15 Februarie 2019 – Jacques Malan

Jacques Malan van Father’s Voice – mannekonferensie met die manne te kom praat oor hulle identiteit in Christus. #DurbanvilleTGIF

Vrydag kom Jacques Malan van Father’s Voice weer ‘n draai maak om n.a.v. verlede naweek se konferensie met die manne te kom praat oor hulle identiteit in Christus. Sal ook geleentheid gee vir getuienisse, veral oor die naweek se ervaring.

Moenie hierdie een mis nie, Boetas.

Laai Jaques se getuienis hier af!

8 Februarie 2019 – Wian Vos

Ek moes eers in ’n baie baie droeë woestyn beland (in die bediening) voordat ek totaal oorgegee het aan die Here en in verhouding met Hom begin leef het.

As dominee se seun en hoofseun van die plattelandse skool waar ek grootgeword het, het ek redelik alles van ‘godsdiens’ geweet. Ek moes gereeld voor mense bid en selfs VCSV byeenkomste lei, maar ongelukkig was ek nog nie in ’n intieme verhouding met Vader nie. Tydens my derde jaar Teologie in Bloemfontein, het ’n senior student my gekonfronteer oor my dubbele lewe. Steeds het ek nie ag geslaan op die stem van Heilige Gees nie. Ek moes eers in ’n baie baie droeë woestyn beland (in die bediening) voordat ek totaal oorgegee het aan die Here en in verhouding met Hom begin leef het.

GENADE OP GENADE!

1 Februarie 2019 – Jacques Munnik

‘n Storie van grootskaalse verlossing
‘n Storie van God se onverpose liefde
‘n Storie van verbysterende genade

 

  • ‘n Storie van grootskaalse verlossing
  • ‘n Storie van God se onverpose liefde
  • ‘n Storie van verbysterende genade

Laai Jaques se getuienis hier af!

25 Januarie 2019 – Schalk Visagie

Verandering self is ‘n proses en ‘n pad wat ons daagliks stap.

Verandering self is ‘n proses en ‘n pad wat ons daagliks stap. Die besluit om die stap te neem word partykeer emosioneel geneem. As die besluit om jou lewe om te draai met oorgawe geneem word is dit ‘n daaglikse reis. ‘n Reis wat elke besluit, elke woord elke wyse van optrede beinvloed, en ons struikel almal elke dag nog

Ek deel graag ‘n uitreksel uit my boek met julle.

“ I also said to God, if this is Your plan for me I accept it with no arguments, but God my children. They are still small, and I would so like to see them grow up and witness what becomes of them…and be there for them. I know they would need me, but Your will… I have no say in this matter. You are God, who am I that you might reconsider my fate and my request to turn my final moments rather into a Damascus experience.”
I leaned back, the blood loss had made me tired, an unexplained calmness came over me.
From UNDER FIRE IN SOUTH AFRICA.

Laai Schalk se getuienis hier af!

Gods Loving Gift - Schalk Visagie
Gods Loving Gift – Schalk Visagie

18 Januarie 2019 – Andre en Annemarie Thiart

Kom luister hoe hulle Jesus ontmoet het, die keuse om ‘n goeie werk in die Kaap te los, alles te verkoop en met twee kinders sak en pak te verhuis na ‘n vreemde land en hulle ontberinge en ervarings sedertdien.

Andre en Annemarie Thiart is al vir +16 jaar sendelinge in Mosambiek.

Kom luister hoe hulle Jesus ontmoet het, die keuse om ‘n goeie werk in die Kaap te los, alles te verkoop en met twee kinders sak en pak te verhuis na ‘n vreemde land en hulle ontberinge en ervarings sedertdien.

Was dit die moeite werd, sal hulle dit weer doen noudat hulle weet wat hulle weet?
Grootste uidagings vir 2019.

Sien hulle Facebook bladsy hier.

11 Januarie 2019 – Rohann Cronje

God het ons geroep uit lewens met baie vraagtekens…

Die 3 reëls:

God het geroep, God het gestuur, en God het GEPRAAT. Nou wat vrae God van jou?

Rohann en Chloë Cronje: God het ons geroep uit lewens met baie vraagtekens… Ons opgelei, geonderrig, en gestuur op ‘n reis om die Woord van God te verkondig. Ons is weer terug in die Kaap, en ek sal gesels oor van die moeilike posisiese waarin God ons losgelaat het, en ook vraag wat Hy nou aan elkeen van ons stel.

Laai Rohann se getuienis hier af!

7 Desember 2018 – Cheryllyn Dudley (Jaarafsluiting – Dames Welkom)

Cheryllyn is an African Christian Democratic Party MP in South Africa since June 1999:

  • the Chief Whip of smaller political parties;
  • serves on International Relations PC, Social Development PC and the SA/EU Focus group;
  • in 2017 made history as the first Member of Parliament in SA to have a private members bill passed;
  • has drafted and submitted 4 other bills including the current Animal Protection bill calling for a ban on testing on animals for cosmetic purposes;
  • is a member of the International Panel of Parliamentarians on freedom of religion & belief (IPPForb);
  • is on the board of an NGO providing support for moms of newborn babies and preschool children in disadvantaged areas;
  • recently studied Strategic Diplomacy and Transitional Justice @UJ Soweto;
  • married with four children and 6 grandchildren.

Laai Cheryllyn se getuienis hier af!

30 November 2018 – Louis Foord

My agtergrond:  Iemand het eenkeer opgemerk “Dit neem die Here 1 sekonde om ons in die Hemel te kry, maar ons hele lewe om die Hemel in ons te kry”. Dis ‘n ongelooflike “Journey” wat ek vir niks in die wêreld sal ruil nie. Ek vertel graag hoe Hy my lewe “ge-hijack” het.

My lewensfilosofie en bediening:   Erens in die Bybel staan daar geskryf: “Die Here het ons jammer gekry en hiedie bediening aan ons toevertrou” en dis hoe ek my lewe en bediening sien. Vader het my jammer gekry en vir my ook iets gegee om te doen…! Ek vertel graag wat Hy op die oomblik deur The Mailbox Club in Afrika doen.

Laai Louis se getuienis hier af!

23 November 2018 – Daryl Ninneman

To be without hope

In a nutshell, that was me. I have literally lost everything and have nothing left.

After an all time low, I found myself in a hospital for depression (Bloemcare) situated in Bloemfontein.

When listening to how my family describes me during that time and what they saw, I can only imagine how bad it must be to helplessly watch a loved one drowning and not be able to save them.

I contemplated suicide so many times.

But while I was still around, I was determined to make it my life mission to tell Christians how stupid and over-done their religious theories are. Furthermore, I also vowed that I would never set foot in a church again.

I started this short story with: I lost everything…

What did I really lose???

Laai Daryl se getuienis hier af!

16 November 2018 – William Austin

William Austen an Evangelist who has been preaching across South Africa for the last eleven years will be visiting us on Friday morning the 16th to share his testimony. On the 24 of February this year William was assaulted with bricks by gangsters in the Strand and left for dead. After suffering multiple fractures to his face and skull God saved his life.
Then three months later William was in an horrific car accident. Again William suffered serious injuries, but God showed His faithfulness by saving his life.

Laai William se getuienis hier af!