29 Augustus 2025 – Reinhard Kotze

Ek weet hoe voel die grondpad van die lewe!

My pad met God is een wat seker van geboorte af is. Maar soos meeste jong manne het ek die perke van God se genade getoets.

As man en as pa in die bediening vra ek daagliks vrae oor hoekom God kies om my te gebruik.

Van die ou wat NOOIT goed genoeg was nie. En wat weet hoe voel die grondpad van die lewe. Kom deel ek graag hoe ek God elke dag MOET kies as my bron.

Reinhard is ‘n omroeper by Radio Tygerberg

22 Augustus 2025 – Marko Kiroglu

With Christ we are more than conquerors!

Kamil Marko was born and raised in Turkey. 16 years ago, God brought him to South Africa for a specific prophetic assignment. He got married to his South African wife Elzeth, learned Afrikaans, served
Jesus across our nation changing the lives of many many people from all races but mostly Afrikaners. Therefore, they gave him the nick name Turkse Boertjie. Just as he began to think that “Die lewe is die lekkerste by die Kaapse see” God called Marko and his family for a Great Divine Adventure in Armenia.
Spiritually speaking, Armenia is one of the most strategic countries in the world today, as it is a tiny Christian nation surrounded by mighty and staunch Islamic nations, bordering Iran, Azerbaijan and Turkey. The call to Armenia is a call to heal, disciple, mentor and raise the army of evangelist who can carry to Gospel of Jesus to more than 300 million people surrounding Armenia.
The task is huge, the assignment is intimidating, but with Christ we are more than conquerors.
This Friday morning Marko will visit and speak at the TGIF.
Do not miss this opportunity, come and hear this servant of Christ

4 Julie 2025 – Pickard Henn

Sodat Jesus die fokus van alles sal wees!

Ek het 2015 ‘n ontmoeting met Jesus gehad nadat 3 selfmoord pogings misluk het. Na dit was my lewe nooit weer dieselfde nie en het ek besluit om almal wat ek ontmoet van Jesus te vertel sodat ander dieselfde redding, vrede en vreugde kan geniet in die Heilige Gees soos wat ek doen.

Kort na my redding is ek gedoop en na dit het wonderwerke begin uitbreek wanneer ek bedien of op straat vir mense bid.

Ek sien uit om Vrydag oggend die manne se geloof te roer en te stig sodat Jesus die fokus van alles sal wees in hul verhoudings, huwelike, vriendskappe en werksplekke.

Vrydag 27 Junie 2025 – Jimi le Roux

Wat is jou skeppingsdoel?

  • Jimi le Roux is ’n leraar en skrywer. Hy is al 20 jaar besig met ’n aanlynbediening.
  • As seun van ’n bekende leraar en bedienaar het hy gesukkel met sy eie bekering en vir jare om homself te vind en te wees.
  • Die Here het hom gehelp om sy pa-issues te oorkom en te besef wie hy is, en wat sy skeppingsdoel is.

“Ek het nie meer om te bied nie. Ek wil nie preek nie en ek wil nie my bediening kom boost nie. Ek kan net my storie vertel met die gebed dat iemand daardeur gehelp sal word om hul eie storie en skeppingsdoel te vind.”