TGIF Mannekonferensie 16/17 Februarie 2024 – Deursigtig

Deursigtig

Ons wil jou graag uitnooi na ‘n konferensie oor wat dit beteken om deursigtig te lewe en waarom dit belangrik is.

“Transparent” gaan daaroor om ons toe te rus sodat ons persoonlike bediening vol vrug kan wees.  Hierdie konferensie sal bydra dat jou jaar nog meer geestelik opbouend gaan wees.

Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville

Tyd:       Vrydagaand 16 Februarie 2024 vanaf 18h00 – 21h00

    Saterdag 17 Februarie 2024 vanaf 09h00 – 16h00.

Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en Vrydagaand & Saterdagmiddag se etes in. Ook ingesluit is Koffieman wat Saterdag-oggend gereed staan met 2 keer se koffie.

Indien daar finansiële uitdagings is, praat asb met Leon – moenie dat geld in die pad staan nie!!!

Ons wil graag ook ‘n geleentheid gee vir pa’s om saam met hulle seuns die geleentheid by te woon en daarom is hoërskool seuns ook welkom teen dieselfde koste. 2024 Is ‘n baie unieke jaar van geleenthede, MOENIE dit mis nie en bring ASB iemand saam vriend of familie!

Kom investeer (saad) in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:
N G Kerk Durbanville Bergsig
Absa
Tjek rek no:  1410 590 154
Verwys:     KONF—(Jou van)

Ons dien ‘n magtige God, en sien uit, met ‘n opgewonde verwagting, wat Hy hierdie naweek in elkeen se lewe gaan doen.  Ons wil daarom, by voorbaat, vir elkeen baie dankie sê wat sy tyd uitkoop om dit by te woon.

26 Januarie 2024 – Fanie Cronje

Hoe God my van geleenthede voorsien het!

My getuienis handel in hoofsaak oor hoe God my van geleenthede voorsien het om na trauma (die afsterwe van my vrou) en werksverlies geleenthede gebied het wat my in staat gestel het om ’n nuwe loopbaan, na die rype ouderdom van 60 , te begin, vele ander fasette binne hierdie nuwe loopbaan, wat deur die wil en genade , my in staat gestel het om ’n fasinerende nuwe “begin” te maak en werklik nou in my herfsjare voluit lewe en dit geniet!!!

8 Desember 2023 – Blackie Swart (Jaar afsluiting – dames welkom)

Jaarafsluiting – Beproewings!

Vrydag getuig Blackie Swart.  Dit is ook ons jaar afsluiting en soos gewoonlik gaan ons ook Nagmaal bedien.

Volgens die Skrif gaan ons van tyd tot tyd deur beproewings wat ons in staat stel om ander te help wat deur ‘n beproewing gaan. Ek moes twee maande gelede deur ‘n onverwagse hartomlyning gaan. Ek wil graag ‘n getuienis gee oor wat se impak dit op my gehad het na liggaam, siel en gees.

Dames Welkom

Ons begin weer die 19de Januarie.  Geseënde Christus fees vir almal.

1 Desember 2023 – Garion Krauss

Running God’s race

My name is Garion Krauss. I was born in the Free State but grew up in the Garden Route going to school in George. From High school I went on to do a B.Comm at the University of Port Elizabeth and finished off two subjects to complete my degree at University of Cape Town.

My brother and I started a business in Cape Town after our studies and are still running that same business, BG Servers, 28 years later. My extra mural activities were initially adventure sport related such as scuba diving, white water kayaking, surfing and paragliding, but for the last 10 years or so it has been first road running moving onto ultra distance trail running. For the last few years I have been taking part in various mountain trail events all over the country and some abroad. The distances include 50mile, 100km and 100 mile on trail and mountain. I am single with two children that have four legs and bark. The 3 of us love spending time in the mountains training but most of all we love spending time with our Creator in His incredible creation.

As much as I enjoy physical running what’s far more important to me is my spiritual race. 1 Cor 9:24 AMP Do you not know that in a race all the runners compete, but [only] one receives the prize? So run [your race] that you may lay hold [of the prize] and make it yours.

 

24 November 2023 – Johan Grobler

Van stoute predikantseun tot die van verpreider van die Woord van God!

Deur die genade van die Here loop Johan Grobler se lewenspad van stoute predikantseun tot die van verpreider van die Woord van God aan die wat nie lees nie. Luister na getuienisse van hoe mense in Afrika se lewens verander word deur die Evangelie in die Bybel in audio en ook in gebaretaal.

17 November 2023 – Spontane Getuienis en Gebed

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”

Ons weet God is in beheer. Hierdie Vrydag oggend gee ons ‘n geleentheid vir gebed en getuienis.

“Ons moet bid met ons oë gevestig op die Here, nie op ons uitdagings nie.”
– Oswald Chambers –