Deel die inligting!
Hierdie Vrydag gaan Leon du Toit met ons kom gesels. Leon is ‘n sendeling in die Ukraine en Rusland. Leon het ook vroeër vanjaar in Februarie met ons gesels. Sy getuienis is hier beskikbaar.
Leon gee vir ons die volgende agtergrond:
“Van jongs af het ek die gevoel gehad dat ek eendag sendingwerk sal doen. Baie duidelike roeping in my matriekjaar – drie keer na mekaar: ‘..gaan uit jou land en uit jou Vader se huis na die land wat ek jou sal wys..’ (Gen.12:1)
Baie belang gestel in Japan Sending. Na paar jaar se opleiding sou ons 1974 Japan toe gaan vir voltydse sendinwerk. Kort voor ons vertrekdatum is ons visums na Japan gekanselleer agv ‘n totale visumboikot teen Suid Afrika.
Begin 1975 het ons Stellenbosch toe gegaan waar ek my bekwaam het as NG predikant.
Eers in 1995 het die deur vir Suid Afrika were oopgegaan vir buitelandse sendingwerk. Ek is toe uitgenooi deur Mission Emanuel in Kiev om jongmense op te lei vir geestelike werk in die vorige Sowjet Unie lande.
Augustus 1995 het ek en my vrou en twee jongste kinders Oekraine-toe gegaan. Die eerste drie jare in Kiev was besonder geseend en duisende mense het tot bekering gekom en baie kerke is geplant.
Die afgelope 12jaar baie sterk fokus op Rusland. Wonderlike werk van Heilige Gees wat Christus verheerlik en talle dwelmverslaafdes se lewens totaal getransformeer en kerke word geplant en sterk groei, ook in Siberie. 90% van die jong predikante in Siberie kom vanuit dwelms en tronke!”