In Februarie 2015 het Johan Grobler sy storie vir ons kom vertel en sy betrokkenheid by Megavoice. Megavoice is in hul 30’e jaar en het reeds meer as 1,700,000 versprei in sowat 4600 tale! Hierdie Vrydag kom vertel hy vir ons van wat alles intussen gebeur het.
Break the silence. Finish the task.
Office: +27 12 993 0614
Mobile: +27 82 653 4783
johan.grobler@megavoice.com
Skype: johangrobler
Visit our website
Join us on facebook
Follow us on Twitter
Receive our monthly eLetter
General video on MegaVoice
I would like to introduce you to MegaVoice’s products. The Envoy audio player is the size of a cell phone containing the full audio Bible!
MegaVoice Bibles are ideal for blind, illiterate, and unreached peoples. Oral messages and messages that have not yet been published in text format, can be recorded.
MegaVoice offers Audio Bibles and other material, such as “The Story of Jesus” and “God’s Story”, in a number of languages. The local Southern African languages currently available include Afrikaans, English Portuguese, Zulu, Sotho, Shona, Herero and Tsonga, to name a few. Missions can record and add their own messages as well.
The MegaVoice Envoy can record up to 500 hours of audio. It is conveniently small and has a solar panel for charging. However, it can also be charged by a 220V mains charger and can play for about 10 hours on a fully charged battery! It is simple to use and is designed to operate in harsh environments. The Envoy model is selling in two formats. There is a retail packaging with a 220V charger, ear buds and metal container. This retail at R480-00 each. For people in rural areas we can supply the MegaVoice Envoy in a plastic pocket with only an instruction card. All the players have a built in solar panel. The price is then R385-00 each.
The price do not include shipment. The postage in South Africa is R50 for normal parcel post (4 to 5 days) or R70 for counter to counter overnight service and R95 for shipment by courier.
1 Junie 2018 – Ons eie manne
Ons besef nie altyd hoe God ons eie mense gebruik vir Sy werk nie. Hierdie Vrydag getuig ‘n paar van ons eie mense oor hulle betrokkenheid in ons omgewing en by sendelinge.
25 Mei 2018 – Schalk Burger
Schalk Burger is sedert 1971 ‘n Bourekenaar. Hy het die Here ontmoet in 1970 tydens ‘n aanddiens – Jak 4:8 – Nader tot God en Hy sal tot jou nader. Schalk is lid van die Gideons sedert 1973 en tans lid van Stellenberg NG Gemeente. Die Here roep hom om by armes betrokke te wees veral t.o.v. Kleuterskole. Hy is tans die voorsitter van Shiloh NPC. Hulle roeping is om 1 miljoen kinders wêreld klas opleiding te gee in eerste wêreld omstandighede.
Schalk sê dat “Geloof, Gebed, Volharding en God se Getrouheid is wat ek oor die jare ervaar het”.
18 Mei 2018 – Jay Stander
From being an innocent young man, Jay fell victim to the lure of power and recognition. He got sucked into a life of turmoil and mayhem by the worldly wise. There he quickly learned to face the reality of facing life all in his own and what it meant to loose it all. With utter regret and despair of realising and understanding the consequences of ones actions, a metamorphosis transpired.
From moth to pupa to butterfly, an epic heart warming story of prisoners of mind was born.
11 Mei 2018 – Klasie van Heerden
Aan die woord hierdie Vrydag is een van ons eie, Klasie van Heerden. Hy en sy vrou Ida het hulle permanent in Thailand as sendelinge gevestig. Klasie kom gee terugvoer oor die werk wat hulle daar doen.
20 April 2018 – Janie Beukes
Janie Beukes has been in government and specifically Correctional Services for almost 35 years. He finished as a General Manager overseeing offender rehabilitation programmes. He holds Qualifications in Psychology, Management and ultimately a Masters Degree in Intercultural Communication from Stellenbosch University.
As motivational speaker, he is currently involved in different projects such as Gender based violence. Other possibilities include the role of positive parenthood in crime prevention. He is a firm believer in human potential. There is therefore a strong emphasis on motivating people, regardless of age, to continue developing themselves. He believes that there is always hope despite the challenges we my face.
13 April 2018 – Benescke Janse van Rensburg
Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper by Radio Tygerberg en ook skrywer van verskeie inspirasieboeke, insluitende topverkopers met getuienisse soos God was dáár en Ontdek God in die stories van mense. Haar nuutste is die 5 minute saam met God-dagboek wat in Februarie 2018 verskyn het. Sy is getroud met Johannes, ’n biokinetikus en hulle het twee dogters, Joalé (5) en Ziva-Mari (2).
Benescke het ’n passie vir God en vir mense. Dit bly vir haar ’n voorreg om God se liefde vir ons deur alledaagse getuienisse te demonstreer in haar skryfwerk.
— Dames Welkom –
6 April 2018 – Stephan Opperman
Hy is gebore en het groot geword in Bloemfontein, in die hartjie van die Vrystaat. Nadat hy gematrikuleer het werk Stephan by ʼn wegneemete onderneming waarmee hy ook later in vennootskap tree.
Hy verlaat egter die bedryf en sluit vrywilliglik by die Suid-Afrikaanse weermag aan en voltooi sy basiese weermag opleiding teen middel 2000. Stephan vervul sy passie vir militêre oorlogvoering in beide die Kommando Korps asook die Reserwe Mag. As seun van ʼn befaamde sportman en ‘RSM’ is orde, struktuur en dissipline waarin hy floreer.
Stephan het ʼn besonderse liefde vir mense en sy hart is dat mense in ʼn absolute eenheid met God leef. Nog meer dat mense so ʼn lewenswyse sal aanneem. In hierdie liefde vir die kinders van God gebruik Heilige Gees hom kragtig deur geestelike gawes, onder andere die profeties. Hy tree ook op as intersessor en ‘teacher’ om die kennis van God deur die Woord en Heilige Gees suiwer en akkuraat neer te sit.
As gevolg van Stephan se betrokkenheid by intersessie regoor Suid-Afrika raak hy betrokke by ʼn Bediening met die naam van Father’s Voice. Vandag tree Stephan op as ambassadeur in die korporatiewe omgewing en is dit sy hart om Jesus aan mense voor te stel. Sodat elkeen uit liefde die ‘goeie nuus’ kragtig kan verkondig. Een van sy take is om mense op te rig, te help en te aktiveer met die einddoel dat elke persoon in oorgawe, in sy/haar skeppingsdoel/identiteit en geestelike gawes kan lewe.
Sy visie is om die leiers van Suid-Afrika toe te rus met liefde, sodat ons land deur vaders bestuur kan word.
23 Maart 2018 – Pickard & Eckard Henn

16 Maart 2018 – Frans Cronje
Hierdie week se spreker is die bekende filmmaker Frans Cronje. Frans kom gesels oor sy projekte waarmee hy besig is.