8 September 2017 – Niel Steyn

Hierdie Vrydag kom deel Niel Steyn sy getuienis met ons.  Niel gesels oor dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).

“Ek het elke nou en dan nodig om weer te bekeer – ja om weer terug te draai na die basiese waardes van ‘n volgeling van Jesus.  Ek het al vroeg in my lewe besluit om die Here te volg en voltyds in die bediening te gaan.  Ek onthou egter een van hierdie ‘bekerings’ in 2010 toe ek vir Jaco Strydom ontmoet het tydens ‘n Jeugweek in Stellenbosch.  Hy het my uitgedaag om die Bybel op ‘n nuwe manier te lees – om raak te sien dat die evangelie ons uitdaag om om te gee vir die rondom ons.  Van toe ek het my oe weer oopgegaan vir die nood rondom my.  Ek het besef dat ons as gelowiges ‘n verantwoordelikheid het teenoor ons medemense.

Deur Jaco het ek ook betrokke geraak by Echo Jeugontwikkeling waar ons saam met jongmense in nood woon. Een van die mottos wat ons hier volg is Don’t tell them Jesus loves them until you are prepared to love them too. Elke dag moet ek myself weer hieraan herinner: dat Jesus Sy koninkryk deur ons wil laat kom (al is dit soms baie moeilik).”

Laai Niel se getuienis hier af!

18 Augustus 2017 – Daniel Janse van Rensburg

“Maar die reuk … die tronk is redelik modern, maar so 10 jaar oud.  Dit is gebou vir 150 gevangenis, maar toe ek daar was, was daar meer as 400.  Net die politieke gevangenis het hulle eie selle.  Die res van ons, “the general  population”, bly en slaap waar jy ‘n plekkie kry.”  Daniel kom vertel van sy wedervaringe in ‘n tronk in Ekwatoriaal Guinee waar hy onskuldig in beland het en hoe sy geloof hom daardeur gedra het en van ‘n gemeenskap se ondersteuning.  “Dit was net genade.  As ek op my eie was, sou ek lankal moed opgegee het.”

 Laai Daniel se getuienis hier af!

11 Augustus 2017 – Louis Blignaut (Gideons)

Wat beteken dit  as die profeet Jesaja in Jes 55:11 sê ?

So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.

Louis Blignaut deel met ons eerskomende Vydagoggend ‘n aantal getuienisse oor hoe waar God se belofte is, en hoe die Here die “Gideons Internasionaal” hiervoor gebruik.

Kom luister hoe die Bybel mense se lewens verander het !

Die Here is baie groter as al ons pogings !! 

Laai Louis se getuienis hier af!

4 Augustus 2017 – Aubrey Terblanche (Gideon Milling)

“Ek dink om myself te beskryf is om te se dat ek n sondaar is, wat gered is deur baie genade.  My fokus is daarop dat hierdie lewe net n pelgrimstog is en alles gaan oor die koninkryk!!

Deur op God se woord te vertrou het ek n vlieënier geword met swak wiskunde punte en dit het tot die volgende stap gelei deur ‘n besigheid te begin wat as n platform moet dien van regverdigheid en integriteit in die landbou en kosbedryf.”

Without faith you cannot please God….

Laai Aubrey se getuienis hier af!

28 Julie 2017 – David Malherbe

David is ‘n besigheids- en loopbaan konsultant en skrywer.

Hy het vir drie jaar ‘n weeklikse rubriek “Jy die Entrepreneur” vir ‘n plaaslike koerant behartig en skryf die afgelope 2½ jaar maandeliks oor “Christenskap in die Werkplek” in die JUIG Tydskrif.

Sy webblad is www.jedidiah.org.za

Laai Dawid se getuienis hier af!