Eerskomende Vrydag is Gawie Malan aan die beurt. Gaan loer gerus waaroor sy ministry gaan. Dit beloof om ’n besondere oggend te wees. http://www.jacobswell.co.za/
Jacob’s Well, an interdenominational ministry in South Africa, was initiated in 2003 (after the famous SACLA conference) to support people who find themselves “between jobs” or unemployed. We often hear of people who cannot find a job, or have been retrenched, or have lost their jobs. So little is done for those people. We as congregations and churches can no longer look the other way. Obviously this is a very intricate problem to try and resolve, as jobs do not grow on trees. Yet, there is hope when sympathetic hands start to get organized. A group of people got inspired and came up with a plan to establish such a network:
Jacob’s Well!
4 Sep 2015 – Akel Abou Nasr van Damascus
Eerskomende Vrydag is Akel Abou Nasr van Damascus aan die beurt.
In sy eie woorde, “I am going to share about my old life and the family, our country. the war in Syria and how God led me out of there. Also my time here in SA and the way God got me to be involved in ministry. the situation of the refugees and the visions God put on my heart.”
28 Aug 2015 – Warren Elliott
Op Vrydag, 28 Augustus 2015, is Warren Elliott aan die beurt. Hy het onder armoedige omstandighede, in ‘n sinkhuis, by twee ooms van hom in Goodwood grootgeword. Op die ouderdom van 10 het hy begin rook en drink wat ook ‘n kenmerk van sy latere lewe was. In matriek (1994) het hy kitaar begin speel, in kroee en restaurante opgetree en daarna ‘n professionele sangloopbaan gevolg. Ongeveer ‘n jaar gelede het hy ‘n Gospel-album opgeneem en wag nou vir die geskikte tyd om dit vry te stel. Radio Tygerberg saai gereeld van sy Gospel-liedjies uit.
In 2010 het ‘n prostituut in die verbygaan in Voortrekkerweg, Parow, haar ondervoede babaseuntjie in Warren se vrou se arms geplaas. ‘n Ruk later is sy vrou met kanker gediagnoseer en was hulle ook genoodsaak om hulle besigheid te verkoop. Hulle finansies het alhoemeer versleg. In April 2011 het hulle tot bekering gekom, met ‘n kinderbediening begin en die babatjies van prostitute aan huis begin neem.
God voorsien op wonderbaarlike maniere in hulle behoeftes!
21 Aug 2015 – Kobus Beukes & Oop Getuienis
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Kobus van Mosambiek aan die beurt. Ons gaan ook geleentheid gee vir spontane getuienis. So indien jy al voel daar word met jou “gesels” om iets met die groep te deel is hierdie jou geleentheid. Ons sien geweldig uit hierna.