Geseënde Christus Fees

Die Here sal by julle almal wees!

Kersfees

“U Seun het gekom vir almal wat só deur die lewe oorweldig word.  Ja, juis omdat die lewe ons almal so oorrompel, en so weerloos laat, is Hy in ‘n stal gebore en het Hy aan die kruis gesterf.”

“Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!”

Ons sien mekaar weer die 20ste Januarie!

15 Oktober 2021 – Kairos Netwerk Bekendstelling

NG Kerk by ‘n Kruispad

Die NG Kerk by ‘n Kruispad

Dit het dikwels in die kerkgeskiedenis gebeur dat die kerk van die Skrif wegdwaal.  Dolerende (of treurende) gemeentes en lidmate beywer hulle daarvoor om die kerk tot bekering op te roep om opnuut te leef in gehoorsaamheid aan sy Woord!

Om te doleer beteken nie om af te skei of te skeur van die kerk nie. Dolering wil juis nie wegbreek nie, maar wil die kerk help om terug te keer na die Woord alleen.

‘n Noodroep: Laat ons ons bekeer om in biddende afhanklikheid van die Here opnuut te leef in gehoorsaamheid alleen aan sy Woord!

Emiritus ds Gerhard Mahne, tans ‘n lidmaat by Parow Panorama gemeente.

en

Kirstein Combrink woon in Table View en bestuur Casa Mia Gastehuis.
Lidmaat by Tafelberg Gemeente (Dolerend) in die middestad.

Kirstein jnr voorheen van MAF Tanzania is bekend aan TGIF

28 & 29 Mei 2021 – TGIF Mannekonferensie – Hoop

Niemand gaan onveranderd huis toe nie!

Ons wil jou graag vriendelik uitnooi om hierdie wonderlike geleentheid by te woon.   Die konferensie gaan oor Hoop en word aangebied deur Jacques Malan van Father’s Voice en hulle span.

Kyk na ‘n voorskou hier waar Jacques ons meer vertel van die Naweek.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville
Tyd: Vrydagaand 28 Mei 2021 vanaf 18h00 – 21h00
Saterdag 29 Mei 2021 vanaf 09h00 – 16h00.

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en etes in.

Bring ‘n maat saam!

Kom investeer in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:

N G Kerk Durbanville Bergsig
Absa
Tjek rek no: 1410 590 154
Verwys: KONF—Jou van

Ons sien uit met ‘n massiewe verwagting wat God hierdie naweek in elke Boeta se lewe gaan doen, dat jou dinamika sal uitkom en dat niemand onveranderd huis toe sal gaan nie.

Vir meer besonderhede and besprekings, kontak asseblief vir Leon by 084 610 1739.

Blessings!!!

TGIF gaan voort op WhatsApp

As gevolg van die algehele kwarentyn wat die regering aangekondig het, sal daar geen fisiese TGIF byeenkoms by Bergsig op Vrydag oggende gehou word tot verdere kennisgewing nie.  Hou asseblief hierdie webblad dop vir inligting wanneer dit hervat gaan word.

Julle is egter welkom om aan te sluit by ons TGIF WhatsApp groep waar ons elke Vrydag oggend nog steeds ‘n boodskap van ons TGIF sprekers.   Hierdie boodskappe sal ook op ons Grendelstaat bladsy verskyn. Kontak asseblief vir Leon of stuur ‘n epos om op ‘n lid van die groep te word.

Grendelstaat Bladsy: https://tgifcape.co.za/grendelstaat/

Ons wens is dat ons nooit weer as van selfsprekend sal aanvaar:
– om blad te skud met ‘n vreemdeling;
– koffie saam met vriende;
– om geselsies aan te knoop met ons bure;
– om Vrydagaand saam met jou geliefdes uit te gaan;
– om nagmaal te gebruik;
– lofprysing saam met ander gelowiges;
– elke asemteug in hierdie pragtige land van ons;

Ons wens dat elkeen van ons meer sal wees soos wat God ons wil hê!