22 Oktober 2021 – Jacobus Smuts

Omdat Hy ons waarlik onvoorwaardelik liefhet!

My lewenspad het baie uitdagings gebied en dit is vandag nog so. Dit is egter nie net waar van my nie maar vir ‘n groot skare medegelowiges. God loop egter met elkeen van ons ‘n unieke pad, want hy maak nie “carbon copies” nie – net “originals”. Hy het my tussen alles deur geleer dat Hy altyd by ons is, altyd voorsien of ‘n uitkoms bied en dat ons te midde van ons gebrokenheid en kwesbaarheid vir Hom bruikbaar is, omdat Hy ons waarlik onvoorwaardelik liefhet.

Hy het my geleer dat dit OK is om nie OK te wees nie. Sou u belangstel om uit te vind wat die verband tussen ‘n hout deur en my verhouding met God is, wil ek u graag uitnooi om Vrydag te kom hoor wat God daaroor vir my te se gehad het.

1 Oktober 2021 – Coenie Brand

My walk on earth

Born in Cape Town, grew up in Cape Town and got saved in Cape Town… Finding the extra-ordinary in an ordinary world, it must be all about Jesus.
Born a sinner, saved by grace through faith. Salvation is a gift of God.
I will talk about the purpose of life, distractions and my walk on earth…

10 September 2021 – Shane Maree

Shane se getuienis gaan oor hoe jy Jesus ontmoet het en die rol wat Jesus in sy lewe speel.

Shane survived cancer twice.  After the 1st time he ended up being a manager in the biggest bouncing company in SA.

“I was Commanding Officer of the executive team for the Saudi Royal  family and spent time in Egypt and Saudi Arabia.  Got arrested when I got back joining the bouncing Company again and went 2 Pollsmoor.

I made a decision not to have my daughter visit me in a place like that and do something more professional with less problems from external factors.
I went out to sea end 2013 and started the first of 5 years in hostile environment in West and East Africa (Somali pirate waters East Africa). Upon my last mission East Africa in 2017/18 I got sick again at sea.  Another 2 years of chemotherapy… this time with radiation and some other stuff.

18 years ago they put me on permanent disability due to immune system compromised and blood.

I was invited to South African Strongest Man Championships Under 105KG from 2012 for 3 years in a row.  We made history as no cancer survivor has ever been invited to any South African Strongman Championship ever.  I am planning a comeback with 3 world records in the pipeline.”

Shane se getuienis gaan oor hoe jy Jesus ontmoet het en die rol wat Jesus in sy lewe speel.

3 September 2021 – Dewald van der Westhuizen

Ek het op Hom gegil en toe eers hoor Hy my….

Jongste van 5 seuns groot geraak in n hotel met 5 kerke knoppie langs my bed maar toe ek Jesus gesoek het was Hy nie daar nie, waar het ek gesoek….

Ek het op Hom gegil en toe eers hoor Hy my….

Volgende dag was daar groceries vir 2 maande, hondekos ook as Jesus my ken wow wat gaan hier aan…..

F… off I dont believe in God…. Spit in my face…
DIE OU DEWALD SOU JOU OMPOP…..
Jesus Jesus Jesus.!!!!!

28 Augustus 2021 – Getuienis van die Mannekamp

Mannekamp Getuienis

Die afgelope naweek was die TGIF mannekamp by Boegoeberg.  Dit was weereens baie geseënd en ons kan net dankbaar staan voor ons Vader en sy groot genade.  Hierdie Vrydag gaan die manne vir ons terugvoer gee en hul getuienis lewer oor die naweek se kamp.  Jacques Malan gaan ook sy indrukke deel.

13 Augustus 2021 – Toby Jonker

The Holy Spirit works daily

A fellow brother, husband, father and servant of Christ. Walking in the miraculous, facing trials and temptation. Falling away, but being found again. Dealing with church hurt and offense How God truly never gave up on me, even when I chose to push him away. How the Holy Spirit works daily, if we choose to listen.

6 Augustus 2021 – Eddie Goldberg

Het my lewe lank gesukkel het om die Here regtig aan te neem

Vrydag oggend lewer Eddie Goldberg sy getuienis.

“Ek sal net graag in my getuienis wil vertel van hoe ek in ‘n Christenhuis groot geword het, maar my lewe lank gesukkel het om die Here regtig aan te neem a.g.v. die wêreld se dinge wat mens wegrokkel van die Here af. Dinge soos swak mense verhoudinge, ‘n gejaag na geld en ‘n groot kop ontwikkel as jy sukses behaal. Ek wil ook praat oor hoe belangrik dit is om die regte lewensmaat te kies en om die regte redes.”

25 Junie 2021 – Martyn Turck

Barmhartigheid moet dan my hart verlaat deur my mond, hande en voete!

Martyn Turck, die skrywer van Jan-Hendrik Jacobs se verhaal is Vrydag se spreker.

“Ons status as kinders van die Here moet sigbaar word deur wat ons doen en sê. My lewe saam met Jan-Hendrik, oor wie die boek, My Naam is Jan-Hendrik, gaan, het my geleer dat ek moet toelaat dat die pyn en lyding van alle mense my hart deur my oë en ore binnedring en barmhartigheid stig. Barmhartigheid moet dan my hart verlaat deur my mond, hande en voete en iemand in nood makliker laat asemhaal wanneer ek van hom af wegstap.”

11 Junie 2021 – Nathan Frans

My lewe waarin ek nou is!

Nathan, een van ons eie manne, lewer sy getuienis Vrydag oggend.

“Ons is drie kinders wat ek die oudste is een Pa en Ma.  Pa was ‘n Pastoor,  het sy eie kerk gehad wat hy gestig het dis nog steeds in werking maar ons as familie is nie meer deel van die kerk nie maar steeds deel van die Liggaam van JESUS CHRISTUS.

Na die moord op my Pa het alles afdraand gegaan ondanks ‘n dubbele blessing van 2 seuns.  So 20 jaar gelede het die storie begin van my lewe waar ek nou in is – GALASIËRS 2V20. “