
TGIF Mannekonferensie – 7 tot 8 Feb

TGIF Durbanville
Inligting omtrent TGIF

TGIF word 10!!
Ons begin weer Vrydag oggend 13 Januarie. Ons wens u ‘n baie geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2017.
‘n Groep van 14 vertrek Vrydag 30 September na Lesotho. Hulle neem o.a. Sesotho Bybels saam en spandeer waardevolle tyd met die kinders. Lees meer oor hierdie uitreik hier of kontak Jaco van Vuuren by 073 017 6662.
TGIF Mannekamp – 16 tot 18 September 2016
Ons TGIF kamp vind weer by Boegoeberg plaas (naby Clanwilliam). Meer inligting is hier beskikbaar.
Klankopnames van 2de Kwartaal Sprekers
Die klankopnames van ons 2de Kwartaal sprekers is nou beskikbaar op ons website!
| 22 Julie 2016 | Danie du Plessis |
| 15 Julie 2016 | Henry en Justine Pike |
| 8 Julie 2016 | Jacques Malan |
| 1 Julie 2016 | Timothy Kieswetter |
| 10 Junie 2016 | Spontane Getuienis |
| 3 Junie 2016 | Wanderlei and Nelita Fonseca |
| 27 Mei 2016 | Blackie Swart |
| 20 Mei 2016 | Henry Jackson |
| 13 Mei 2016 | Danny Fourie |
| 6 Mei 2016 | Klasie van Heerden |
Gaan lees ‘n bietjie meer hier oor Frontida in Thailand. Hulle jongste nuusbrief is ook nou beskikbaar (hier) en lees ook van Oswald se planne om ‘n bietjie daar agter te bly.
TGIF Mannekamp
Ons TGIF kamp vind die jaar weer by Boegoeberg plaas oor die naweek van 11,12 en 13 September.
Beau de Klerk is die spreker. Hy het verlede kwartaal by ons getuig oor sy vrou, skoonma en dogter wat in ’n ongeluk was.
Vir die van julle wat nog nie daar was nie hier is ’n paar
foto’s van die kampterein, vuurmaakplek en uitsig. FUNtastiese 4X4 roetes vir die brawes onder julle. Gaan kyk gerus na nog foto’s van Boegoeberg asook waar dit is op hulle website: http://www.boegoeberg4x4.co.za/
Die kostes is R520 per persoon en moet by die kerk kantoor inbetaal word. Dit sluit in 2 ontbyte (Saterdag en Sondag) en die spitbraai Saterdag aand. Bring jou eie kamptoerusting en enige ander eet en drink goed na goed dinke. Kamp plekke is onbespreek vir die naweek en jy kies self wanneer jy arriveer.
Meer inligting is hier beskikbaar.