30 Junie 2017 – Jaco Lubbe
Jaco se getuienis gaan oor Knysna en God wat in beheer is. Hy praat oor hoe God vir hulle as gesin gewys het dat Hy in beheer van hulle lewens is, ook toe dinge swaar geraak het. Laai Jaco se getuienis hier af!
Persone wat persoonlike getuienis met ons deel
Jaco se getuienis gaan oor Knysna en God wat in beheer is. Hy praat oor hoe God vir hulle as gesin gewys het dat Hy in beheer van hulle lewens is, ook toe dinge swaar geraak het. Laai Jaco se getuienis hier af!
George is ‘n wedergebore kind van God en was afgelope 9 jaar die Bestuurder van Alta du Toit Nasorg in Boston, ‘n sentrum vir volwaasenes met intellektuele gestremdheid. Op 06 April vanjaar het George ‘n beroerte-aanval in sy slaap gehad, en was as gevolg daarvan aan die regterkant van sy liggaam verlam. “Die Here was wonderbaarlik goed vir my, en ek het tot so ‘n mate herstel, dat ek op 05 Mei (na slegs een maand) uit die hospitaal…
Salo se storie vat ons op ‘n lekker pad van tipiese jong mens lewe waar drank en keuses verwoesting gesaai het. Salo vertel self: “Ek lê dan lekker klem op hoe ek die skuif saam Jesus kon maak aloewel ek my hele lewe lank gedink het ek ken Hom. Dan die beste deel. Waar is ek nou? Hoe het Heilige Gees my geleer om anders te leef en om ‘n Man (soos die Woord beskryf ) in my huis te…
Leon Kroukamp, eienaar van Coral Clean, grootste kommersiele wassery in die Wes Kaap, weet wat dit is om amper bankrot te speel. Hy het egter die slim besluit geneem om God in sy besigheid toe te laat en vandag betaal Leon meer as ‘n miljoen rand uit net aan salarisse. Die pad was nie maklik en nie altyd mooi, maar die waarhede wat hy geleer het is van onskatbare waarde vir hom en andere. God is nie ‘n mens nie….
Jaco gesels hierdie Vrydag met ons oor “How to loose a fight”. Jaco het in September laas jaar ook by ons gesels (hier). Laai Jaco se getuienis hier af!
Ons weet God is in beheer. Met al die drama wat tans in die land aan die gang is, is daar besluit om hierdie Vrydag oggend geleentheid te skep vir gebed en getuienis. “Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes, en ’n huis wat teen homself verdeeld is, val”. Lukas 11:17
Vrydag oggend kom gesels Lebo Molisalife met ons. “I am going to share my journey to missions as well as the role my father played”. Lebo is van INcontext en gaan ook met ons deel haar interpretasie van die rol van ‘n Moslem man.
Vrydag oggend kom gesels Mano Marinus wat van Saulus na Paulus gatransformeer is deur die genade van God se Heilige Gees. Laai Mano se getuienis hier af!
Vrydag oggend kom gesels Pierre van der Merwe met ons oor vergifnis. “U is die pottebakker, ek is die klei!” Laai Pierre se getuienis hier af!
Jan is die ‘groot baas’ van Highway Ministries. Jan het ‘n passie vir die Here en leef sy roeping uit in terme van Highway Ministries organisasie. Hy wil dieselfde in die Kaap begin. Kom daarop neer dat elke sterfte op ons paaie ‘n direkte impak op geliefdes het en dat ALLES gedoen moet word om dit te voorkom. Jan werk nou saam met Kenney Africa (hoof van padveiligheid in die Weskaap) om veiligheid op ons paaie te verseker. Hy het…