“Equiped with a song in my heart…. “
Hierdie Vrydag kom gee Juan Venter vir ons sy getuienis. Hy is betrokke by Mighty Men. Juan sê: “Equiped with a song in my heart…. I generally have a good day”.
30 September 2016 – Dr Philip Henning
“As die storm jou wil vat – ‘n medikus se persoonlike ervaring van die genesende krag van Jesus Christus”
23 September 2016 – Jaco van Vuuren

Blinde gehoorsaamheid verander lewens!
Vrydag kom Jaco van Vuuren (een van ons eie) getuig hoe blinde gehoorsaamheid sy lewe, sy gesin en mense met wie hy in aanraking kom verander.
16 September 2016 – Hennie Fritz
“Ek praat en gesels nie meer so baie en aaneen nie!”
Hennie Fritz sê hy praat en gesels nie meer so baie en aaneen nie maar hy het wel ingestem om hierdie Vrydag met ons te kom gesels.
“Ek neem meestal die “pen” op, om die gedagtes wat tussen my “hart” en “verstand” vasgevang sit, uit te kry. In meeste van die gevalle doen ek dit net vir myself en soms mag dit dalk wees dat dit erens vir iemand anders van waarde kan wees.” Dit is vir hom goed so.
9 September 2016 – Pieter van Hansen
Hierdie Vrydag kom lewer Pieter van Hansen sy getuienis. Hy gaan gesels oor die krag van ons Vader in elkeen se lewens en ons verantwoordelikheid as mans en aardse vaders.
2 September 2016 – Johan Els
Johan Els wy sy lewe aan die Here toe al van vroeg af. Kom luister Vrydag oggend na sy persoonlike getuienis en hoe die rol wat God in moeilike tye in sy lewe vervul het.
26 Augustus 2016 – Jackie Beukes
“Jy is sterker as wat jy dink!”
Jackie en Sy vroutjie het twee miskrame in een jaar beleef. Die duiwel wou nie net hulle blydskap steel nie, maar wou ook hulle huwelik, bediening en drome vernietig. Jackie gaan hierdie getuienis en ander lewenslesse met ons deel. Ons as mans het almal uitdagings, teleurstellings en trane wat ons ervaar. Jy moet egter weet dat JY STERKER IS AS WAT JY DINK JY IS EN JY IS STERKER AS WAT JOU HUIDIGE SITUASIE JOU LAAT LYK!
Hier is 4 kort Video Clips se links wat Jackie al gemaak het:
- Van Swakheid tot Sterkte:
https://www.youtube.com/watch?v=jaVX8phsyM8
2. Wie is God?
https://www.youtube.com/watch?v=xiKlsrK2TR8
3. Hoekom Jesus?
https://www.youtube.com/watch?v=XmRqecafRaU
4. Wie is die Heilige Gees?
19 Augustus 2016 – Sheila Klinkenberg
“Die pad wat Hy met my stap!”
Op 8 jarige ouderdom het Sheila vir die Here gesê sy wil graag deel wees van die Geestelike stryd in die Ooste. Sy het nie altyd dit voor oë gehou nie, maar HY het! Sheila sê “Elke persoon het ‘n unieke lewensplan – Hy wag net tot ons uitroep na Hom om dit tot vervulling te bring.”
Sheila kom kom getuig Vrydag oor die pad wat Hy met haar stap!
12 Augustus 2016 – Rian Etienne
“Het ek God se stem gehoor, of was dit my eie onseker eggo’s?”
Toe Rian sy werk by die SAUK verloor het, het dit gepaard gegaan met sóveel onsekerheid: onsekerheid oor hoekom dit gebeur het, onsekerheid oor wat môre inhou. Rian sê “Dis donker ure waardeur jy worstel. Dan verras God jou: Hy laat jou op besondere wyse verstaan dat Hy jou glad nie vergeet het nie.”
Nou is Rian in Kaapstad en daar is ‘n geknaag: het hy God se stem gehoor, of was dit sy eie onseker eggo’s?
5 Augustus 2016 – Oswald Opperman

Oswald het gedurende Julie Thailand besoek as deel van ‘n uitreik om ons sendelinge daar by te staan. Oswald beskryf dit as ‘n lewens veranderende besoek. Tydens die besoek het hulle wonderlike mense ontmoet en gelooflike geestelike ervarings gehad. Oswald skryf: “during our visits to some pastors in remote villages we encounter some extremely beautifull places. But also some amazing spiritual encounters and discussions about their mission field.”
Natuurlik het Oswald ook tyd ingeruim om die beste koffies van Thailand te proe en om te leer by al die baristas.
Die tema vir die besoek was dat “God aan die beweeg” is en Oswald gaan ons vertel hoe hulle dit in Thailand ervaar het.
Kontak Oswald (079 108 9697) vir ‘n klankopname asseblief