Ek sal bietjie getuienis deel, oor my boek gesels en hoe God my tans leer om, tov finansies en voorsiening, ten volle op Hom te vertrou.
19 September 2025 – Warren Elliott
Vertrou ten volle op God
TGIF Durbanville
Persone wat persoonlike getuienis met ons deel
Vertrou ten volle op God
Ek sal bietjie getuienis deel, oor my boek gesels en hoe God my tans leer om, tov finansies en voorsiening, ten volle op Hom te vertrou.
Het jy God se adres?
Het jy God se adres? Gebruik jy jou GPS of Google maps om Hom te vind. Is dit ingestel om Hom te vind elke dag? Hoe doen ek dit?
Hierdie Vrydag is ‘n gesamentlike byeenkoms wat aangebied word Durbanville TGIF by Tygerberg Gesinskerk.
The role of men in this modern world
The role of men in this modern world, our responsibility’s and how we go about achieving what God expects of us
Ek sukkel om God se plan te sien!
Vroeër in my lewe was daar al ‘n paar geleenthede waar ek sou kon getuig oor hoe God my gedra het deur moeilike tye en hoe hy teëspoed verander het na voorspoed. Die laaste paar jaar was egter bietjie anders in die sin dat ek nog steeds baie bewus was van God se teenwoordigheid en sy hand in my lewe, maar dat ek sukkel om te sien wat God se plan is en waar ek daar in pas. So, my getuienis gaan ongelukkig nie een wees van oorwinning nie, maar een van iemand wat nog sukkel om sin te maak van die wêreld en God se doel vir my daarin.
A marketplace minister in the modern South Africa.
Ezekiel Vilakazi is a business consultant, an entrepreneur, and a business coach with strategic decision-making experience. Executive management, business development, marketing, business strategy planning, and project management are among the skills he possesses. He is committed to inspiring leadership and possesses an innate ability to persuade, motivate, and enthuse others. Ezekiel advocates for small businesses as an entrepreneur, and his passion is to see them succeed. He has 20 years of business experience and understands the challenges that entrepreneurs confront because he has seen commercial success, failure, and rejection.
He will share his personal journey with the lord and how he is advocating for Christian businessmen to be agents of change.
Onthou asseblief dat ons hierdie Vrydag skuif na Tygerberg Gesinskerk in die Palm Grove Sentrum in Durbanville.
Wonderwerke!
Jacques
Begin met lewens verhaal
Herman
Ek weet waar my krag vandaan kom!
As ek moet dink aan n tema vir my gesprek sal dit moet wees oor my verhouding met die Heilige Gees, en hoe dit in n mate my lewe gered het, en dan die boodskap wat handel oor hoe noodsaaklik dit vir ons as christen mans is om n gewoonte daarvan te maak om gereeld aan ons verhouding met die Heilige Gees te werk.
Ek is n vlieenier wat my werk verloor het in Covid. Dit was n baie traumatiese tyd in my lewe, en sou nie daardeur kon werk as dit nie vir my “konneksie” met die Gees was nie.
Ek vlieg nou vir n airline in Zambia, waar ek elke 8 weke huis toe kom wat opsigself nie maklik is nie, maar ek weet waar my krag vandaan kom…
Getuig
Vrydag getuig Deon van der Merwe, een van ons eie.
T-AANSLUITING! HELP, EK HET GEBREK AAN WYSHEID!
In die dae voordat motors en selfone ‘n behoorlike GPS gehad het, kon jy jouself maklik by ‘n T-aansluiting bevind waar jy nie geweet het of jy links of regs moes gaan nie.
Veral in die 90’s toe hulle die name van dorpe begin verander het. Jy kon maklik verward raak en in die verkeerde dorp beland.
Baie keer in die lewe beland ons by so ‘n T-aansluiting of kruising waar ons ‘n keuse moet maak.
Dit gaan nie noodwendig tussen sonde doen en goed doen nie, maar meer oor die keuse van die regte rigting in ons lewens.
Meestal kan ons sekere besluite blindelings neem.
Ons weet wat die regte ding is om te doen, maar soms kom ons op ‘n plek waar ons net nie die antwoorde het nie.
Baie keer is die keuse nie tussen goed en sleg nie, maar tussen wat REG is en wat AMPER REG is.
Hoe dit ook al sy, ons almal moes al lewensveranderende besluite neem en dan wil jy nie die tweede beste keuse kies nie.
Dis wanneer wysheid nodig is.
Want so Lief het God my; of nie?
Want so Lief het God my; of nie?
Hoekom voel ek soms ongered?
Vrydag lei Deon ‘n gesprek oor die boek “Spirit, Soul & Body” van Andrew Womack. Isaac Akowuah, wat Vrydag oggend 21 Feb TGIF se spreker was, het daardie oggend vir almal wat daar was ‘n kopie van die boek gegee. Vrydag oggend se gesprek beloof om baie insiggewend te wees.