4 Augustus 2023 – Rusty Labuschagne

He shows how one can harness one’s inner strength and let go of what one cannot control.

Rusty Labuschagne has experienced trauma and conditions most would find unbearable, having to draw on his inner resources and strengths to endure the unimaginable. He learned that who you are, and the depth of your determination, will get you through life’s darkest moments. He shows how one can harness one’s inner strength and let go of what one cannot control. His faith in God, positive mental attitude, and lessons in forgiveness, gratitude, and humility bring a personal, transformative and authentic message of hope and freedom.

Ons herrinner jou ook net graag aan ons TGIF Mannekamp, 1 tot 3 September by Boegoeberg.

Mannekamp Sept 2023
Mannekamp Sept 2023

28 Julie 2023 – Harm Engelbrecht

Weet jy wie jy is?

Vrydag oggend gesels Harm Engelbrecht by ons,  Harm het in Maart 2021 by ons getuig.  Vrydag gesels hy met ons oor die volgende vrae, na aanlyding van Gen. 1:26 en 2 Kor 5:17-21:

Weet jy wie jy is?
As jy weet, wat gaan jy anders doen?

Ons herrinner jou ook net graag aan ons TGIF Mannekamp, 1 tot 3 September by Boegoeberg.

Mannekamp Sept 2023

21 Julie 2023 – Gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge

Gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge

Vredelust, Stellenberg, Kenridge en ons hou hierdie Vrydag ‘n gesamentlike byeenkoms by TGIF Kenridge.  Ons sien baie uit na ‘n geseënde saamwees!

Adres: 2 Maestricht St, Bellville, Cape Town, 7530
https://goo.gl/maps/kh6dBESU8sr63B226

14 Julie 2023 – Jaco Wolstenholme en Judah Caetano

Hoe die Here ons gelei het om die jeug bediening in Klipheuwel te begin!

Ons wil graag deel oor ons bediening vir die jeug, wat ons onlangs begin het in Klipheuwel. Ons wil gesels oor hoe die Here ons gelei het om die bediening te begin en hoe Hy werk in die jeug van Klipheuwel gemeenskap. Ons wil graag gesels oor die uitdagings, behoeftes en vooruitsigte van hierdie bediening in Klipheuwel, en sal graag ‘n paar gebedsversoeke wil deel. Ons is baie dankbaar vir hierdie geleentheid.

7 Julie 2023 – Annemarié Boshoff

Die kragtigste belegging in haar geestelike lewe deur haar pa!

Annemarié is ‘n voltydse sendeling vir al 44 jaar.  Sy gaan Vrydag deel oor die kragtigste belegging in haar geestelike lewe deur haar pa voordat hy die Here leer ken het! Annemarié is getroud met Eric (wat in Mei by ons getuig het), het twee seuns Donovan en Shaun en ‘n kleinseun Or.