Jacques
Begin met lewens verhaal
-
-
- Laerskool – Oog genesing wonderwerk
- Pad met die Here – Motorfiets ongeluk
- Depressie
-
Herman
-
-
- Pad met die here
- Heal through deliverance and sanctification
- Rug probleme – wonderwerk
-
TGIF Durbanville
Wonderwerke!
Jacques
Begin met lewens verhaal
Herman
Ek weet waar my krag vandaan kom!
As ek moet dink aan n tema vir my gesprek sal dit moet wees oor my verhouding met die Heilige Gees, en hoe dit in n mate my lewe gered het, en dan die boodskap wat handel oor hoe noodsaaklik dit vir ons as christen mans is om n gewoonte daarvan te maak om gereeld aan ons verhouding met die Heilige Gees te werk.
Ek is n vlieenier wat my werk verloor het in Covid. Dit was n baie traumatiese tyd in my lewe, en sou nie daardeur kon werk as dit nie vir my “konneksie” met die Gees was nie.
Ek vlieg nou vir n airline in Zambia, waar ek elke 8 weke huis toe kom wat opsigself nie maklik is nie, maar ek weet waar my krag vandaan kom…
Sodat Jesus die fokus van alles sal wees!
Ek het 2015 ‘n ontmoeting met Jesus gehad nadat 3 selfmoord pogings misluk het. Na dit was my lewe nooit weer dieselfde nie en het ek besluit om almal wat ek ontmoet van Jesus te vertel sodat ander dieselfde redding, vrede en vreugde kan geniet in die Heilige Gees soos wat ek doen.
Kort na my redding is ek gedoop en na dit het wonderwerke begin uitbreek wanneer ek bedien of op straat vir mense bid.
Ek sien uit om Vrydag oggend die manne se geloof te roer en te stig sodat Jesus die fokus van alles sal wees in hul verhoudings, huwelike, vriendskappe en werksplekke.
Wat is jou skeppingsdoel?
“Ek het nie meer om te bied nie. Ek wil nie preek nie en ek wil nie my bediening kom boost nie. Ek kan net my storie vertel met die gebed dat iemand daardeur gehelp sal word om hul eie storie en skeppingsdoel te vind.”
Meestal Genade
“Ek en my gesin is nou al amper 24 jaar betrokke by sendingwerk in Noord Afrika en die Midde Ooste. 24 jaar van gehoorsaamheid, vreugde, hartseer, verlies… en meestal genade. Ons getuienis is een van God se getrouheid, en wat God kan doen as ons bereid is om te volg waar Hy lei.”
Getuig
Vrydag getuig Deon van der Merwe, een van ons eie.
What is God doing Armenia?
What is God doing Armenia? A revival in an ancient Christian nation? How God using Armenians to save Iranians? How can we get involved?
You who are highly esteemed!
Vrydag kom gesels Joseph Lee met ons uit Daniël 10. Hy gaan ook vir ons op hoogte bring van waarmee hy besig was sedert hy laasjaar by ons was.
T-AANSLUITING! HELP, EK HET GEBREK AAN WYSHEID!
In die dae voordat motors en selfone ‘n behoorlike GPS gehad het, kon jy jouself maklik by ‘n T-aansluiting bevind waar jy nie geweet het of jy links of regs moes gaan nie.
Veral in die 90’s toe hulle die name van dorpe begin verander het. Jy kon maklik verward raak en in die verkeerde dorp beland.
Baie keer in die lewe beland ons by so ‘n T-aansluiting of kruising waar ons ‘n keuse moet maak.
Dit gaan nie noodwendig tussen sonde doen en goed doen nie, maar meer oor die keuse van die regte rigting in ons lewens.
Meestal kan ons sekere besluite blindelings neem.
Ons weet wat die regte ding is om te doen, maar soms kom ons op ‘n plek waar ons net nie die antwoorde het nie.
Baie keer is die keuse nie tussen goed en sleg nie, maar tussen wat REG is en wat AMPER REG is.
Hoe dit ook al sy, ons almal moes al lewensveranderende besluite neem en dan wil jy nie die tweede beste keuse kies nie.
Dis wanneer wysheid nodig is.
Gereed en getrou
Jy kan net soveel groei deur ander se ervarings… groei self.