Growing up in Durban on a surfboard, singer and songwriter, Ryan Slater learned to read the tides. He set his biorhythm to the rhythm of the sea and wind to ensure he does not miss the perfect day. Ryan finds it much the same in the Kingdom of God where the Holy Spirit is being compared to the wind, and Jesus said, “I only do what I see the Father doing”. When writing his new single, Perfect Day, he had a strong sense that God simply wanted to romance him. “He wanted me to run away with Him in the good old Song of Solomon fashion”. As he picked up his pen, the words ‘When God’s wind blows, it’s a perfect day’, just dropped into his mind. That set the theme for the entire song, which is an expansion on the romantic sailing away theme.
This worship leader at Journey of Grace Church currently lives in Durbanville at the start of the world’s longest Wine Route. Ryan now also has learned to discern good wine from bad. He found the Blood of Jesus the strongest, most satisfying and most intoxicated of all wines. “The fact that Jesus died my death and lived a perfect life, ticking all the boxes on my behalf, still gets me joyfully staggering around like a drunk!” Because of Jesus, Ryan will forever be living in gratitude and in alignment as to where the Wind is blowing and where the Wine is flowing.
16 Februarie 2018 – Seth Hindley
Ons nooi graag die dames ook uit vir Vrydag oggend!
Die besoek aan Suid Afrika van “Kasr El Dobara Evangelical Church” in Egipte is ongelukkig uitgestel tot ‘n latere datum. Seth het egter op kort kennisgewing ingestem om met ons te kom gesels.
“I am a living miracle of deliverance, of fervent prayer by my parents. And God is using me in the prayer ministry as well. Satan had a hold on me, blinded me, but the Cross and Blood of Jesus delivers, sanctifies and redeems.”
9 Februarie 2018 – Leon Kroucamp
Vrydagoggend se spreker is weer Leon Kroucamp wat laasjaar Mei by ons was.
Leon is die eienaar van Coral Clean, die grootste privaat beheerde wassery in die Weskaap. Hy maak ‘n verskil in sy personeel se lewens en die breër gemeenskap om hom deur die boodskap van hoop, naastediens en liefde tasbaar uit te leef. Kom luister na die volgende episode in hierdie uiters dinamiese besigheidsman se lewe.
Moenie hierdie een mis nie!!!
Luister na Leon se vorige getuienis hier.
2 Februarie 2018 – Corné Fourie
“Ek is bevoorreg om van kleins af al ‘n pad met die Here te stap, maar in 2008 het my lewe ingrypend verander op ‘n “Boot Camp” in die Rocky berge van Colorado, VSA. Die kop kennis van Christenskap het daar hart toe gesak, vandag is ek bevoorreg om saam met ‘n span manne, dié boodskap ook hier in SA uit te dra, want elke man: “has a battle to fight, a beauty to rescue and an adventure to live” (Wild at Heart – John Eldredge). As die Here ‘n man se hart gryp wag daar groot avontuur wat wag en is daar nooit weer omkeer nie, ek deel graag die journey.”
26 Januarie 2018 – Julita Kok
Julita Kok kom gesels oor die uitdagings en oorwinnings van haar 2017 jaar. Van die borg wat onttrek het vir haar 7,5miljoen event tot die 3 weeskinders wat op haar voorstoep afgelaai is vir 4 dae en toe 7maande gebly het.
Kom luister hoe God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet en na Sy voorneme geroep is.
19 Januarie 2018 – Gert Uys
“Ek en my vrou, Rahlene, was bevoorreg om gedurende Desember 2017 ’n besoek aan Klasie en Ida van Heerden in Thailand te bring. Ek gaan met julle kom deel wat ons daar ervaar het: Die teenwoordigheid van God ten spyte van die geestelike donkerte wat daar heers, die inspirasie, die natuurskoon, die wonderlike mense wat ons ontmoet het en die projekte waaraan ons blootgestel is.”
1 Desember 2017 – Gerjo-Ben van der Merwe
Kom sluit ons jaar saam af op ‘n hoogtepunt met Gerjo-Ben van der Merwe. Gerjo-Ben is die skrywer van verskeie boeke en ook die uitgewer van die gereelde epos “Kruispad”. Ons hou ook Nagmaal.
24 November 2017 – Myan Subrayan
Myan se getuienis is iets om nie mis te loop nie. Hy is ‘n korporatiewe spreker, skrywer en werk ook met bekende sport spanne en spelers. Gaan kyk gerus na sy webblad hier.
17 November 2017 – Paulene
Eugenie (Paulene) is in 1999 op Bangkok lughawe in hegtenis geneem. Sy het 4kg heroin by haar gehad en is lewenslank tronk toe gestuur.
Kom luister na haar getuienis en hoe sy ten spyte van swak omstandighede bo alles uitgestyg het. Die Heilige Gees het haar selfs leer musiek skryf en sing tot eer van God in die gevangenis.
10 November 2017 – Andre Olivier
Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand. Hy en sy vrou Marina is twee passievolle navolgers van Jesus. Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom. Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand.