Eric Swanepoel is by INcontext and kom vertel Vrydag oggend vir ons van sy ervaringe die afgelope jaar en getuig van wat die Here tans mee besig is in die vervolgde kerk.
Eric is ‘n ou bekende by ons. Gaan luister na sy vorige getuienis hier.
TGIF Durbanville
Kom luister na Dewald Gouws. Dewald is deel van “Die Manne wat Glo” sanggroep. Hierdie groep het ontstaan uit die behoefte van vier gospel-sangers, Dewald Gouws, Jan de Wet, Willie Joubert en Leon Ferreira, om die oorweldigende herlewing van Christene regoor Suid-Afrika deur musiek aan te spreek.
Dewald se hartsbegeerte is om deur sy musiek ‘n ontvanklikheid in mense se harte te skep sodat die Gees van God die nodige geestelike oortuiging kan doen.
Dewald bring sy orkes saam. Ons gaan in die ouditorium wees en dames is ook welkom.
Vrydag is Jacques Malan weer by ons. Jacques was in 2016 by ons en het ook onlangs ons mannekamp gelei.
Jacques se hart is dat mense meer van Jesus moet weet en Hom waarlik sal ken. Profetiese woord wat God deur hom gespreek het, het reeds kragtig manifesteer tot God se eer en glorie.
Jacques kom gesels met ons oor die gebeure van laasweek en die krag van die Heilige Gees.
Dit beloof om ‘n baie vervullende oggend te wees.
Derrick Randall het nog altyd die Here geken, maar in sy wildste drome sou hy nooit kon voorsien wat met hom sou gebeur nie!!!
“Ek het na Maleisië gereis vir besigheid, ‘n tas, wat soos myne gelyk het, van die meganiese bagasie rol afgehaal, net om die volgende oomblik ge-arresteer te word, nadat verbode dwelms in die tas gevind is——“.
Kom luister na hierdie “journey” van ‘n man wat meer as 6 jaar van sy lewe op “Death Row” was en hoe die Here hom kom red het!!!
Eerskomende Vrydag is Akel Abou Nasr van Damascus aan die beurt. Akel was al voorheen by ons en sy getuienis is hier beskikbaar.
Yoav is a young Jewish believer from Israel. He was introduced to Yeshua while he was doing his military service in the Israeli Defense Force, three years ago and has been sharing the Gospel since then.
Brother Marko will be hosting Yoav this morning.