18 Augustus 2017 – Daniel Janse van Rensburg

“Maar die reuk … die tronk is redelik modern, maar so 10 jaar oud.  Dit is gebou vir 150 gevangenis, maar toe ek daar was, was daar meer as 400.  Net die politieke gevangenis het hulle eie selle.  Die res van ons, “the general  population”, bly en slaap waar jy ‘n plekkie kry.”  Daniel kom vertel van sy wedervaringe in ‘n tronk in Ekwatoriaal Guinee waar hy onskuldig in beland het en hoe sy geloof hom daardeur gedra het en van ‘n gemeenskap se ondersteuning.  “Dit was net genade.  As ek op my eie was, sou ek lankal moed opgegee het.”

 Laai Daniel se getuienis hier af!

11 Augustus 2017 – Louis Blignaut (Gideons)

Wat beteken dit  as die profeet Jesaja in Jes 55:11 sê ?

So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.

Louis Blignaut deel met ons eerskomende Vydagoggend ‘n aantal getuienisse oor hoe waar God se belofte is, en hoe die Here die “Gideons Internasionaal” hiervoor gebruik.

Kom luister hoe die Bybel mense se lewens verander het !

Die Here is baie groter as al ons pogings !! 

Laai Louis se getuienis hier af!

4 Augustus 2017 – Aubrey Terblanche (Gideon Milling)

“Ek dink om myself te beskryf is om te se dat ek n sondaar is, wat gered is deur baie genade.  My fokus is daarop dat hierdie lewe net n pelgrimstog is en alles gaan oor die koninkryk!!

Deur op God se woord te vertrou het ek n vlieënier geword met swak wiskunde punte en dit het tot die volgende stap gelei deur ‘n besigheid te begin wat as n platform moet dien van regverdigheid en integriteit in die landbou en kosbedryf.”

Without faith you cannot please God….

Laai Aubrey se getuienis hier af!

28 Julie 2017 – David Malherbe

David is ‘n besigheids- en loopbaan konsultant en skrywer.

Hy het vir drie jaar ‘n weeklikse rubriek “Jy die Entrepreneur” vir ‘n plaaslike koerant behartig en skryf die afgelope 2½ jaar maandeliks oor “Christenskap in die Werkplek” in die JUIG Tydskrif.

Sy webblad is www.jedidiah.org.za

Laai Dawid se getuienis hier af!

23 Junie 2017 – George Gordon

George is ‘n wedergebore kind van God en was afgelope 9 jaar die Bestuurder van Alta du Toit Nasorg in Boston,  ‘n sentrum vir volwaasenes met intellektuele gestremdheid. 

 

Op 06 April vanjaar het George ‘n beroerte-aanval in sy slaap gehad,  en was as gevolg daarvan aan die regterkant van sy liggaam verlam.  “Die Here was wonderbaarlik goed vir my,  en ek het tot so ‘n mate herstel,  dat ek op 05 Mei (na slegs een maand) uit die hospitaal na my motor kon loop.   Intussen het ek tot so ‘n mate herstel,  dat ek weer my eie handrat-motor kan bestuur.”

 

George kom gesels oor die Here se goedheid en genade maar veral oor God se liefde vir ons.