Sy paadjie het op 14 met drank begin, ‘n groot verskeidenheid van ervarings en probleme het gevolg, en tot op so ‘n punt gevorder dat hy deur ‘n bende genader is. Hy het vier naby dood ervarings in my kort lewe gehad, maar deur genade is Hy gespaar. Hy weet God het hom gered. Hy glo dat hy ‘n roeping het om, deur sport, met die Jeug te werk.
Sy praatjie sal gaan oor kompromieë… en biki meer…
1 Apr 2016 – Gerald Lausche
Beleef saam die wonders van wat die Here doen.
‘n Gesoute Duitse sendeling in Noord Afrika wat onder die Nubiane werk en aan die hoof staan van ‘n sending hospitaal in een van die stede. Beleef saam die wonders van wat die Here doen onder een van die mees onbereikste groepe in die wêreld.
18 Mrt 2016 – Andre en Marina Olivier
“Die Here gebruik gewone mense”
Andre en Marina Olivier is twee passievolle navolgers van Jesus. Hulle het gebeds uitreike na Thailand begin doen in 2012 en Julie 2013 het die roeping gekry om voltyds in Thailand, spesifiek in die Sisaket provinsie, te gaan sending werk doen. Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.
Hulle kom uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope twee jaar beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.
11 Mrt 2016 – Braam Grobbelaar
“Ek is lief vir die Here en wil ek graag in alle nederigheid n verskil maak in mense se lewens”
Braam was eers in die Suid –Afrikaanse Polisie en het ook by die destydse Bantoe Administrasie gewerk. Hy het as 25 jarige jongman ‘n beslissing vir die Here gemaak het en het vir die Here gevra om hom te wys hoe hy voltyds in Sy diens kan wees. Dit was 42 jaar gelede.
Ses jaar later Okt 1978 het hy by Radiokansel begin werk as bemarker. Hy was later streek bestuurder vir die Wes Transvaal, Vrystaat, Noordkaap en die Wesrand gewees hy was 16 jaar indiens van Radiokansel gewees . In Februarie 1994 het hy ‘n virus op die brein gekry en vir drie jaar was hy ongeskik vir werk gewees tot Oktober 1994. In Okt 1997 Okt het hy begin werk as Bemarker by Bybel-Media vir die Noordelik Provinsies te Pretoria. In 2008 is hy die pos aangebied in Moreletapark NG Gemeente as fasiliteerder Daniel Manne Konferensies en het hy 1 Maart 2009 begin.
Hy het in 2007 diploma in Teologie behaal by Tukkies. Na sewe jaar het hulle 210 Daniel konferensies aangebied en het bykans 26000 manne dit bygewoon.
Braam se motto in die lewe is dat Hy lief is vir die Here en wil graag in alle nederigheid ‘n verskil maak in mense se lewens.

4 Mrt 2016 – Dr Schalk Burger
“Waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns.”
8000 km en 8 lande en 8 manne saam om voertuie te skenk vir die Koninkryk! Wes-Afrika word nie sommer met kaalhande aangepak nie, maar waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns!
Hier in Suidelike Afrika het ek soms al skaam gevoel om die naam van Jesus te noem, dit was tot ons in ‘n land gekom het waar jy dit nie mag noem nie.
26 Feb 2016 – Andre en Anna-Marie Thiart
Sendelinge in Mosambiek wat onverpoos die Evangelie bedien:
Quionga. In hierdie afgeleë dorpie in verre noord Mosambiek, werk Andre & Anna-Marie Thiart onverpoos om die plaaslike bevolking op ‘n unieke manier te bedien met die Evangelie.
“Our main focus is friendship ministry. This we do by getting involved in the community in different things. Through our involvement in the community we have established relationships with the local people. These relationships create opportunities to witness.”
Facebook: Makwe Mission – http://www.facebook.com/#!/MakweMission
Webblad: https://www.gcx.org/Makwe_Mission/about-us/
19 Feb 2016 – Dr Lena Kravtsov and Dima
They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’.
Dr Aleksander Kravtsov and his wife Lena are medical doctors in Haifa, Israel. They live a sacrificial lifestyle of constantly serving people.
Aleksander and Lena emigrated, together with thousands of other Slavic Jews from Russia and other countries of Eastern Europe, to Israel. They were Orthodox Russian Jews that ‘discovered’ Jesus as their Messiah after they came to Israel. A Messianic Church in Ukraine became their covering and they started a Messianic Congregation. When we were there they had 75 very dedicated and active members in the congregation. The church is constantly growing and is taught to be actively involved in their community by serving and caring for the needy and through ‘friendship evangelism’ introduce others to Jesus as their Saviour and Messiah.
For this visit only Lena could come to SA. She will share their vision and passion for Israel to come to the revelation-understanding that Jesus is their true Messiah. They have an extremely full program in both their congregation and their medical practice. Alexander’s responsibilities, both as pastor and surgeon, were such that he could not make the time to come to SA now.
They are both great visionaries with real pioneer spirits. Lena is an excellent communicator and is able to give a lot of info about Israel. She will be able to share with understanding how to share the Gospel with Orthodox Jews. They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’. There is an urgent need and opportunity for that in Israel. They have a few other doctors in their congregation and they already started with ‘Mercy Ministry’ where doctors, in their free time, serve the people in need. At present they are renting one floor of a building for their ministry. They want to rent the second floor for their Medical Mission Practice.
Lena is bringing with her a very interesting and informative video that they made about their work and vision and also with important facts and info about the current situation in Israel. Dima, an excellent young interpreter from their parent church in Ukraine, who has been to Israel often and is also very involved with their mission. He came with Lena to South Africa. He speaks fluent English and will be Lena’s interpreter from Russian to English.
Please look at their website:
12 Feb 2016 – Julanie Kok
Met God kan jy enigeiets oorleef:
Hoe oorleef mens as jy op 11 jarige ouderdom dink jy kan nooit hemel toe gaan nie, want jy kan nie jou pa vergewe nie. Hoe sien jy God as jou Vader wanneer al voorbeeld wat jy het jou eie bloedpa is wat jou verneder en verniel. Kom luister asseblief Vrydag oggend vir Julanie Kok wat ons meer gaan vertel van God in haar lewe.
.
5 Feb 2016 – Charl Cilliers
Eerskomende Vrydag is Charl Cilliers aan die woord.
Charl en Annetjie Cilliers bly ongeveer 2000 km bokant Maputo Noord van Mosambiek op die basis van OM (Operasie Mobilisasie). Onder andere reik hulle vandaar uit na die onbereiktes met die goeie nuus van Jesus Christus ons Verlosser. Charl was ‘n boer in SA en het ‘n hart vir ons eie mense en omstandighede waarin hulle hul bevind. Hulle is dus besig om mense te bedien en ondersteun as hulle hier is is.
.
29 Jan 2016 – Pieter du Toit
Eerskomende Vrydag is Pieter du Toit aan die woord.
Pieter was 12 jaar in die mediese industrie waar hy finaal opgeëindig het as besigheidseenheid bestuurder verantwoordelik vir Europa, Midde Ooste en Afrika in Engeland. Tydens hierdie twaalf jaar het Pieter baie weerstand, aanvalle en isolasie ervaar agv sy uitleef van sy Christelike oortuigings en waardes in die markplek. Hy het sy MBA navorsing en studies gefokus op etiese besluitneming gedurende die laaste 5 jaar en onlangs n konsultasie begin wat daarop fokus om besigheids manne op te lei en te ondersteun, om impak in die markplek te hê sonder om hul waardes prys te gee. Pieter gaan sy getuienis in hierdie omstandighede deel asook hoe God hom tydens hierdie tyd voorberei het vir sy roeping vir die werkplek.