10 Mei 2024 – Errol Joemath

Net omdat jy misluk het, maak dit nie vir jou n mislukking nie

Ek is die leier van n mansgroep genoem Barrier Breaking Men en hierdie jaar vier ons 20 jaar Ons kom elke maand by Grandwest bykemaar,  mans van verskillende bedienings met net een doel, om die Naam van die Here groot te maak.  Ek gaan die manne bemoedig met n tema, “net omdat jy misluk het, maak dit nie vir jou n mislukking nie”

3 Mei 2024 – Adri Williams

Sterk staan vir mekaar!

So die praatjie gaan oor wat albei van ons afsonderlik deurgegaan het na die ongeluk (manlief kom ook saam) en hoe ons eers 8 jaar later besef het dat as ons net met mekaar gepraat het ipv sterk staan vir mekaar kon die emosionele genesing baie vinniger plaas gevind het. Baie waardevolle lewenslesse hier geleer na die ongeluk.

19 April 2024 – Spencer George

Servant of God

Spencer has been serving the Lord in various ministries like youth, men, drug abuse, etc. since 1984. He is going to talk about the role of men as well as his testimony about being ambushed and shot at in 2015. Spencer is currently an elder in the Evangelical Mission Church in Athlone.

12 April 2024 – Glenn Barkhuizen

How can brokenness be the entrance to the “narrow way”?

Where or what exactly is the “narrow way” which according to the Lord Jesus, few even find? 29 years after my born-again experience, I came to the beginning of a path that Andrew Murray wrote about in his “Absolute Surrender.” How can brokenness be the entrance to the “narrow way”?

8 Maart 2024 – Ettienne Willemse

‘n God van verhoudings

My lewe het werklik waar gedraai toe ek in 2008 besef het dat God ‘n God van verhouding is. Ek het God voor dit net geken as ‘n harde God wat nooit tevrede sal wees met enige iets wat ek doen nie. Ek het begin leer oor wie God as vader is, wat baie vir my beteken het oordat ek ‘n afwesige vader gehad het.

Vandag is ek ‘n vader van twee seuns biologies en baie ander geestelik, te danke aan die Vader se genade en Sy Gees wat my ingetrek het.

Ettienne Willemse
Ettienne Willemse

9 Februarie 2024 – Johan Koornhof

My pad saam met Jesus Almagtig!

1 Oktober 2021 het my lewe verander toe ek die laaste bed in ICU neem met Covid. Drie aande later om 3h16 die oggend het ek ophou asem haal. Met God se genade het hulle my terug gekry. Tien dae later na afloop van n CT Scan het ek die nuus ontvang dat ek minder as 12 maande oor het om te leef. Toe begin my 86 dae journey in isolasie in die High Care eenheid…en my pad saam met Jesus Almagtig tot vandag toe…..