William Loedolff van GLO is Vrydag oggend by ons. GLO sing altyd by Mighty Men en beweeg saam met Jacques Malan van Fathers Voice. Baie van ons ken William maar ken nog nie sy getuienis nie. Hy kom getuig en bring ook sy kitaar saam om ons te bederf met ‘n lied of twee.
17 Februarie 2017 – George van Zyl
What a great sinner I was…
What a Great savior we serve…
Die getuienis wat George Vrydag gaan deel,is net n beskruiwing oor hoe diep die Here se liefde vir al sy kinders is.. Hoe die Here hom uit die dieptes van die hel uitgehaal het en hom oorwinnaar laat uitstap het oor dwelm en seks verslawing!
God is Love – Love is King
10 Februarie 2017 – Lodewyk Spies
Lodewyk Spies of te wel Pastoor Lood, is ‘n geoktrooieerde rekenmeester. In 2008 het hy in ‘n gemeente begin werk en steeds sy besigheidsbelange uitgebrei. Sewe jaar later het hy egter besluit om hom voltyds toe te spits op sy bediening en dit waarvoor God hom geroep het. Hy is steeds in die sakewêreld betrokke, maar bestee sy tyd hoofsaaklik aan die bediening wat God aan hom toevertrou het.
Lodewyk is die skrywer van verskeie boeke waaronder “Bid so vir n wonderwerk” seker die bekendste is. Hy het verskeie radio programme wat hy aanbied op verskeie stasies en is ook ‘n befaamde TV prediker. Sommige sal hom dalk onthou as een van KYKNET se oordenking predikers. Nader aan huis kan ons luister na sy preke op Radio Kansel en Tygerberg en ook Maandae 10 oor 4 op Radio Kansel in die program Huiswaarts wanneer hy gesels romdom finansies. Lodewyk is baie betrokke in besigheid en het belange in verskeie ondernemings.
Lodewyk is ‘n gesinsman en sy passie is om gemeenskappe in plek te sit, vis te vang en motorfiets te ry. Dit is wanneer hy nie besig is om n boek te skryf nie
3 Februarie 2017 – Adriaan Strydom
“My naam is Adriaan Strydom. In 2013 het Jesus my lewe wonderbaarlik verander na ek ‘n absolute laagtepunt bereik het. Na my oorgawe het Jesus my al hoe meer geleer van sy liefde en die manifisterende krag van die Heilige Gees gesien beweeg in Malawi.”
27 Januarie 2017 – Pieter du Toit
Kom luister Vrydag na Pieter duToit oor of Die Bybel waar is.
Hoe weet ‘n mens dat wat in die Bybel staan regtig waar is? Hiermee wil skeptici eintlik twee dinge sê: Eerstens, dat baie van wat in die Bybels geskryf staan, nie is wat oorspronklik geskryf is nie, en tweedens, dat selfs al is dit wat oorspronklik geskryf is, het dit nie werklik so gebeur nie. Die implikasie is duidelik. As mense die bron van ons geloof kan aanval en as vals en onbetroubaar kan bewys, dan hoef niemand te glo wat Christene of die Bybel sê nie.
20 Januarie 2017 – Okkie Raubenheimer
Ons spreker vir Vrydag is Okkie Raubenheimer. “My bediening oor 35jr sluit in Kapelaansdiens, studenteleraar (Tukkies) en 12jr predikant in London. Afgelope 3jr coaching met fokus op Executive Teams & Leadership.”
13 Januarie 2017 – Gerjo Ben van der Merwe
“Hoe om 2017 se reuse te jaag!“
Ons begin 2017 met Gerjo Ben van der Merwe, die skrywer van Kruispad, ‘n epos wat drie maal per week ‘n as ‘n Bybeloordenking uit gestuur word. Gerjo Ben gaan met ons gesels oor hoe om die 2017 reuse te jaag. Gaan kyk gerus op Gerjo Ben se website http://kruispad.247.org.za/.
Ons wens elkeen ‘n baie geseënde 2017.
God geseënde Kersfees en Vreugdevolle 2017
Ons begin weer Vrydag oggend 13 Januarie. Ons wens u ‘n baie geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige 2017.
2 Desember 2016 – Piperjames
Piperjames is a retired Non Commissioned Officer of the Queens Guards at Buckingham Palace and St. James Palace in the United Kingdom and Ex Police Constable (Bobby) from the North of England.
“I have been in South Africa now for ten (10) years and married to my wife Ina who is Afrikaans for this amount of time too. I was saved to the Lord Jesus Christ at the Mighty Men in Paarl in 2011. I did a Fifty Six (56) day crusade across South Africa in 2011 and was baptized at Kloof in Durban at the end of that trip which I walked and hitched in my kilt and with my instrument.
I have been a Bagpipe player for forty (40) years. I am now an ordained Pastor, Piping wherever I can and whenever I can, using my talent to draw an inquisitive audience then inform them about who my saviour is and who their save can be too. I am full time head of Public Relations for Uncle Angus Buchan’s’ Mighty Men here in the Western Cape.”
Dames is ook welkom!
Piperjames
War Piper for Jesus Christ and the Mighty Men of South Africa
“And all the people came up after him and the people piped with pipes and rejoiced with great joy so that the earth rent with the sound of them”.
1 Kings 1:40
082 575 8862 / piperjames@live.com / www.piperjames.co.za
25 November 2016 – Matt Hatch
Founder and senior Pastor of Mosaic Church, Matt is an international speaker and church planting coach. He loves to help leaders build churches focussed on discipleship and mission. He is married to Philippa, with three children and works full time for Mosaic.
Hierdie Vrydag is dames ook welkom by ons TGIF!