22 Oktober 2021 – Jacobus Smuts

Omdat Hy ons waarlik onvoorwaardelik liefhet!

Deel die inligting!

My lewenspad het baie uitdagings gebied en dit is vandag nog so. Dit is egter nie net waar van my nie maar vir ‘n groot skare medegelowiges. God loop egter met elkeen van ons ‘n unieke pad, want hy maak nie “carbon copies” nie – net “originals”. Hy het my tussen alles deur geleer dat Hy altyd by ons is, altyd voorsien of ‘n uitkoms bied en dat ons te midde van ons gebrokenheid en kwesbaarheid vir Hom bruikbaar is, omdat Hy ons waarlik onvoorwaardelik liefhet.

Hy het my geleer dat dit OK is om nie OK te wees nie. Sou u belangstel om uit te vind wat die verband tussen ‘n hout deur en my verhouding met God is, wil ek u graag uitnooi om Vrydag te kom hoor wat God daaroor vir my te se gehad het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *