Browsed by
Tag: TGIF

4 Augustus 2017 – Aubrey Terblanche (Gideon Milling)

4 Augustus 2017 – Aubrey Terblanche (Gideon Milling)

“Ek dink om myself te beskryf is om te se dat ek n sondaar is, wat gered is deur baie genade.  My fokus is daarop dat hierdie lewe net n pelgrimstog is en alles gaan oor die koninkryk!! Deur op God se woord te vertrou het ek n vlieënier geword met swak wiskunde punte en dit het tot die volgende stap gelei deur ‘n besigheid te begin wat as n platform moet dien van regverdigheid en integriteit in die landbou…

Read More Read More

28 Julie 2017 – David Malherbe

28 Julie 2017 – David Malherbe

Die Here het vir Abraham, Moses, Paulus en vele ander in die Bybel geroep vir sy dienswerk. Maar wat van vandag? Roep die Here ons ook elkeen vir wat ons moet doen en hoe doen hy dit?  Kom hoor David Malherbe se belewenis van die Here se roeping en wat die Bybel ons daaroor leer. David is ‘n besigheids- en loopbaan konsultant en skrywer. Hy het vir drie jaar ‘n weeklikse rubriek “Jy die Entrepreneur” vir ‘n plaaslike koerant behartig…

Read More Read More

21 Julie 2017 – Johan Pretorius

21 Julie 2017 – Johan Pretorius

Hierdie Vrydag gesels Johan Pretorius.  Johan is van Qatar en die broer van Coenie, een van ons eie TGIF boetas.  Johan gaan sy eie storie vertel.  Johan se “my storie gaan nie oor hoe ek bekeer het nie, maar wat daarna gebeur het.  Ek weet een dink God het ‘n plan.  Wat die plan is weet ek nog nie maar daar is ‘n plan!”

7 Julie 2017 – Conrad Hoffmann

7 Julie 2017 – Conrad Hoffmann

Conrad (oud Stormer skrumskakel) kom vir ons vertel van sy lewe na rugby.  ‘n Nuwe lewe deur genade.  Volgens Conrad sal “dit letterlik net my getuienis wees oor hoe my lewe verander het deur die gees van God”. Laai Conrad se getuienis hier af!

30 Junie 2017 – Jaco Lubbe

30 Junie 2017 – Jaco Lubbe

Jaco se getuienis gaan oor Knysna en God wat in beheer is.  Hy praat oor hoe God vir hulle as gesin gewys het dat Hy in beheer van hulle lewens is, ook toe dinge swaar geraak het. Laai Jaco se getuienis hier af!

23 Junie 2017 – George Gordon

23 Junie 2017 – George Gordon

George is ‘n wedergebore kind van God en was afgelope 9 jaar die Bestuurder van Alta du Toit Nasorg in Boston,  ‘n sentrum vir volwaasenes met intellektuele gestremdheid.    Op 06 April vanjaar het George ‘n beroerte-aanval in sy slaap gehad,  en was as gevolg daarvan aan die regterkant van sy liggaam verlam.  “Die Here was wonderbaarlik goed vir my,  en ek het tot so ‘n mate herstel,  dat ek op 05 Mei (na slegs een maand) uit die hospitaal…

Read More Read More

9 Junie 2017 – Salo Cloete

9 Junie 2017 – Salo Cloete

Salo se storie vat ons op ‘n lekker pad van tipiese jong mens lewe waar drank en keuses verwoesting gesaai het. Salo vertel self: “Ek lê dan lekker klem op hoe ek die skuif saam Jesus kon maak aloewel ek my hele lewe lank gedink het ek ken Hom.  Dan die beste deel. Waar is ek nou?  Hoe het Heilige Gees my geleer om anders te leef en om ‘n Man (soos die Woord beskryf ) in my huis te…

Read More Read More

2 Junie 2017 – Leon du Toit

2 Junie 2017 – Leon du Toit

Hierdie Vrydag gesels Leon du Toit met ons.  Leon is ‘n gereelde besoeker aan TGIF en was in November 2016 by ons.  Sy getuienis kan hier gehoor word. Laai Leon se getuienis hier af!

26 Mei 2017 – Leon Kroukamp

26 Mei 2017 – Leon Kroukamp

Leon Kroukamp, eienaar van Coral Clean, grootste kommersiele wassery in die Wes Kaap, weet wat dit is om amper bankrot te speel. Hy het egter die slim besluit geneem om God in sy besigheid toe te laat en vandag betaal Leon meer as ‘n miljoen rand uit net aan salarisse. Die pad was nie maklik en nie altyd mooi, maar die waarhede wat hy geleer het is van onskatbare waarde vir hom en andere. God is nie ‘n mens nie….

Read More Read More