24 November 2017 – Myan Subrayan
Myan se getuienis is iets om nie mis te loop nie. Hy is ‘n korporatiewe spreker, skrywer en werk ook met bekende sport spanne en spelers. Gaan kyk gerus na sy webblad hier. Laai Myan se getuienis hier af!
Persone wat persoonlike getuienis met ons deel
Myan se getuienis is iets om nie mis te loop nie. Hy is ‘n korporatiewe spreker, skrywer en werk ook met bekende sport spanne en spelers. Gaan kyk gerus na sy webblad hier. Laai Myan se getuienis hier af!
Eugenie (Paulene) is in 1999 op Bangkok lughawe in hegtenis geneem. Sy het 4kg heroin by haar gehad en is lewenslank tronk toe gestuur. Kom luister na haar getuienis en hoe sy ten spyte van swak omstandighede bo alles uitgestyg het. Die Heilige Gees het haar selfs leer musiek skryf en sing tot eer van God in die gevangenis. Laai Paulene se getuienis hier af!
Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand. Hy en sy vrou Marina is twee passievolle navolgers van Jesus. Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom. Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand. Laai Andre se getuienis hier af!
Laai Pickard en Eckard se getuienis hier af!
Johan du Toit die skrywer en koördineerder vir “A Surrendered life”. Die program is deel van ‘n groter bediening, “Perisseia” (oorvloed), wat Christene help om ‘n paradigma skuif te maak na ‘n lewe in oorvloed in die grootheid van die drie enige God. “Ek is ‘n man, ‘n pa en ‘n oupa en dit is die belangrikste aspek van my lewe. ‘n Derde geslag “preacher’s kid” wat die regte kerktaal kon gebruik en die kerk baie goed geken het. Ek…
“My Name Pastor Shaheed Johnson. I was born a Muslim went to go study the Muslim faith for three years. But King Jesus had other plans for my life. Amen” Laai Shaheed se getuienis hier af!
Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het. Selfs of hy dalk nog omgee. Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe. Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat. Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld. Die wêreld is tans in chaos. Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen…
Jimi is sedert 2010 voltyds besig met internet bediening na 20 jaar van gemeente-bediening. Sy bediening behels daaglikse oordenkings in Afrikaans (Padlangs) en Engels (By the Way), geestelike kursusse en groeiprogramme en persoonlike bediening per internet en direk. Jimi preek die Woord, gee lering, bied kampe aan en fasiliteer en konsulteer met gemeentes. Hy is ‘n geregistreerde lewensbegeleier (life coach) en bied ook lewensbegeleiding aan. Lees meer oor Jimi se bediening hier. Laai Jimi se getuienis hier af!
Februarie 2016 het Andre Thiart by ons kom getuig oor hulle sendingwerk in die Noorde van Mosambiek onder die Makwe mense. Hy en Annemarie is al 12 jaar daar. Jaco vertel: “Na sy praatjie het ek hom gevra “hoe kom mens daar by julle uit?” Sy antwoord was ‘n eenvoudige “jy ry”. Ek het na die tyd vir hom gesê ons sal nog eendag ‘n draai kom maak daar. Party van julle onthou seker nog die trekker projek na die…
Billy Thomas is die Senior Visie President by Merrill Lynch in die VSA. Billy bly tans in Pinehurst in die VSA. Hy is geseënd met ’n baie suksesvolle loopbaan. Hy is baie betrokke by leierskapsontwikkeling, en is deel van die Leader Mundial groep in die VSA. Nadat Billy ’n christen geword het, het hy ervaar dat dit baie moeilik was om diepte in verhoudings te bou met ander christene as gevolg van sy besige werk skedule. Hy is baie beperk…