Ons begin weer hierdie Vrydag met TGIF. Nooi asseblief vriende saam en kom luister weer hoe niks vir God ontmoontlik is nie. Van ‘n “celebrity lifestyle” vol van modelle, vinnige motors en vinnige meisies tot ‘n “near death experience” en die vooruitsigte van ‘n permanente rolstoel lewe na die lewe van bekering, ‘God se witbroodjie’ en boodskapper van Jesus.
Kom luister na Quintus Visser se verhaal van Jesus in sy lewe.
30 Okt 2015 – Esme Sonnekus
Eerskomende Vrydag is Esme Sonnekus aan die beurt. So klink haar storie:
n Gewone vrou. n Selfmoord wat haar lewe verander. n God wat saam met haar n genesingspad stap deur “liedjies, gebreekte kleipotte, profetiese woord…..”
23 Okt 2015 – Surita Cowley
Eerskomende Vrydag is Surita Cowley aan die beurt. So klink haar storie:
Ek was getroud om uit te vind my man is gay, ‘n alkoholis en ook pedofiel. Is geskei en het ‘n baba van 6 maand oud gehad. Was 5 jaar later weer getroud en in ‘n erg abusive huwelik vir 12 jaar. Is toe weer geskei. Deur dit alles was GOD aan my sy gewees.
Toe in 2012 word my kind vermoor – Gumtree moord hier by Century City. Ek het ook reeds sy moordenaar besoek in die tronk.
16 Okt 2015 – “Miriam”
Eerskomende Vrydag is daar Miriam (skuilnaam) aan die beurt. So klink haar storie:
Miriam is ‘n Suid-Afrikaanse dame wat in verskeie Arabiese lande gewerk het. In 2013 is sy vir 2 maande in ‘n Moslemland aangehou op valse aanklagte dat sy Christelike literatuur versprei en gedruk het. Dié jaar is sy o.a. deel van ‘n fasiliteringspan van ‘n jaar van gebed vir die betrokke land. Sy vertel haar storie om mense bewus te maak van hoe almagtig God is en hoe Hy ons gebede gebruik. Weens die sensitiwiteit van haar werk sal die getuienis nie beskikbaar wees op die website nie.
Volgende week is Surita Cowley by ons.
2 Okt 2015 – Pierre Venter
Eerskomende Vrydag is daar Pierre Venter aan die beurt. So klink sy getuienis:
Wat ‘n wonderlike gedagte is dit dat ons God van Liefde ‘n padkaart vir my en jou lewe gemaak het. Ek sal nooit weet hoe jou padkaart lyk nie, net soos jy nie weet hoe lyk myne nie. Al wat ek weet, is dat ek my padkaart tot nou toe, vir mense kan vertel en vir hulle wys hoe God in my lewe ingegryp het in baie moeilike, donker tye. Ek was ‘n suksesvolle besigheidsman, finansieële beplanner, goeie man vir my vrou en goeie pa vir my kinders. Die skatte wat ek op aarde bymekaar gemaak het, het my tot in die diepste donker gat laat beland, selfmoord. My getuienis gaan oor hoe bo-menslike wonderwerke met my gebeur het, hetsy finansieel, in my huwelik, in my besigheid en met my kinders. God het my gered uit daardie donker gat, 1 April 2009 toe ek wou selfmoord pleeg en my voorberei om met die wêreld te deel dat ek is een van Sy kinders waarvoor Hy baie lief is. Ek hoef nooit weer te werk nie, my hande is los, my tyd is los en dan vra ek hoekom? Die antwoord staan in Matt 28:19: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels” – Prys die Here!
28 Aug 2015 – Warren Elliott
Op Vrydag, 28 Augustus 2015, is Warren Elliott aan die beurt. Hy het onder armoedige omstandighede, in ‘n sinkhuis, by twee ooms van hom in Goodwood grootgeword. Op die ouderdom van 10 het hy begin rook en drink wat ook ‘n kenmerk van sy latere lewe was. In matriek (1994) het hy kitaar begin speel, in kroee en restaurante opgetree en daarna ‘n professionele sangloopbaan gevolg. Ongeveer ‘n jaar gelede het hy ‘n Gospel-album opgeneem en wag nou vir die geskikte tyd om dit vry te stel. Radio Tygerberg saai gereeld van sy Gospel-liedjies uit.
In 2010 het ‘n prostituut in die verbygaan in Voortrekkerweg, Parow, haar ondervoede babaseuntjie in Warren se vrou se arms geplaas. ‘n Ruk later is sy vrou met kanker gediagnoseer en was hulle ook genoodsaak om hulle besigheid te verkoop. Hulle finansies het alhoemeer versleg. In April 2011 het hulle tot bekering gekom, met ‘n kinderbediening begin en die babatjies van prostitute aan huis begin neem.
God voorsien op wonderbaarlike maniere in hulle behoeftes!
7 Aug 2015 – Beyers Truter
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Beyers Truter aan die beurt.
Volgende week:
Is Gary Bates aan die beurt. Hierdie gaan ’n besondere geleentheid wees. Waarsku jou vriende wat jy nooi om baie vroeg te kom.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
24 Jul 2015 – Henry Jackson
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Henry Jackson aan die beurt.
Henry is alombekend by die manne en het ook verlede jaar die TGIF kamp vir ons behartig. Ons sien baie uit na wat Vader via Henry met ons wil deel.
Volgende week:
Is Erna de Bod aan die beurt.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
17 Jul 2015 – Ashley Cloete
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Ashley Cloete en sy span aan die beurt.
Ashley en sy vrou loop al vir baie jare ’n pad saam met bekeerde moslems. Hy bring een of twee van die bekeerdes saam om hulle uitdagings met ons te deel.
Volgende week:
Is Henry Jackson aan die beurt. Henry is ’n ou bekende aan die groep en het gevra om weer met ons te kom deel. Ons sien uit na wat die Here op sy hart gelê het.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
10 Jul 2015 – Rodney en Maria Lakay
TODAY GOD IS FIRST
Eerskomende Vrydag is Rodney en Maria Lakay aan die beurt.
“Op 25 September 2014 het ons albei altwee ons bene in ‘n ongeluk verloor en nou is ons besig om die boodskap wat die Here ons opgele het om n boodskap van hoop uit te dra.”
Volgende week:
Is Ashley Cloete aan die beurt. Ashley en sy vrou is baie aktief betrokke in die moslem bediening. Hy word vergesel van moslems wat onlangs tot bekering gekom het.
Toekomstige Sprekers
Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.
Gebed en beradingskontak:
Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.
Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697