6 Junie 2014 – Henry Jackson

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Hierdie Vrydag vier ons ons 5de verjaardag met ’n ontbyt.
Kom asseblief baie vroeg want die kos word reeds vanaf 05h15 bedien. Ons bedank graag vir Charl Fourie van PnP Sable Square vir hul soveelste ontbyt wat hulle onbaatsugtig borg. Ook vir Christiaan en Jaco vir hulle kos bydraes.
Dankie aan Chantell Fourie en haar spannetjie wat die kos gaan voorberei en ook aan ons gaan bedien Vrydagoggend. Chantell wil op die wyse vir al die Boetas dankie sê vir al hulle ondersteuning en gebede rondom Hanno, wat almal rondom hom besiel en inspireer met sy lewe.
Dankie, Hanno, dat jy ons motiveer om ‘n verskil te maak in ander se lewens!
 
Ons is ook baie opgewonde om na Henry Jackson te luister.
“Wat moet n boer doen wanneer daar op sy plaas beslag gelê word?
Henry Jackson, ‘n boer in Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap aan vriende en familie nadat dit met hom gebeur het.
My plaas is geneem! Die woorde klink amper so skrikwekkend soos die woord “kanker”. Terwyl hy besig was om voer vir sy diere te sny, kom vier fancy motors op sy plaaswerf aangejaag en spring sowat 20 mans uit, donker van woede en oorkook van die haat.
Wat volgende gebeur is net moontlik indien jy Jesus as jou Verlosser en Saligmaker aangeneem het. Kom luister gerus na hoe die storie eindig.”
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
  
Gebed en beradingskontak
  
Lourens:  082 339 7728
Oswald :  079 108 9697   
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig

23 Mei 2014 – Henk Mouton

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
 
Henk Mouton is ons spreker Vrydagoggend.
Bestuur Kaapse tak van firma wat spesialiseer in ortopediese trauma.
Betrokke by Powerhouse se “Healing Rooms” veral innerlike genesing,bevryding en ook fisiese genesing.
Was twee keer getroud met 4 kinders uit eerste huwelik en nog 4 kinders uit tweede huwelik. Ouderdomme van 12 tot 35.
My tweede vrou het die lewe gelaat tien en half jaar gelede in motor ongeluk.
 
Wil graag praat vanuit persoonlike ervaring oor die rol van ‘n man , die dinge wat ons weg hou van die Here en hoe om dit te herstel.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
  
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig

16 Mei 2014 – Stephan Kleingeld

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Ons spreker die komende Vrydag is Stephan Kleingeld.
“Genade Onbeskryflik Groot!
 
Ek sal daai aand nooit vergeet nie!
Met ‘n kriminele rekord en ‘n lewe vol losbandigheid, buig ek voor God en vra. Hoe is dit moontlik dat U my kan vergewe? Die antwoord verander my hele lewe!  – Jesus Christus!!!”
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
  
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810

9 Mei 2014 – Yolande Korgi

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Ons spreker die komende Vrydag is Yolande Korgi.
Sy en haar man Pierre is ‘n jaar terug in Yemen gevange geneem deur ‘n vleuel van die Islamitiese terreur organisasie, Al-Qaeda. Sy is in Januarie vrygelaat waarna daar ‘n losprys op Pierre se lewe geplaas is. Pierre is steeds ‘n gevangene. Yolande het ‘n ongelooflike getuienis van alles wat die afgelope jaar gebeur het.
Kennisgewings
Durbanville vier Jesus
Oswald vra dat ons eerskomende Vrydag iets geel aantrek om ondersteuning te wys vir die D4J veldtog.
“D4 is a month-long campaign designed to ignite Durbanville for God by glorifying Him in our community. During the campaign, the churches of Durbanville aim to introduce unchurched people to God while introducing people to churches, and churches to each other. As the Christ’s body in Durbanville we know that we can make a powerful, loving and effective impact in our area and we are excited to work together to extend God’s Kingdom in Durbanville.
This campaign is only the beginning of the D4 movement. The atmosphere of love and cooperation which has been simmering within Durbanville churches for years has now come to life in this campaign and will continue to flavour our community for God.
D4 is quite simply a proclamation of faith and Kingdom living. As we are a bilingual community, this name is equally significant in English and Afrikaans. In English we proclaim that Durbanville is FOR God and His Kingdom, and in Afrikaans: ons VIER sy Teenwoordigheid en Koninkryk in Durbanville. In both languages we openly praise and acknowledge Him.”
Web: http://d4j.co.za/index.php
Facebook  https://www.facebook.com/Durbanville4Jesus?fref=ts
Durbanville Baptiste Kerk – Gerjo Ben
Gerjo Ben en Johan Laten tree eerskomende Saterdagoggend by die Durbanville Baptiste kerk op. Sien aanhangsel vir meer inligting. RSVP asb voor vanmiddag.
DustBusters
Ons herinner julle weer aan die DustBusters se fondsinsamelinsprojek. Hulle doelwit is om R100 000 in te samel vir Huis Jabes enHuis Andries Olivier en benodig borge. Hulle het ook na ons beroep op fondse na vore gekom en is hulle bereid om 50% van die fondse wat ons via TGIF insamel aan ons te gee as ’n skenking.
Kontak gerus vir Oswald by oswald@theveil.co.za vir meer inligting.
Groete
Gerhard
  
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA

2 Mei 2014 – Spontane Getuienis

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Eerskomende Vrydag maak ons tyd vir spontane getuienis.
Een van ons manne, Adriaan Strydom, het reeds laat weet hy wil getuig.
My naam is Adriaan Strydom. Groot geword in JHB. Van baie jongs af in die wereld gelewe. Betrokke met drank dwelms meisies en als wat daarmee saam gaan. Laas jaar heeltemal tot n val gekom en toe verander my hele lewe toe ons Here my kom haal het
 
Kennisgewings
DustBusters
Ons herinner julle weer aan die DustBusters se fondsinsamelinsprojek. Hulle doelwit is om R100 000 in te samel vir Huis Jabes enHuis Andries Olivier en benodig borge. Hulle het ook na ons beroep op fondse na vore gekom en is hulle bereid om 50% van die fondse wat ons via TGIF insamel aan ons te gee as ’n skenking.
Kontak gerus vir Oswald by oswald@theveil.co.za vir meer inligting.
Groete
Gerhard
  
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810

25 Apr 2014 – Paul Bester

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Web: https://tgifcape.co.za/
facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/
Eerskomende Vrydag kom deel Paul Bester sy verhaal met ons.
 
Paul Bester het in Kimberley groot geword en het na skool by die SA Lugmag aangesluit waar hy as helikoptervlieënier gekwalifiseer het.
 
In 2008 het hy die Lugmag verlaat en in die brandbestydings industrie begin vlieg en is tans betrokke by Working on Fire waar hy Huey-helikopters vlieg.
 
Paul sê dat hy regtig eers tot bekering gekom nadat ek by Zané , met wie hy later getroud is, begin kuier het in 2004.
 
In Oktober 2013 is Zanè, noodlottig beseer in ‘n ongeluk terwyl sy fiets gery het.
 
Paul kom deel met ons die pad wat hy en die familie gestap het sedert daardie tragiese dag. Hoe die liefde en genade van die Here hulle gedra het en hom nog steeds dag vir dag dra waar hy en sy twee dogtertjies, Chanté, 3,5 jaar, en Sioné, 13 maande, met hulle lewens moet voortgaan.
 
Die een aspek van Paul se getuienis wat fenominaal is, is die ervarings en gewaarwordinge wat hy in die Geestelike realm gehad het.
Kennisgewings
The World needs a Father Seminaar 17 Mei 2014
“Ons gemeente se manne hou op 17 Mei, die oggend, ‘n manne ontbyt by ons kerk met die tema: The World Needs a Father.  Dit sluit ‘n ontbyt (meer ‘n brunch) in” – Nico Zeelie
Sien asseblief aangehegte dokument vir meer inligting.
DustBusters
Ons herinner julle aan die DustBusters se fondsinsamelinsprojek, soos per verlede week se e-pos. Hulle doelwit is om R100 000 in te samel vir Huis Jabes en Huis Andries Olivier en benodig borge.
Hulle het ook na ons beroep op fondse na vore gekom en is hulle bereid om 50% van die fondse wat ons via TGIF insamel aan ons te gee as ’n skenking.
Kontak gerus vir Oswald by oswald@theveil.co.za vir meer inligting.
Kamer/buitekamer
“Mark Lenz woon in die Jesus Can-huis in Kraaifontein. Hy werk op n permanente basis by my en doen baie goed. Hy is n baie goeie, betroubare werker wat sy lewe total omgekeer het. Hy is op soek na verblyf in Durbanville-Kraaifontein-area. Hy kan R1500/maand bekostig vir n kamer/buitekamer.” – Almo Bouwer
Kontak gerus vir Oswald by oswald@theveil.co.za vir meer inligting.
Groete
Gerhard
  
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810

4 Apr 2014 – Klasie van Heerden

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
 
Ons luister eerskomende Vrydag na Klasie .
   
“Eerskomende Vrydag is een van ons eie boetas aan die woord. Hy het ‘n woord vir ons: Ken jy jou kandicap. Klasie gaan eersdaags hervestig in Thailand vir ‘n paar jaar en gaan hy ook hierdie pad wat God met hom loop deel”
 
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig

28 Mrt 2014 – Brad Sadler

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
 
Ons luister eerskomende Vrydag na Brad Sadler.
“CRIME DOES PAY – be careful who does the paying, I pay every single day of my life.” –  Brad Sadler  
 
“Brad’s story is truly remarkable, from Board Room to prison cell to today, taking every opportunity to tell his story to people who will listen. Brad’s story reaches into the Corporate World when he speaks about fraud, into the lives of young men and women when he speaks about consequences to school audiences and into the lives of people when he reflects on how prison has changed his life. “
http://www.prosandexcons.co.za/
 
Kennisgewings
 
1. Operation Transit – Ezzat Shehata
Sien asseblief die aangehegte uitnodiging vanaf Operation Transit. Hulle benodig dringend werkers en/of skenkings om die Evangelie uit te dra.
 
2. Salvation Army
Prys die Here en seën aan die borge wat bygedra het tot die beskikbaarmaking van Bybels vir die Salvation Army. Ons kon 100% aan hul behoefte voorsien!
 
Sien julle Vrydag.
 
Groete
Gerhard
 
Vir meer inligting rakende TGIF en ons aktiwiteite:
 
 https://www.facebook.com/groups/95513102794/
 
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
 
Finansiële Ondersteuning
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810

7 Mrt 2014 – Ezzat Shehata

TODAY GOD IS FIRST
Vrydag oggend 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Eerskomende Vrydag deel ‘n Egiptenaar, Ezzat Shehata, sy getuienis met ons.
Die fokus van ‘Operation Transit’ (reeds die afgelope 20 jaar) was om sover moontlik die bediening van die mense in Noord Afrika in die hande van Arabies sprekende mense te kry.
Op ‘n vreemde manier het die Vader deur die skietdood van Ezzat se vriend in Mauritanie, en die daaropvolgende waarskuwing aan hom dat hy volgende is, hom en sy gesin gelei om dringend die land te verlaat en in Spanje veiligheid te vind.
Ezzat het binne die eerste jaar reeds ‘n Arabies sprekende kerk in Malaga tot stand gebring. Hul ontmoet Sondae aande om 18h00.
Ezzat is verantwoordelik vir die bestuur van ‘Operation Transit’ se Westelike gedeelte. (Spanje, Marokko, Mauritanie). Spesifiek die evangelisering en dissipelskap van nuwe gelowiges in al drie die lande. Dit bring mee dat hy ekstensief in die lande reis vir dissipelskap en bemoediging van nuwe gelowiges.”
http://www.optransit.net/
 
Kennisgewings
Halftime Seminaar – Tommy O’Kennedy – 25 Maart 18h00 – 22h00 en 26 Maart 08h00 – 17h00
http://halftime.org/team/tommy-okennedy/
 
Tommy O’Kennedy se in-diepte seminaar oor betekenisvolheid word eersdaags by Bergsig aangebied.
Koste sal R500 per persoon of R750 per paartjie  (man en vrou) beloop.
Kontak gerus vir Oswald Opperman per: oswald@theveil.co.za  of by 079 108 9697.
 
Sien julle Vrydag.
Groete
Gerhard
Vir meer inligting rakende TGIF en ons aktiwiteite:
 https://www.facebook.com/groups/95513102794/
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
  
Bernard:  083 658 2222
Francois:  083 309 7638    
George:  072 446 3412
Gerrit:  082 922 1817
Lourens:  082 339 7728
Oswald:  079 108 9697   
Finansiële Ondersteuning
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA

28 Feb 2014 – Raymond Lombard

TODAY GOD IS FIRST
Vrydag oggend 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Eerskomende Vrydag deel Raymond Lombard sy getuienis met ons.
“Hy het deur die 32 jaar van bediening in die kerk gedien as Distrik-superintendent, Wes-Kaap, Die Sendingraad van die V.E.K. van God, en hy is tans die Vise-Streeksopsiener van die V.E.K. van God in die Wes-Kaap. Hy is ook tans lid van die bestuursraad van die V.E.K. van God in die Weskaap.
In 1990 plaas die Here ‘n besonderse seën op Raymond Lombard om vir God se kinders te bid vir die doping met die Heilige Gees. Hy bedien oor die hele Suid-Afrika en verskeie ander lande oor die onderwerp. Derduisende mense is gedoop in die krag van die Heilge Gees die afgelope 24 jaar onder sy bediening.
Gedurende September 1995 (sewentien jaar gelede) roep die Here hom om Wiele vir God se Woord oor Afrika te vestig. Sederdien bedien W.G.W in 28 lande. Meer as 13200 predikante is onder hom opgelei in evangelisasie in hierdie lande en duisende predikers het fietse ontvang in 28 lande en eilande oor die Afrika kontinent. Die Here het hom gebruik om die Woord te bedien in 30 verskillende lande van die Wêreld, ingesluit China en Mongolië.
Hy is ook die Voorsitter van die Firewall projek Afrika, ‘n projek van die Church of God World Missions in Amerika, wat ten doel het om kerke te plant in gededikeerde lande in Afrika, asook bestaande kerke te versterk.
In die Wes-Kaap bedien Raymond Lombard deur sy program “Fokus op die Woord” op Radio Tygerberg, 528 000 mense per week met die Woord van God.
Een van die groot suksesverhale is die Lewende woord Bybelskool onder sy bediening met ‘n studente tal Dinsdae aande van bykans 300.”
http://www.wheelsforgod.org.za/about/
 
Kennisgewings
Halftime Seminaar – Tommy O’Kennedy
http://halftime.org/team/tommy-okennedy/
 
Diegene wat graag Tommy se in-diepte seminaar oor betekenisvolheid wil bywoon. Gesels asseblief met Oswald Opperman per e-pos:oswald@theveil.co.za of by Vrydag se TGIF byeenkoms.
 
Mannekamp DVDs
Die Mannekamp DVDs van 2013 is beskikbaar @ R150 vir die 4 DVDs
Bestel asseblief DVDs by blaytom@live.co.za
Navrae aan Tommy Blay – 082 822 5043