9 Junie 2017 – Salo Cloete

Salo se storie vat ons op ‘n lekker pad van tipiese jong mens lewe waar drank en keuses verwoesting gesaai het. Salo vertel self: “Ek lê dan lekker klem op hoe ek die skuif saam Jesus kon maak aloewel ek my hele lewe lank gedink het ek ken Hom.  Dan die beste deel. Waar is ek nou?  Hoe het Heilige Gees my geleer om anders te leef en om ‘n Man (soos die Woord beskryf ) in my huis te wees. En hoe my vrou haar rol kon vervul deur ek wat my rol vervul.”

26 Mei 2017 – Leon Kroukamp

Leon Kroukamp, eienaar van Coral Clean, grootste kommersiele wassery in die Wes Kaap, weet wat dit is om amper bankrot te speel. Hy het egter die slim besluit geneem om God in sy besigheid toe te laat en vandag betaal Leon meer as ‘n miljoen rand uit net aan salarisse. Die pad was nie maklik en nie altyd mooi, maar die waarhede wat hy geleer het is van onskatbare waarde vir hom en andere.

God is nie ‘n mens nie. Hy is steeds die een wat alles in n oogwink kan omswaai.