Deel die inligting!

Martyn Turck, die skrywer van Jan-Hendrik Jacobs se verhaal is Vrydag se spreker.
“Ons status as kinders van die Here moet sigbaar word deur wat ons doen en sê. My lewe saam met Jan-Hendrik, oor wie die boek, My Naam is Jan-Hendrik, gaan, het my geleer dat ek moet toelaat dat die pyn en lyding van alle mense my hart deur my oë en ore binnedring en barmhartigheid stig. Barmhartigheid moet dan my hart verlaat deur my mond, hande en voete en iemand in nood makliker laat asemhaal wanneer ek van hom af wegstap.”