9 Februarie 2018 – Leon Kroucamp

Vrydagoggend se spreker is weer Leon Kroucamp wat laasjaar Mei by ons was.

 Leon is die eienaar van Coral Clean, die grootste privaat beheerde wassery in die Weskaap. Hy maak ‘n verskil in sy personeel se lewens en die breër gemeenskap om hom deur die boodskap van hoop, naastediens en liefde tasbaar uit te leef.  Kom luister na die volgende episode in hierdie uiters dinamiese besigheidsman se lewe.

 Moenie hierdie een mis nie!!!

Luister na Leon se vorige getuienis hier.

2 Februarie 2018 – Corné Fourie

“Ek is bevoorreg om van kleins af al ‘n pad met die Here te stap, maar in 2008 het my lewe ingrypend verander op ‘n “Boot Camp” in die Rocky berge van Colorado, VSA. Die kop kennis van Christenskap het daar hart toe gesak, vandag is ek bevoorreg om saam met ‘n span manne, dié boodskap ook hier in SA uit te dra, want elke man:  “has a battle to fight, a beauty to rescue and an adventure to live” (Wild at Heart – John Eldredge). As die Here ‘n man se hart gryp wag daar groot avontuur wat wag en is daar nooit weer omkeer nie, ek deel graag die journey.”

Laai Corne se getuienis hier af!

26 Januarie 2018 – Julita Kok

Julita Kok kom gesels oor die uitdagings en oorwinnings van haar 2017 jaar.  Van die borg wat onttrek het vir haar 7,5miljoen event tot die 3 weeskinders wat op haar voorstoep afgelaai is vir 4 dae en toe 7maande gebly het.

Kom luister hoe God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet en na Sy voorneme geroep is.

Laai Julita se getuienis hier af!

19 Januarie 2018 – Gert Uys

“Ek en my vrou, Rahlene, was bevoorreg om gedurende Desember 2017 ’n besoek aan Klasie en Ida van Heerden in Thailand te bring.  Ek gaan met julle kom deel wat ons daar ervaar het: Die teenwoordigheid van God ten spyte van die geestelike donkerte wat daar heers, die inspirasie, die natuurskoon, die wonderlike mense wat ons ontmoet het en die projekte waaraan ons blootgestel is.”

Laai Gert Uys se getuienis hier af!

1 Desember 2017 – Gerjo-Ben van der Merwe

Kom sluit ons jaar saam af op ‘n hoogtepunt met Gerjo-Ben van der Merwe.  Gerjo-Ben is die skrywer van verskeie boeke en ook die uitgewer van die gereelde epos “Kruispad”.  Ons hou ook Nagmaal.

 Laai Gerjo-Ben se getuienis hier af!

17 November 2017 – Paulene

Eugenie (Paulene) is in 1999 op Bangkok lughawe in hegtenis geneem.  Sy het 4kg heroin by haar gehad en is lewenslank tronk toe gestuur.

Kom luister na haar getuienis en hoe sy ten spyte van swak omstandighede bo alles uitgestyg het.  Die Heilige Gees het haar selfs leer musiek skryf en sing tot eer van God in die gevangenis.

Laai Paulene se getuienis hier af!

10 November 2017 – Andre Olivier

Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand.  Hy en sy vrou Marina is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.   Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand.

Laai Andre se getuienis hier af!

27 Oktober 2017 – Johan du Toit

Johan du Toit  die skrywer en koördineerder vir “A Surrendered life”.  Die program is deel van ‘n groter bediening, “Perisseia” (oorvloed), wat Christene help om ‘n paradigma skuif te maak na ‘n lewe in oorvloed in die grootheid van die drie enige God.

“Ek is ‘n man, ‘n pa en ‘n oupa en dit is die belangrikste aspek van my lewe. ‘n Derde geslag “preacher’s kid” wat die regte kerktaal kon gebruik en die kerk baie goed geken het. Ek het, ten spyte van dit (en miskien as gevolg van dit) eers in my vroeë 30’s Jesus regtig ontmoet. Op tot daardie stadium was dit net kerk. Ek is die afgelope 17 jaar baie betrokke by Christen mans wat met obsessiewe seksuele gedrag soos pornografie probleme het omdat daar ‘n stadium in my lewe was dat ek dieselfde pad moes stap.”

Gaan kyk gerus na die website hier.

Laai Johan se getuienis hier af!