Deel die inligting!
Vrydag se gesprek fokus op hoe ons, as gelowige mans, geroep is om in die gaping te staan – om die plekke van leemte te vul waar kinders sonder die mentorskap van hul eie vaders grootword. Ons het die voorreg en verantwoordelikheid om God op aarde te verteenwoordig deur liefde, leiding en konsekwente teenwoordigheid aan hulle te bied.
Deur by die Durbanville Kinderhuis betrokke te raak, soos ons reeds suksesvol doen by Huis Andrew Murray en Huis van Heerde, kan ons stabiliteit en identiteit help vestig in hierdie kinders se lewens. Ons sal praat oor die krag van mentorskap en die belangrikheid daarvan om die ketting van gebroke gesinne en vaderlose lewens te breek – sodat hierdie kinders ’n nuwe toekoms van hoop en geloof in Jesus kan beleef.