Vrydag oggend getuig een van ons gereelde sprekers, Stan Turketti. Stan gaan gesels oor realiteit vs geloof.
Maak solank ‘n aantekening oor die gesamentlike byeenkoms die 6de Mei by Kenridge TGIF.
TGIF Durbanville
Persone wat persoonlike getuienis met ons deel
Realiteit vs geloof.
Vrydag oggend getuig een van ons gereelde sprekers, Stan Turketti. Stan gaan gesels oor realiteit vs geloof.
Maak solank ‘n aantekening oor die gesamentlike byeenkoms die 6de Mei by Kenridge TGIF.
Met die wapenrusting van God
My getuienis gaan oor die belangrikheid om God se wapenrusting aan te trek – elke dag. Die geestelike geveg is ‘n werklikheid en ek het dit veral beleef toe ek angs en depressie gekry het.
Deur God se genade en familie se bystand kon ek dit oorwin – met die wapenrusting van God.
Wat ons Vader vir my tydens Covid gewys en geleer het
My getuienis gaan hoofsaaklik om wat ek ervaar het toe ek Covid gekry het, in ICU beland het en wat ons Vader vir my gedurende die tyd gewys en geleer het, asook daarna.
Dit is die eerste keer dat ek buite ons kerk praat, so dit is nogal uitdagend maar ons is geroep om uit ons “comfort zones” uit te tree.
My huistaal is Engels. Ek sal seker hoofsaaklik Engels praat, maar is ook heel gemaklik om Afrikaans te praat.
Elke keuse is ’n kruispad en elke kruispad is ’n keuse.
Elke keuse is ’n kruispad en elke kruispad is ’n keuse.
In die eerste deel van my getuienis vroeër die jaar het ek uit ’n stukkie van my lewenstorie gedeel hoe elke keuse wat ons maak, ons lewe beïnvloed.
God is egter groter as ons keuses, goed en sleg, en gee ons die genade van kruispaaie.
Vrydag in die tweede deel van my getuienis deel ek ietsie uit my lewenstorie die afgelope 7 jaar oor my kruispaaie en die nuwe pad saam met ABBA Vader, Jesus en Heilige Gees om weer uit die as te kon begin opstaan en feesklere te kan aantrek.
Mannekonferensie terugvoer
Alles genade!
Vrydag oggend is Dr Theo Fourie -chiropraktisyn aan die woord. Theo is gelukkig getroud en pa van drie tieners. Hy is ‘n kind van die Here vir naby 30 jaar en betrokke by “Durbanville True Word” gemeente vir 6 jaar.
Alles genade!
Hoe God ons as gewone manne gebruik!
My ervaring van God gee my geweldige hoop vir vernuwing en verandering in mense se lewens! Ek deel graag my ervaring oor die afgelope 15 jaar oor hoe God ons as gewone manne gebruik om in ons Kaapse gemeenskappe transformasie te bring in die lewens van addicts, prostitute, en aktuarisse! Ek bring ook ‘n paar vriende saam wat kort grepies van God se impak in hulle lewens sal deel.
Kaal gestroop, maar steeds vol Hoop!
“Kaal gestroop, maar steeds vol Hoop!”
My teksgedeelte is uit Ps. 103
Ek vertrou regtig dat God ‘n boodskap van hoop en deurbrake vir die manne gaan hê.
Onthou asseblief ook van ons mannekonferensie volgende naweek. Meer inligting hier beskikbaar.
Keuses en besluite
Elke dag staar ons verskeie keuses en besluite in die gesig. Vrydagoggend deel ek met jou hoe hierdie keuses ons lewe op alle vlakke, kort- en langtermyn beïnvloed uit ’n stukkie van my lewensstorie.
Onthou die TGIF Mannekonferensie 25/26 Februarie. Hier is die program.
Dit beloof om nuwe moed te skep in elke man se hart!
Die Here het ons gestuur. Kom hoor hoe klop die Here se hart vir Sy Koningkryk en Sy kinders deur my getuienis rakende die afgelope jaar by te woon.
Dit beloof om nuwe moed te skep in elke man se hart!
Onthou die TGIF Mannekonferensie 25/26 Februarie: