“My Name Pastor Shaheed Johnson. I was born a Muslim went to go study the Muslim faith for three years. But King Jesus had other plans for my life. Amen”
13 Oktober 2017 – Eric Swanepoel
Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het. Selfs of hy dalk nog omgee. Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe. Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat. Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld.
Die wêreld is tans in chaos. Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen mense is weens die een of ander geweld of oorlog ontwortel en moes vlug vir hul lewe. Aardbewings, vloed, hongersnood. Baie mense vra of die Here ooit nog beheer het. Eric is pas terug vanuit Libanon nadat hulle verskeie vlugtelingskampe, gemeentes en gelowiges besoek het. Daar is net een boodskap…DIE HERE IS AAN DIE BEWEEG, TEN VOLLE IN BEHEER EN ONGETWYFELD BESIG OM TE MIDDE VAN DIE CHAOS WONDERWERKE TE DOEN.
Eric kom deel met ons sy ervaring van wat die Here tans doen in hierdie Moslemlande.
6 Oktober 2017 – Jimi le Roux
Jimi is sedert 2010 voltyds besig met internet bediening na 20 jaar van gemeente-bediening. Sy bediening behels daaglikse oordenkings in Afrikaans (Padlangs) en Engels (By the Way), geestelike kursusse en groeiprogramme en persoonlike bediening per internet en direk. Jimi preek die Woord, gee lering, bied kampe aan en fasiliteer en konsulteer met gemeentes. Hy is ‘n geregistreerde lewensbegeleier (life coach) en bied ook lewensbegeleiding aan.
Lees meer oor Jimi se bediening hier.
29 September 2017 – Jaco Jansen van Vuuren
Februarie 2016 het Andre Thiart by ons kom getuig oor hulle sendingwerk in die Noorde van Mosambiek onder die Makwe mense. Hy en Annemarie is al 12 jaar daar.
Jaco vertel: “Na sy praatjie het ek hom gevra “hoe kom mens daar by julle uit?” Sy antwoord was ‘n eenvoudige “jy ry”. Ek het na die tyd vir hom gesê ons sal nog eendag ‘n draai kom maak daar.
Party van julle onthou seker nog die trekker projek na die Milange sendingstasie in Mosambiek, wat hier by Bergsig begin het en waartoe TGIF maandeliks bygedrae het. Al gewonder wat daarvan geword het? Kom luister hoe dit gebeur het, dat Jaco en Chanel op baie kort kennisgewing, die geleentheid gekry het om Julie Andre-hulle te besoek. Die wedervaringe van publieke vervoer, die pad tot by hulle, die gemeenskap wat hulle bedien, die uitdagings daar, die donkerte wat oor die hele streek hang en ons 3 dae op ‘n houtbootjie op die oop see, met branders wat voor en langs die kante oorslaan.
Wat gebeur het daar bo, nadat ons terug is, is nog baie meer amazing…”
22 September 2017 – Billy Thomas
Billy Thomas is die Senior Visie President by Merrill Lynch in die VSA. Billy bly tans in Pinehurst in die VSA. Hy is geseënd met ’n baie suksesvolle loopbaan. Hy is baie betrokke by leierskapsontwikkeling, en is deel van die Leader Mundial groep in die VSA.
Nadat Billy ’n christen geword het, het hy ervaar dat dit baie moeilik was om diepte in verhoudings te bou met ander christene as gevolg van sy besige werk skedule. Hy is baie beperk met sy tyd. Billy het ’n jaar gelede by ’n beweging aangesluit wat sy lewe verander het. F3 is ’n beweging waar christen mans bymekaarkom om gemeenskap te vorm, verhoudings te bou en saam hulle geloof en ondersteuning bou.
Kom luister gerus sy getuienis oor hoe die Here hulle gelei het om diepte en ondersteuning in sy verhoudings met mede gelowiges en nie gelowiges te bou.
15 September 2017 – Gerhard van der Merwe
“My naam is Gerhard. My storie is van hoe ‘n mens in jou sterk punte, in jou professie en natuurlike vaardighede, die Here met oorgawe kan dien. Ek het groot geword in ‘n wonderlike Christin huis, my Pa het my na die Here gely toe ek 11 jaar oud was. Ek studeer teologie met die oog op om ‘n sendeling en dominee te word. Op ouderdom 20 stap ek egter weg van die Here en van daardie lewenspad. Die volgende 23 jaar is ‘n storie van hoe die Here my terug na Hom roep, en my doel in die lewe hervestig. Die storie draai in Namibië, Engeland, Indië, en natuurlik Kaapstad. Ek glo my storie is ‘n alleman storie, van hoe die Here met ons praat en vryheid, betekenis en vreugde in ons lewens bring.”
Gerhard is Direkteur by eMi Suid Afrika. Hulle slagspreek is “Designing a world of hope”. Meer inligting oor eMI is beskikbaar op hulle webwerf http://www.emiworld.org/.
8 September 2017 – Niel Steyn
Hierdie Vrydag kom deel Niel Steyn sy getuienis met ons. Niel gesels oor dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).
“Ek het elke nou en dan nodig om weer te bekeer – ja om weer terug te draai na die basiese waardes van ‘n volgeling van Jesus. Ek het al vroeg in my lewe besluit om die Here te volg en voltyds in die bediening te gaan. Ek onthou egter een van hierdie ‘bekerings’ in 2010 toe ek vir Jaco Strydom ontmoet het tydens ‘n Jeugweek in Stellenbosch. Hy het my uitgedaag om die Bybel op ‘n nuwe manier te lees – om raak te sien dat die evangelie ons uitdaag om om te gee vir die rondom ons. Van toe ek het my oe weer oopgegaan vir die nood rondom my. Ek het besef dat ons as gelowiges ‘n verantwoordelikheid het teenoor ons medemense.
Deur Jaco het ek ook betrokke geraak by Echo Jeugontwikkeling waar ons saam met jongmense in nood woon. Een van die mottos wat ons hier volg is Don’t tell them Jesus loves them until you are prepared to love them too. Elke dag moet ek myself weer hieraan herinner: dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).”
1 September 2017 – Henry Jackson
Eerskomende Vrydag kom gesels Henry Jackson met ons. Henry is ‘n gereelde besoeker en het ook in 2014 ons TGIF kamp behartig.
25 Augustus 2017 – Pickard & Eckard Henn
18 Augustus 2017 – Daniel Janse van Rensburg
“Maar die reuk … die tronk is redelik modern, maar so 10 jaar oud. Dit is gebou vir 150 gevangenis, maar toe ek daar was, was daar meer as 400. Net die politieke gevangenis het hulle eie selle. Die res van ons, “the general population”, bly en slaap waar jy ‘n plekkie kry.” Daniel kom vertel van sy wedervaringe in ‘n tronk in Ekwatoriaal Guinee waar hy onskuldig in beland het en hoe sy geloof hom daardeur gedra het en van ‘n gemeenskap se ondersteuning. “Dit was net genade. As ek op my eie was, sou ek lankal moed opgegee het.”
