Your son needs a relationship with you
Danie se getuienis gaan om ‘n bewuswording by ons te kweek van hoe belangrik ons verhouding met ons seuns is. Dogters ook, maar Danie deel uit sy lewe waar daar nie dogters was nie.
Hy beplan om te getuig oor sy vertroebelde verhouding met sy aardse pa en hoe mans figure die beeld van God as sy hemelse Vader verbuig het. Die skade wat dit hom berokken het, het ook gemaak dat hy nie ‘n persoonlike verhouding met Jesus kon hê vir baie jare nie. Hy kon nie die Heilige Gees hoor en ervaar nie. Danie het in 1979 na Kaapstad verhuis, ‘n gay leefstyl geleef tot en met 1994 toe hy in sy tuin God op ‘n bonatuurlike wyse ontmoet het. God het ‘n besonderse pad met hom gestap. Hy het hom tot sending geroep en Danie het gehoorsaam en in 1999 na ‘n tyd van opleiding vertrek na die Filipyne en aangesluit by die New Tribes Missions Phillipines. In 2000 kom hy terug na SA en begin werk onder die vaandel van YWAM.
Daar het egter ‘n tragedie in sy lewe plaas gevind wat sy lewe heeltemal in duie laat stort het en hom weereens verwerping laat ervaar het.
“In the 16 years that I followed God, the Father took me aside, out of the Institution of the Church and walked a path with me, teaching me how to hear His voice and how to fellowship with Him in spirit and truth. In these turbulent years, in a devine way, God changed me from having a servant relationship with Him, to that of a son. He established me in Grace and for the first time since I accepted Jesus as my Savior, I am falling in love with Jesus. I had wonderfull encounters with Jesus in the spirit which changed my life forever. He is leading me now to understand that in Him I am a son and co-heir of the New Covenant.”
18 Mrt 2016 – Andre en Marina Olivier
“Die Here gebruik gewone mense”
Andre en Marina Olivier is twee passievolle navolgers van Jesus. Hulle het gebeds uitreike na Thailand begin doen in 2012 en Julie 2013 het die roeping gekry om voltyds in Thailand, spesifiek in die Sisaket provinsie, te gaan sending werk doen. Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.
Hulle kom uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope twee jaar beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.
4 Mrt 2016 – Dr Schalk Burger
“Waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns.”
8000 km en 8 lande en 8 manne saam om voertuie te skenk vir die Koninkryk! Wes-Afrika word nie sommer met kaalhande aangepak nie, maar waar die Gees van die HERE is, daar is vrede en guns!
Hier in Suidelike Afrika het ek soms al skaam gevoel om die naam van Jesus te noem, dit was tot ons in ‘n land gekom het waar jy dit nie mag noem nie.