6 Oktober 2023 – Johan van Schalkwyk

Die Here se teenwoordigheid was so tasbaar

Ek is geseënd om die Here te ontmoet toe ek omtrent 8 jaar oud was. Dit was met ‘n herlewing byeenkoms en die Here se teenwoordigheid was so tasbaar dat ek op die selfde tyd Sy Gees ook ontvang het. Ek kon van toe af in talle praat as teken, maar het geen kennis gehad wat dit beteken nie. Soos dinge gaan met geskeide ours wou ek graag by my pa gaan bly het en was die geleentheid gegun deur my oorgangs tyd na hoër skool toe. Dit is ongelukkig waar dinge vir my werklik begin moeilik raak het.

29 September 2023 – Ds Gerhard Mahne & Kirstein Combrink

Die Bybel is God se onfeilbare waarheid aan ons.

Emiritus ds Gerhard Mahne, lidmaat by Parow Panorama gemeente,
en Kirstein Combrink lidmaat by die Vrye Gemeente Tafelberg in die middestad is aan die woord Vrydag

“Ons moenie dat halwe waarhede en die skare vir ons die waarheid bepaal nie. Die Bybel is God se onfeilbare waarheid aan ons.
… God se BEPALINGS aan ons.”

(Gerhard sal aan die woord wees en Kirstein sal vrae beantwoord, indien enige, oor die Vrye Gemeente Tafelberg se opskorting van die NG kerkverband)

22 September 2023 – Michele Potgieter Novidien

Sending in Oekraïne

Ek en Ockert, my man het 27 jaar gelede na Oekraïne vertrek om sending werk te gaan doen. Ons het verskeie bedienings begin en die gemeente Lig Vir Die Wêreld geplant. Ockert was ‘n regsgeleerde wat alles opgegee het om te gaan. Hy is in 2021 aan Covid oorlede en ek gaan steeds aan met die bediening.

15 September 2023 – TGIF Gesamentlike Byeenkoms by Bergsig

Christene en moeilike morele keuses

Vrydag oggend is ‘n gesamentlike byeenkoms by Bergsig van al die TGIF groepe.  Dit gaan ‘n rusbank gesprek wees waar die volgende vrae bespreek gaan word:

    1. Christene en moeilike morele keuses
    2. Oordeel van God (hoe en wanneer)

Die vier manne op die rusbank gaan wees Jacques Malan, Deon van der Merwe, Johan Delport en Blackie Swart.

Laat weet asseblief vir Leon of julle daar gaan wees sodat hulle die spyseniering kan beplan.

8 September 2023 – Stephanie Henderson

Om Sy hande en voete te wees vir mense wat Sy liefde so nodig het.

Dis ‘n heerlike voorreg om met julle my en Ma’s vir Wellington se getuienis en storie te kom deel. Ek is opgewonde om vir julle te vertel hoe my reis saam ons Hemelse Vader my die afelope 17 jaar gevorm het, wat ek geleer het en bo alles hoe dit my gehelp het om my Hemelse Vader beter te leer ken en so Sy hande en voete te wees vir mense wat Sy liefde so nodig het.

Gaan lees gerus meer oor ons 5 programme en projekte op ons webwerf of vir meer inligting van ons dag tot dag aktiwiteite of Facebook:
www.masvirwellington.co.za
www.facebook.com/masvirwellington

18 Augustus 2023 – Johan Delport

Dit is n verhaal van val en opstaan – seerkry- foute maak -vergifnis en herstel.

Jesus kan n reguit hou slaan met n skewe stok.
Vrydagoggend vertel ek graag die storie van hoe Jesus ‘n jong seun wat verlore was en wie se lewe opgemors is kom red het.

Dit is n verhaal van val en opstaan, n verhaal van seerkry, foute maak, vergifnis en herstel.

Kom hoor wat Jesus gedoen het in iemand se lewe wat op pad was om geheel en al sy lewe op te mors.

Ons herrinner jou ook net graag aan ons TGIF Mannekamp, 1 tot 3 September by Boegoeberg.

Mannekamp Sept 2023

11 Augustus 2023 – Pieter Lourens

Is dit moontlik dat ons God se stem kan hoor, en is dit Sy wil.

Ek was by julle op vorige geleentheid, toe ek getuig het van God se grootheid toe Hy (nou -7 jaar gelede) my vrou uit ‘n koma/en dood terug gebring het.
In die afgelope maande/weke het die Here my geroep om uit my werk te bedank en voltyds in Woord en Musiek bediening te gaan. (Ek was so 23 jaar terug voltyds in die bediening).
(Dit het nogal beroeringe gebring onder die wat my ken – positief en negatief)
Die mandaat wat ek van Hom ontvang het is om Hom die lewende God aan mense bekend te stel. Ook dat HY, God die Vader, dit bewerk het deur die kruisiging van sy Seun (en toe die voorhangsel geskeer het) dat ons nou direk na Hom kan kom en met Hom in verhouding kan wees.
Dankie vir die uitnodiging – ek sien uit om saam met julle te kuier en Hom te verheerlik.

Ons herrinner jou ook net graag aan ons TGIF Mannekamp, 1 tot 3 September by Boegoeberg.

Mannekamp Sept 2023
Mannekamp Sept 2023