29 Apr 2016 – Hercules Stander

Leef en deel geloofsekerheid…..

Hy het in die GEM sending grootgeword op Nongoma en Dingaanstat, Zululand. Sy pa het op Dingaanstat  ‘n kerk, ‘n plaas, ‘n skool, ‘n evangelisteskool  en ‘n weeshuis gevestig. Die Standerkinders moes vakansies inval by al die arbeid wat nodig was.

Hy het by Bantoe-onderwys begin werk en later as werkstudiebeampte. Hy was een van die vyf rekenaar programmeerders van die  eerste programmeringspan van die Staatsdienskommissie in 1965.  Hy trou meer as 50 jaar gelede met Hanli en hul vestig in PTA waar hy al vroeg met sy sending bediening begin deur Sondae kerk by die tronk te hou.  Na hul aftrede in Durbanville raak hy deel van die plaasbediening op Welgegund.

Hercules is baie musikaal en het al verskeie liedere geskryf (musiek en liriek) in sy lofprysing tot God.  Hy is sewe jaar gelede met miëloma (onbeheersde plasma vermeerdering) gediagnoseer. Ten spyte van skadu oor sy kop en impak van voortdurende chemo, gaan hy nie net voort met plaasdienste, maar skep ‘n volledige aanlyn weergawe van ons belydenisskrifte – met gekoppelde (teks)verwysing, sing bas in die Conspiritus koor en begin ‘n Bergsig omgeegroep vir kankerlyers.  Twee weke gelede ontvang hy ‘n pasaangeër. 

Hercules is nie net ‘n vriend wat jy graag wil hê, hy is ‘n ware dissipel van Jesus. Hy leef en deel geloofsekerheid.

 

 

22 Apr 2016 – Gert Korah

God berei ons voor!

 Gert Korah en sy vrou Evelyn is die uitvoerende leierspaar van Jeria Sending.  Jeria Sending is ‘n interkerklike geloofsaksie wat hom ten doel stel om geestelike sowel as opheffingswerk onder die plaaswerkers, kinders en jeug van die Swartland en Weskus omgewing te doen.

Gert is gebore en het groot geword op die plaas Klipfontein waar Jeria Sending geleë is.  Reeds as jong seun het hy die Here aangeneem en het hy ‘n baie ernstige pad met die Here begin loop.  Evelyn het in Uitenhage groot geword.

Hulle gaan praat oor hoe die Here hulle geroep het en voorberei het.  Hy gaan ook meer vertel van wat hulle nou doen.

Laai klankopname hier af!

15 Apr 2016 – Gary Kieswetter

Gary is die hoof-pastoor by Die Bron (Die Barnyard) gemeente.  Hy het al by 2 of 3 vorige geleenthede by TGIF kom optree het.  Moet nie die een misloop nie!!

Website:  https://www.grootisutrou.co.za/

Facebook:  https://www.facebook.com/Gary.Kieswetter/?fref=ts

EPos: http://eepurl.com/bXnUDP

Laai klankopname hier af!

19 Feb 2016 – Dr Lena Kravtsov and Dima

They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’.

Dr Aleksander Kravtsov and his wife Lena are medical doctors in Haifa, Israel.  They live a sacrificial lifestyle of constantly serving people. 

Aleksander and Lena emigrated, together with thousands of other Slavic Jews from Russia and other countries of Eastern Europe, to Israel.  They were Orthodox Russian Jews that ‘discovered’ Jesus as their Messiah after they came to Israel.  A Messianic Church in Ukraine became their covering and they started a Messianic Congregation. When we were there they had 75 very dedicated and active members in the congregation.  The church is constantly growing and is taught to be actively involved in their community by serving and caring for the needy and through ‘friendship evangelism’ introduce others to Jesus as their Saviour and Messiah.

For this visit only Lena could come to SA.  She will share their vision and passion for Israel to come to the revelation-understanding that Jesus is their true Messiah.  They have an extremely full program in both their congregation and their medical practice. Alexander’s responsibilities, both as pastor and surgeon, were such that he could not make the time to come to SA now.

They are both great visionaries with real pioneer spirits.  Lena is an excellent communicator and is able to give a lot of info about Israel.  She will be able to share with understanding how to share the Gospel with Orthodox Jews.  They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’. There is an urgent need and opportunity for that in Israel.   They have a few other doctors in their congregation and they already started with ‘Mercy Ministry’ where doctors, in their free time, serve the people in need.  At present they are renting one floor of a building for their ministry. They want to rent the second floor for their Medical Mission Practice.

Lena is bringing with her a very interesting and informative video that they made about their work and vision and also with important facts and info about the current situation in Israel.  Dima, an excellent young interpreter from their parent church in Ukraine, who has been to Israel often and is also very involved with their mission.  He came with Lena to South Africa.  He speaks fluent English and will be Lena’s interpreter from Russian to English.

Please look at their website:

2016-02-19 Leon du Toit

 

4 Sep 2015 – Akel Abou Nasr van Damascus

Eerskomende Vrydag is Akel Abou Nasr van Damascus aan die beurt. 

 

In sy eie woorde, “I am going to share about my old life and the family, our country. the war in Syria  and how God led me out of there. Also my time here in SA and the way God got me to be involved in ministry. the situation of the refugees and the visions God put on my heart.”

28 Aug 2015 – Warren Elliott

Op Vrydag, 28 Augustus 2015, is Warren Elliott aan die beurt. Hy het onder armoedige omstandighede, in ‘n sinkhuis, by twee ooms van hom in Goodwood grootgeword. Op die ouderdom van 10 het hy begin rook en drink wat ook ‘n kenmerk van sy latere  lewe was.  In matriek (1994) het hy kitaar begin speel, in kroee en restaurante opgetree en daarna ‘n professionele sangloopbaan gevolg.  Ongeveer ‘n jaar gelede het hy ‘n Gospel-album opgeneem en wag nou vir die geskikte tyd om dit vry te stel. Radio Tygerberg saai gereeld van sy Gospel-liedjies uit.

In 2010 het ‘n prostituut in die verbygaan in Voortrekkerweg, Parow, haar ondervoede babaseuntjie in Warren se vrou se arms geplaas. ‘n Ruk later is sy vrou met kanker gediagnoseer en was hulle ook genoodsaak om hulle besigheid te verkoop. Hulle finansies het alhoemeer versleg. In April 2011 het hulle tot bekering gekom, met ‘n kinderbediening begin en die babatjies van prostitute aan huis begin neem.

God voorsien op wonderbaarlike maniere in hulle behoeftes!

TGIF Mannekamp 11 – 13 September 2015

TGIF Mannekamp

 boegoe4

Ons TGIF kamp vind die jaar weer by Boegoeberg plaas oor die naweek van 11,12 en 13 September.

Beau de Klerk is die spreker.   Hy het verlede kwartaal by ons getuig oor sy vrou, skoonma en dogter wat in ’n ongeluk was.

bankVir die van julle wat nog nie daar was nie hier is ’n paar
foto’s van die kampterein, vuurmaakplek en uitsig. FUNtastiese 4X4 roetes vir die brawes onder julle. Gaan kyk gerus na nog foto’s van Boegoeberg asook waar dit is op hulle website:
http://www.boegoeberg4x4.co.za/

Die kostes is R520 per persoon en moet by die kerk kantoor inbetaal word.  Dit sluit in 2 ontbyte (Saterdag en Sondag) en die spitbraai Saterdag aand.  Bring jou eie kamptoerusting en enige ander eet en drink goed na goed dinke.  Kamp plekke is onbespreek vir die naweek en jy kies self wanneer jy arriveer.

Meer inligting is hier beskikbaar.

boegoe2 boegoe3 boegoe1

7 Aug 2015 – Beyers Truter

TODAY GOD IS FIRST

Regs klik om af te laai

Eerskomende Vrydag is Beyers Truter aan die beurt.

Volgende week:

Is Gary Bates aan die beurt. Hierdie gaan ’n besondere geleentheid wees. Waarsku jou vriende wat jy nooi om baie vroeg te kom.

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.

Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697