10 Maart 2017 – Jan de Bruin

Jan is die ‘groot baas’ van Highway Ministries.   Jan het ‘n passie vir die Here en leef sy roeping uit in terme van Highway Ministries organisasie. Hy wil dieselfde in die Kaap begin. Kom daarop neer dat elke sterfte op ons paaie ‘n direkte impak op geliefdes het en dat ALLES gedoen moet word om dit te voorkom.

Jan werk nou saam met Kenney Africa (hoof van padveiligheid in die Weskaap) om veiligheid op ons paaie te verseker. Hy het veral ‘n passie vir trokdrywers en hulle omstandighede.
Jan brand vir God – sy getuienis is iets om nie te mis nie.

3 Maart 2017 – Francis en Mildred Lira

Francis en Mildred are from Brasilië.  Francis entered his full-time call to ministry in 1987 and was joined by his wife Mildred when they were married in 1993. They have been teaching, preaching, prophesying, ministering in churches for the receiving of the gifts of the Spirit, and seeing individuals activated in their ministries, firmly established in the Kingdom of God.

They have participated in training schools, seminars and conferences both in the Church and among business professionals, promoting spiritual awakening and revival.

Laai Francis and Mildred Lira hier af!

24 Februarie 2017 – William Loedolff

William Loedolff van GLO is Vrydag oggend by ons.  GLO sing altyd by Mighty Men en beweeg saam met Jacques Malan van Fathers Voice.  Baie van ons ken William maar ken nog nie sy getuienis nie.  Hy kom getuig en bring ook sy kitaar saam om ons te bederf met ‘n lied of twee.

Laai William se getuienis hier af!

17 Februarie 2017 – George van Zyl

What a great sinner I was…

But…

What a Great savior we serve…

Die getuienis wat George Vrydag gaan deel,is net n beskruiwing oor hoe diep die Here se liefde vir al sy kinders is..  Hoe die Here hom uit die dieptes van die hel uitgehaal het en hom oorwinnaar laat uitstap het oor dwelm en seks verslawing!

 God is Love – Love is King

Laai George se getuienis hier af!

10 Februarie 2017 – Lodewyk Spies

Lodewyk Spies of te wel Pastoor Lood, is ‘n geoktrooieerde rekenmeester.  In 2008 het hy in ‘n gemeente begin werk en steeds sy besigheidsbelange uitgebrei.  Sewe jaar later het hy egter besluit om hom voltyds toe te spits op sy bediening en dit waarvoor God hom geroep het.  Hy is steeds in die sakewêreld betrokke, maar bestee sy tyd hoofsaaklik aan die bediening wat God aan hom toevertrou het.

Lodewyk is die skrywer van verskeie boeke waaronder “Bid so vir n wonderwerk” seker die bekendste is. Hy het verskeie radio programme wat hy aanbied op verskeie stasies en is ook ‘n befaamde TV prediker. Sommige sal hom dalk onthou as een van KYKNET se oordenking predikers.  Nader aan huis kan ons luister na sy preke op Radio Kansel en Tygerberg en ook Maandae 10 oor 4 op Radio Kansel in die program Huiswaarts wanneer hy gesels romdom finansies.  Lodewyk is baie betrokke in besigheid en het belange in verskeie ondernemings.

Lodewyk is ‘n gesinsman en sy passie is om gemeenskappe in plek te sit, vis te vang en motorfiets te ry. Dit is wanneer hy nie besig is om n boek te skryf nie

Laai Lodewyk se getuienis hier af!

3 Februarie 2017 – Adriaan Strydom

“My naam is Adriaan Strydom.  In 2013 het Jesus my lewe wonderbaarlik verander na ek ‘n absolute laagtepunt bereik het.  Na my oorgawe het Jesus my al hoe meer geleer van sy liefde en die manifisterende krag van die Heilige Gees gesien beweeg in Malawi.”

Laai Adriaan se getuienis hier af!