapstad. Ek glo my storie is ‘n alleman storie, van hoe die Here met ons praat en vryheid, betekenis en vreugde in ons lewens bring.”
Gerhard is Direkteur by eMi Suid Afrika. Hulle slagspreek is “Designing a world of hope”. Meer inligting oor eMI is beskikbaar op hulle webwerf http://www.emiworld.org/.
8 September 2017 – Niel Steyn
Hierdie Vrydag kom deel Niel Steyn sy getuienis met ons. Niel gesels oor dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).
“Ek het elke nou en dan nodig om weer te bekeer – ja om weer terug te draai na die basiese waardes van ‘n volgeling van Jesus. Ek het al vroeg in my lewe besluit om die Here te volg en voltyds in die bediening te gaan. Ek onthou egter een van hierdie ‘bekerings’ in 2010 toe ek vir Jaco Strydom ontmoet het tydens ‘n Jeugweek in Stellenbosch. Hy het my uitgedaag om die Bybel op ‘n nuwe manier te lees – om raak te sien dat die evangelie ons uitdaag om om te gee vir die rondom ons. Van toe ek het my oe weer oopgegaan vir die nood rondom my. Ek het besef dat ons as gelowiges ‘n verantwoordelikheid het teenoor ons medemense.
Deur Jaco het ek ook betrokke geraak by Echo Jeugontwikkeling waar ons saam met jongmense in nood woon. Een van die mottos wat ons hier volg is Don’t tell them Jesus loves them until you are prepared to love them too. Elke dag moet ek myself weer hieraan herinner: dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).”
25 Augustus 2017 – Pickard & Eckard Henn
14 Julie 2017 – Johnny Louw
Hierdie Vrydag kom gesels Johnny Louw met ons. Johnny is ‘n ou bekende by Mighty Men en het al voorheen by TGIF getuig.
21 April 2017 – George Lehman
Vrydag oggend kom gesels George Lehman met ons. George is ‘n pastoor by Christian Motorcyclists Association South Africa (CMASA) in Brackenfell. Lees meer oor CMASA hier.
31 Maart 2017 – Lebo Molisalife
Vrydag oggend kom gesels Lebo Molisalife met ons. “I am going to share my journey to missions as well as the role my father played”. Lebo is van INcontext en gaan ook met ons deel haar interpretasie van die rol van ‘n Moslem man.
10 Maart 2017 – Jan de Bruin
Jan is die ‘groot baas’ van Highway Ministries. Jan het ‘n passie vir die Here en leef sy roeping uit in terme van Highway Ministries organisasie. Hy wil dieselfde in die Kaap begin. Kom daarop neer dat elke sterfte op ons paaie ‘n direkte impak op geliefdes het en dat ALLES gedoen moet word om dit te voorkom.
3 Maart 2017 – Francis en Mildred Lira
Francis en Mildred are from Brasilië. Francis entered his full-time call to ministry in 1987 and was joined by his wife Mildred when they were married in 1993. They have been teaching, preaching, prophesying, ministering in churches for the receiving of the gifts of the Spirit, and seeing individuals activated in their ministries, firmly established in the Kingdom of God.
They have participated in training schools, seminars and conferences both in the Church and among business professionals, promoting spiritual awakening and revival.
10 Februarie 2017 – Lodewyk Spies
Lodewyk Spies of te wel Pastoor Lood, is ‘n geoktrooieerde rekenmeester. In 2008 het hy in ‘n gemeente begin werk en steeds sy besigheidsbelange uitgebrei. Sewe jaar later het hy egter besluit om hom voltyds toe te spits op sy bediening en dit waarvoor God hom geroep het. Hy is steeds in die sakewêreld betrokke, maar bestee sy tyd hoofsaaklik aan die bediening wat God aan hom toevertrou het.
Lodewyk is die skrywer van verskeie boeke waaronder “Bid so vir n wonderwerk” seker die bekendste is. Hy het verskeie radio programme wat hy aanbied op verskeie stasies en is ook ‘n befaamde TV prediker. Sommige sal hom dalk onthou as een van KYKNET se oordenking predikers. Nader aan huis kan ons luister na sy preke op Radio Kansel en Tygerberg en ook Maandae 10 oor 4 op Radio Kansel in die program Huiswaarts wanneer hy gesels romdom finansies. Lodewyk is baie betrokke in besigheid en het belange in verskeie ondernemings.
Lodewyk is ‘n gesinsman en sy passie is om gemeenskappe in plek te sit, vis te vang en motorfiets te ry. Dit is wanneer hy nie besig is om n boek te skryf nie
27 Januarie 2017 – Pieter du Toit
Kom luister Vrydag na Pieter duToit oor of Die Bybel waar is.
Hoe weet ‘n mens dat wat in die Bybel staan regtig waar is? Hiermee wil skeptici eintlik twee dinge sê: Eerstens, dat baie van wat in die Bybels geskryf staan, nie is wat oorspronklik geskryf is nie, en tweedens, dat selfs al is dit wat oorspronklik geskryf is, het dit nie werklik so gebeur nie. Die implikasie is duidelik. As mense die bron van ons geloof kan aanval en as vals en onbetroubaar kan bewys, dan hoef niemand te glo wat Christene of die Bybel sê nie.
