Hierdie Vrydag gaan ons weer geleentheid gee vir spontane getuienis. Die Here het nog altyd hierdie geleenthede geseën en was dit altyd inspirerend om te luister na die getuienis van ons eie manne by TGIF. Kom saam en kom luister na wat die Here in gewone gelowiges doen. Ons gaan ook geleentheid gee vir manne om terugvoer te gee oor die Daniel konferensie en wat dit vir hulle beteken het.
Ons betrokkenheid by Frontida
Gaan lees ‘n bietjie meer hier oor Frontida in Thailand. Hulle jongste nuusbrief is ook nou beskikbaar (hier) en lees ook van Oswald se planne om ‘n bietjie daar agter te bly.
3 Junie 2016 – Nelita en Wandelei Fonseca
Wanderlei and Nelita Fonseca are both passionate about Christ, with a divine appointment to make Jesus known. Coming from different continents, they met and married under awesome circumstance. One will find right throughout their everyday life, even in their clothing business (Tru Life Apparel situated in Cobble Walk) “Making Jesus Known” is their logo and their passion.
27 Mei 2016 – Blackie Swart
In my 42 jaar se wandel met God het daar langs die pad gebeurtenisse plaasgevind wat telkemaal my lewe verander het; vandag kan ek terugkyk na daardie padwysers en rigtingborde.
20 Mei 2016 – Henry Jackson
Visie vir strome van lewende water
Eerskomende Vrydag is Henry Jackson aan die beurt. Henry was ‘n boer in Gweru in Zimbabwe wat gebid het vir die mense wat sy plaas af geneem het. Henry het ‘n profetiese bediening waarmee God se hoop bring aan die eensames, mense wat verwerp is deur die gemeenskap of mense wat geen hoop meer het nie. Hy was al voorheen by TGIF en het ook in 2014 ons TGIF kamp behartig.
Henry kom ons opdateer met waarmee hy nou besig is.
13 Mei 2016 – Danny Fourie
“Vergewe my, Here, as ek haar te lief het, te lief het om haar te laat gaan.”
6 Mei 2016 – Klasie van Heerden
Een van ons eie!
Een van ons eie manne Klasie van Heerden is aan die woord. Hy en sy vrou Ida het hulle permanent in Thailand as sendelinge gaan vestig. Klasie het laasjaar in April met ons gedeel en kom gee terugvoer oor wat intussen met hom en Ida gebeur het en hoe die Here hulle in sy hande toevou.
29 Apr 2016 – Hercules Stander
Leef en deel geloofsekerheid…..
Hy het in die GEM sending grootgeword op Nongoma en Dingaanstat, Zululand. Sy pa het op Dingaanstat ‘n kerk, ‘n plaas, ‘n skool, ‘n evangelisteskool en ‘n weeshuis gevestig. Die Standerkinders moes vakansies inval by al die arbeid wat nodig was.
Hy het by Bantoe-onderwys begin werk en later as werkstudiebeampte. Hy was een van die vyf rekenaar programmeerders van die eerste programmeringspan van die Staatsdienskommissie in 1965. Hy trou meer as 50 jaar gelede met Hanli en hul vestig in PTA waar hy al vroeg met sy sending bediening begin deur Sondae kerk by die tronk te hou. Na hul aftrede in Durbanville raak hy deel van die plaasbediening op Welgegund.
Hercules is baie musikaal en het al verskeie liedere geskryf (musiek en liriek) in sy lofprysing tot God. Hy is sewe jaar gelede met miëloma (onbeheersde plasma vermeerdering) gediagnoseer. Ten spyte van skadu oor sy kop en impak van voortdurende chemo, gaan hy nie net voort met plaasdienste, maar skep ‘n volledige aanlyn weergawe van ons belydenisskrifte – met gekoppelde (teks)verwysing, sing bas in die Conspiritus koor en begin ‘n Bergsig omgeegroep vir kankerlyers. Twee weke gelede ontvang hy ‘n pasaangeër.
Hercules is nie net ‘n vriend wat jy graag wil hê, hy is ‘n ware dissipel van Jesus. Hy leef en deel geloofsekerheid.
22 Apr 2016 – Gert Korah
Gert Korah en sy vrou Evelyn is die uitvoerende leierspaar van Jeria Sending. Jeria Sending is ‘n interkerklike geloofsaksie wat hom ten doel stel om geestelike sowel as opheffingswerk onder die plaaswerkers, kinders en jeug van die Swartland en Weskus omgewing te doen.
Gert is gebore en het groot geword op die plaas Klipfontein waar Jeria Sending geleë is. Reeds as jong seun het hy die Here aangeneem en het hy ‘n baie ernstige pad met die Here begin loop. Evelyn het in Uitenhage groot geword.
Hulle gaan praat oor hoe die Here hulle geroep het en voorberei het. Hy gaan ook meer vertel van wat hulle nou doen.
15 Apr 2016 – Gary Kieswetter
Gary is die hoof-pastoor by Die Bron (Die Barnyard) gemeente. Hy het al by 2 of 3 vorige geleenthede by TGIF kom optree het. Moet nie die een misloop nie!!
Website: https://www.grootisutrou.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/Gary.Kieswetter/?fref=ts
EPos: http://eepurl.com/bXnUDP