22 Jan 2016 – van Heerden Herman

Eerskomende Vrydag luister ons na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is.

 

Van Heerden het voor 2000 gestudeer, diensplig gedoen en in die Menslike Hulpbronne veld werksaam gewees. Einde van die 90’s het daar ‘n aantal drastiese dinge in sy lewe gebeur. Sedert 2000 is hy permanent in voltydse bediening tot vandag toe, hoofsaaklik onder plaaswerkers in die Wes-Kaap, sendingbetrokkenheid in buurlande, gebedsmobilisering en die mentor en leiding gee van jong gelowiges.

 

Kom luister na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is. 

Baie dankie vir julle gebede laas Vrydag vir die droogte.  Ons wil julle graag nooi om aksie by ons gebede van verlede Vrydag te sit en julle nooi om water te bring, gebottel en kraanwater.  Ons vra dat julle dit Vrydagoggend bring of julle kan dit ook deur die week by kerk aflaai.

13 Nov 2015 – Marius Heyns

Eerskomende Vrydag is Marius Heyns aan die beurt. 

 

My getuienis is die verhaal van ‘n God wat nie opgee op jou of jou in die steek laat nie.

My verhaal begin waar God ingryp en my lewe bonatuurlik spaar na ‘n ernstige fiets-ongeluk. Nadat ek die besluit geneem het om Jesus te volg, begin my lewe die patroon van ‘n hedendaagse Jona aanneem:

Ek hardloop weg van Sy roeping vir my… Toe ek wel die geleentheid aangryp om Sy roeping te volg, misluk ek in my poging (vanuit my perspektief). God moes kom ingryp in my – en dis waarmee Hy tans besig is met my…

 

 

23 Okt 2015 – Surita Cowley

Eerskomende Vrydag is Surita Cowley aan die beurt.  So klink haar storie:

 

Ek was getroud om uit te vind my man is gay, ‘n alkoholis en ook pedofiel.  Is geskei en het ‘n baba van 6 maand oud gehad.   Was 5 jaar later weer getroud en in ‘n erg abusive huwelik vir 12 jaar.  Is toe weer geskei.  Deur dit alles was GOD aan my sy gewees. 

Toe in 2012 word my kind vermoor – Gumtree moord hier by Century City.  Ek het ook reeds sy moordenaar besoek in die tronk.

 

 

 

 

16 Okt 2015 – “Miriam”

Eerskomende Vrydag is daar Miriam (skuilnaam) aan die beurt.  So klink haar storie:

 

Miriam is ‘n Suid-Afrikaanse dame wat in verskeie Arabiese lande gewerk het.  In 2013 is sy vir 2 maande in ‘n Moslemland aangehou op valse aanklagte dat sy Christelike literatuur versprei en gedruk het. Dié jaar is sy o.a. deel van ‘n fasiliteringspan van ‘n jaar van gebed vir die betrokke land.  Sy vertel haar storie om mense bewus te maak van hoe almagtig God is en hoe Hy ons gebede gebruik. Weens die sensitiwiteit van haar werk sal die getuienis nie beskikbaar wees op die website nie.

 

Volgende week is Surita Cowley by ons.

    

 

 

 

2 Okt 2015 – Pierre Venter

Eerskomende Vrydag is daar Pierre Venter aan die beurt.  So klink sy getuienis:

Wat ‘n wonderlike gedagte is dit dat ons God van Liefde ‘n padkaart vir my en jou lewe gemaak het. Ek sal nooit weet hoe jou padkaart lyk nie, net soos jy nie weet hoe lyk myne nie. Al wat ek weet, is dat ek my padkaart tot nou toe, vir mense kan vertel en vir hulle wys hoe God in my lewe ingegryp het in baie moeilike, donker tye. Ek was ‘n suksesvolle  besigheidsman, finansieële beplanner, goeie man vir my vrou en goeie pa vir my kinders. Die skatte wat ek op aarde bymekaar gemaak het, het my tot in die diepste donker gat laat beland, selfmoord. My getuienis gaan oor hoe bo-menslike wonderwerke met my gebeur het, hetsy finansieel, in my huwelik, in my besigheid en met my kinders. God het my gered uit daardie donker gat, 1 April 2009 toe ek wou selfmoord pleeg en my voorberei om met die wêreld te deel dat ek is een van Sy kinders waarvoor Hy baie lief is. Ek hoef nooit weer te werk nie, my hande is los, my tyd is los en dan vra ek hoekom? Die antwoord staan in Matt 28:19: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” – Prys die Here!       

 

 

 

18 Sep 2015 – Gawie Malan

Eerskomende Vrydag is Gawie Malan aan die beurt.  Gaan loer gerus waaroor sy ministry gaan. Dit beloof om ’n besondere oggend te wees.  http://www.jacobswell.co.za/

Jacob’s Well, an interdenominational ministry in South Africa, was initiated in 2003 (after the famous SACLA conference) to support people who find themselves “between jobs” or unemployed.  We often hear of people who cannot find a job, or have been retrenched, or have lost their jobs. So little is done for those people. We as congregations and churches can no longer look the other way. Obviously this is a very intricate problem to try and resolve, as jobs do not grow on trees. Yet, there is hope when sympathetic hands start to get organized. A group of people got inspired and came up with a plan to establish such a network:

Jacob’s Well!

 

 

 

4 Sep 2015 – Akel Abou Nasr van Damascus

Eerskomende Vrydag is Akel Abou Nasr van Damascus aan die beurt. 

 

In sy eie woorde, “I am going to share about my old life and the family, our country. the war in Syria  and how God led me out of there. Also my time here in SA and the way God got me to be involved in ministry. the situation of the refugees and the visions God put on my heart.”