26 Oktober 2018 – Henno Gerber

My getuienis is bloot uit verering aan my Vader.

Ek wil ʼn opsomming van my lewe gee in kort wat my jag ongeluk bietjie inkleur, dan die draai wat ek in die wêreld gaan stap het tot by my her-inkeer tot God.  Maar die punch line, wat Vader gesê het ek moet deel, handel oor hoe HY my lewe en finansies kom herstel het toe ek gehoorsaam was aan Sy opdragte.

Ek glo Vader wil ʼn goue sleutel met julle deel sodat volkome herstel kan plaasvind binne in Sy Liggaam.

Laai Henno se getuienis hier af!

19 Oktober 2018 – Eric Swanepoel

Eric Swanepoel is by INcontext and kom vertel Vrydag oggend vir ons van sy ervaringe die afgelope jaar en getuig van wat die Here tans mee besig is in die vervolgde kerk.

Eric is ‘n ou bekende by ons.  Gaan luister na sy vorige getuienis hier.

Laai Eric se getuienis hier af!

5 Oktober 2018 – Dewald Gouws (Dames welkom)

Kom luister na Dewald Gouws.   Dewald  is deel van “Die Manne wat Glo” sanggroep.  Hierdie groep het ontstaan uit die behoefte van vier gospel-sangers, Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira, om die oorweldigende herlewing van Christene regoor Suid-Afrika deur musiek aan te spreek.

Dewald se hartsbegeerte is om deur sy musiek ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die nodige geestelike oortuiging kan doen.

Dewald bring sy orkes saam.  Ons gaan in die ouditorium wees en dames is ook welkom.

Laai Dewald se getuienis hier af!

14 September 2018 – Jacques Malan

Vrydag is Jacques Malan weer by ons.  Jacques was in 2016 by ons en het ook onlangs ons mannekamp gelei.

Jacques se hart is dat mense meer van Jesus moet weet en Hom waarlik sal ken.   Profetiese woord wat God deur hom gespreek het, het reeds kragtig manifesteer tot God se eer en glorie.

Jacques kom gesels met ons oor die gebeure van laasweek en die krag van die Heilige Gees.

Dit beloof om ‘n baie vervullende oggend te wees.

Laai Jaques se getuienis hier af!

31 Augustus 2018 – Derrick Randall

Derrick Randall het nog altyd die Here geken, maar in sy wildste drome sou hy nooit kon voorsien wat met hom sou gebeur nie!!!

“Ek het na Maleisië gereis vir besigheid, ‘n tas, wat soos myne gelyk het, van die meganiese bagasie rol afgehaal, net om die volgende oomblik ge-arresteer te word, nadat verbode dwelms in die tas gevind is——“.

Kom luister na hierdie “journey” van ‘n man wat meer as 6 jaar van sy lewe op “Death Row” was en hoe die Here hom kom red het!!!

Laai Derick se getuienis hier af!!