11 Julie 2025 – Mauritz Coetzer

Ek weet waar my krag vandaan kom!

As ek moet dink aan n tema vir my gesprek sal dit moet wees oor my verhouding met die Heilige Gees, en hoe dit in n mate my lewe gered het, en dan die boodskap wat handel oor hoe noodsaaklik dit vir ons as christen mans is om n gewoonte daarvan te maak om gereeld aan ons verhouding met die Heilige Gees te werk.

Ek is n vlieenier wat my werk verloor het in Covid. Dit was n baie traumatiese tyd in my lewe, en sou nie daardeur kon werk as dit nie vir my “konneksie” met die Gees was nie.

Ek vlieg nou vir n airline in Zambia, waar ek elke 8 weke huis toe kom wat opsigself nie maklik is nie, maar ek weet waar my krag vandaan kom…

4 Julie 2025 – Pickard Henn

Sodat Jesus die fokus van alles sal wees!

Ek het 2015 ‘n ontmoeting met Jesus gehad nadat 3 selfmoord pogings misluk het. Na dit was my lewe nooit weer dieselfde nie en het ek besluit om almal wat ek ontmoet van Jesus te vertel sodat ander dieselfde redding, vrede en vreugde kan geniet in die Heilige Gees soos wat ek doen.

Kort na my redding is ek gedoop en na dit het wonderwerke begin uitbreek wanneer ek bedien of op straat vir mense bid.

Ek sien uit om Vrydag oggend die manne se geloof te roer en te stig sodat Jesus die fokus van alles sal wees in hul verhoudings, huwelike, vriendskappe en werksplekke.

Vrydag 27 Junie 2025 – Jimi le Roux

Wat is jou skeppingsdoel?

  • Jimi le Roux is ’n leraar en skrywer. Hy is al 20 jaar besig met ’n aanlynbediening.
  • As seun van ’n bekende leraar en bedienaar het hy gesukkel met sy eie bekering en vir jare om homself te vind en te wees.
  • Die Here het hom gehelp om sy pa-issues te oorkom en te besef wie hy is, en wat sy skeppingsdoel is.

“Ek het nie meer om te bied nie. Ek wil nie preek nie en ek wil nie my bediening kom boost nie. Ek kan net my storie vertel met die gebed dat iemand daardeur gehelp sal word om hul eie storie en skeppingsdoel te vind.”