24 November 2023 – Johan Grobler

Van stoute predikantseun tot die van verpreider van die Woord van God!

Deur die genade van die Here loop Johan Grobler se lewenspad van stoute predikantseun tot die van verpreider van die Woord van God aan die wat nie lees nie. Luister na getuienisse van hoe mense in Afrika se lewens verander word deur die Evangelie in die Bybel in audio en ook in gebaretaal.

17 November 2023 – Spontane Getuienis en Gebed

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”

Ons weet God is in beheer. Hierdie Vrydag oggend gee ons ‘n geleentheid vir gebed en getuienis.

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”
– Oswald Chambers –

6 Oktober 2023 – Johan van Schalkwyk

Die Here se teenwoordigheid was so tasbaar

Ek is geseënd om die Here te ontmoet toe ek omtrent 8 jaar oud was. Dit was met ‘n herlewing byeenkoms en die Here se teenwoordigheid was so tasbaar dat ek op die selfde tyd Sy Gees ook ontvang het. Ek kon van toe af in talle praat as teken, maar het geen kennis gehad wat dit beteken nie. Soos dinge gaan met geskeide ours wou ek graag by my pa gaan bly het en was die geleentheid gegun deur my oorgangs tyd na hoër skool toe. Dit is ongelukkig waar dinge vir my werklik begin moeilik raak het.

29 September 2023 – Ds Gerhard Mahne & Kirstein Combrink

Die Bybel is God se onfeilbare waarheid aan ons.

Emiritus ds Gerhard Mahne, lidmaat by Parow Panorama gemeente,
en Kirstein Combrink lidmaat by die Vrye Gemeente Tafelberg in die middestad is aan die woord Vrydag

“Ons moenie dat halwe waarhede en die skare vir ons die waarheid bepaal nie. Die Bybel is God se onfeilbare waarheid aan ons.
… God se BEPALINGS aan ons.”

(Gerhard sal aan die woord wees en Kirstein sal vrae beantwoord, indien enige, oor die Vrye Gemeente Tafelberg se opskorting van die NG kerkverband)

22 September 2023 – Michele Potgieter Novidien

Sending in Oekraïne

Ek en Ockert, my man het 27 jaar gelede na Oekraïne vertrek om sending werk te gaan doen. Ons het verskeie bedienings begin en die gemeente Lig Vir Die Wêreld geplant. Ockert was ‘n regsgeleerde wat alles opgegee het om te gaan. Hy is in 2021 aan Covid oorlede en ek gaan steeds aan met die bediening.