4 April 2025 – Mervyn Naidoo

Running for your life simply because of fear and the lack of knowledge

Mervyn’s testimony is about what everyday Christians go through and the same mistakes we make over and over again. It’s about discovering our passion and how our giftings, difficulties and heartache are secretly hidden in our passions. It is in finding our passion which should bring us the most joy and peace. He will be speaking about how he made the biggest mistakes in life simply because of fear and how you can avoid it!

28 Maart 2025 – Fred Barnard

Deur God aangeraak!

Eerskomende Vrydag oggend ontvang ons besoek van Fred Barnard van Lewende Woord Paarl. Hy gaan vir ons kom getuig hoe God hom meer as een maal aangeraak het en ook uit die dal van doodskaduwee gered het. Sy verhaal getuig hoe God sy grondgebied vir hom voorberei en opgelei het om vandag as kind van God Sy woord te kan verkondig.

31 Januarie 2024 – Ivan Basson

Die Werklikheid Van God Se Plan in ons lewens!

Kortliks is ek een van die wat kan getuig van die kansellering van my sonde en aksies en vernuwing Deur Jesus 2 Kor 5:17

Ek weet hoe  dit voel om geskors te word … In 1977 geskors uit die skool en verbied om ooit weer my voete op skool terrein te sit … Drie jaar later 1980 tydens bos verlof hoor ek van ‘n Nuwe Lewe In Christus, Joh 8:32-34, en gryp dit aan.

Ek weet hoe dit voel om sukses in besigheid te geniet … asook die teenoorgestelde …. ek weet hoe dit voel na 27 jaar van huwelik en op my verjaarsdag gegroet te word met; “Happy birthday I want a divorce…”

Ek weet van die hartseer van “alleen wees” wat mens dryf na die sneller van ‘n vuurwapen…

Ek weet van God Se Genade en Liefde om my lewe weer op dreef te kry met nuwe energie en  Gen 50:20 te verstaan.

Wat ook al vir my verwoesting beplan was, het God Omgedraai ten goede.

Gaan besoek gerus www.ivanbasson.co.za om n beter idee te kry van wat God met gebroke mense soos ek kan doen en heeltemal nuwe asem in ons te pomp.

17 Januarie 2025 – Martin Slabber

80 jaar – mylpaal van God se pad!

80 JAAR VAN GOD SE GENADE
Wanneer jy die 80 jaar-mylpaal van God se pad met jou bereik en verbysteek en daaroor besin, word jy so oortuig daarvan dat dit so ‘n oneindig groot liefde en genade-geskenk is, wat jy nie kan laat verbygaan sonder om daaroor te getuig en Hom die lof en dank en eer daarvoor te gee nie.

Ek plaas die kollig op ‘n aantal van God se oneindig groot genade-geskenke aan my tydens Sy unieke geestelike groei pad met my oor 80 jaar van die begin tot die hede en verder vorentoe.

Alle voorspoed en seën vir 2025!

6 Desember 2024 – Dries Potgieter

Passie vir gewone mense

Grootgeword in die Vrystaat en begin saam met 3 vrouens die Goudveld, Welkom omgewing, Gebedsnetwerk in 1997 toe die meeste Goudmyne byna toemaak en mense hooploos soekend was.

Op ouderdom 30 het ek n berg ontmoeting gehad met die Here oor my pad vorentoe wat ek altyd gekoester het .
Op 52 oorleef ek 3 hartaanvalle waartydens my hart 2 keer gaan staan het na my omlyning.
Filippense 4: 4 is my leuse vir elke dag:
Ek het n omgee passie vir gewone mense en is dankbaar om Die Woord te Kan gebruik en te versprei.

22 November 2024 – Micheal Steenkamp

Why bother to testify? How testimony brought revival in my life.

I will share how God powerfully intervened in my live at various stages, from childhood, adulthood and later. I testify how man is the same and sin is the same over the ages.
My testimony is about how returning to core doctrine can save us and I share the ways God intervenes in our lives. My testimony will show how the devil has a case against you. But God is not absent, He acts and deals with each of us to deliver us. Failure to testify will plug the wells of living water in our lives.

My story covers a tumultuous childhood, being raised out of poverty, getting to know God, but then in my young adult life relying on my own strength instead of God. It covers a period of rapid corporate advancement, yet a disastrous first marriage and a decline and fall comparable to the biblical prodigal son. I cover the near fatal few years that followed, and the dramatic rescue God orchestrated in my life.

Despite crushing losses in my personal life, and other near death experiences, I relay how God my Great Shepherd came after me and never left me nor forsook me. I end off with the last 17 years of my life that have been characterised by miracles and wonders of biblical proportion, as God restored me and led me into a divine purpose. I will also share some of the golden nuggets of divine wisdom I learnt directly out of Gods hand
I hope all will be blessed as I share this testimony for the first time in a public setting