4 Oktober 2024 – Stefaans Coetzee

Mag die son stilstaan as jy bid!

Na 18 jaar 6 maande in die tronk het ek die waarde besef van Jer.29:11 se “Ek weet wat ek van jou beplan”. As die lewe druk en wonder of God jou stem hoor, is my getuienis net vir jou bedoel. Ek het geleer hoe om in die moeilikste omstandighede God denkbaar te loof – jy kan ook as jou oë op Hom gerig is.

Mag die son stilstaan as jy bid!

27 September 2024 – Louis Neuhoff

‘n Ongelooflike teenwoordige God

My storie gaan oor 3 goed:

  • Self-vergifnis, wat vir ons as mans moeilik is. En ons almal gaan op n stadium deur moeilike tye. Maar wat dit verg is hoe om  moed te hou, op te staan en aan te gaan (“resilience”). En hoe ongelooflik God is.
  • Self-aanvaarding (“self-worth”), waar alles begin.
  • En die laaste deel oor geslagsgeweld, in intieme verhoudings, maar waar mans die slagoffers is. Daar is n wan-persepsie, dat slegs mans die oortreders is, maar die voorkomsyfer is gelyk. Maw baie mans besef nie wat hulle aan bloot gestel word en beleef nie.

Binne dit alles en in ons ervarings-wereld bly daar ‘n ongelooflike teenwoordige God.

TGIF 270924 Revised          IPV Karl Bremer 070624

20 September 2024 – Ruperd Vorster

“God verander my gemors in Sy meesterstuk.”

God was deur my hele lewe saam met my, selfs toe ek Hom nie aktief gesoek het nie. Sy hand het my gelei, van die oomblik dat ek gekies is as een van 17 gholfspelers in die eerste gholfakademie in Suid-Afrika—ten spyte daarvan dat die inskrywings reeds gefinaliseer was—tot my verhuising waar ek in ‘n kamer gewoon het met dieselfde straatnaam en huisnommer as dié waarin ek grootgeword het. Hy het my verbind met mentors en rolmodelle, my geseën met ‘n verstand wat my gelei het om die Hoof van Kenmerk-analise by Old Mutual te word, sonder formele grade of sertifikate. Ten spyte van my persoonlike mislukkings—twee egskeidings, ‘n kind wat ek nie sien nie, en ‘n onsuksesvolle gholfloopbaan—het God my gemors geneem en dit omskep in ‘n meesterstuk, ‘n weerspieëling van Sy heerlikheid. Deur dit alles was Sy soewereine mag die anker van my lewe.

13 September 2024 – Gesamentlike byeenkoms by Bergsig

Toorn en Troon!

Hierdie Vrydag oggend is dit ‘n gesamentlike TGIF byeenkoms by Bergsig.  Dit is ‘n besprekings geleentheid wat gelei gaan word deur Jacques Munnik, Jacques Malan en Deon van der Merwe.

Die onderwerp is TOORN EN TROON.
Om te praat van God se toorn en God se troon beteken nie ons verwys na twee onderwerpe wat verwyderd is van mekaar nie.  Inteendeel, dit is twee gedagtes wat totaal oorvleuelend is; wat sterk verduidelik wie God is.
Maar hóé kom ons by so ‘n gevolgtrekking uit?
Kom praat saam….