Browsed by
Tag: tgif mannebyeenkoms

17 November 2017 – Paulene

17 November 2017 – Paulene

Eugenie (Paulene) is in 1999 op Bangkok lughawe in hegtenis geneem.  Sy het 4kg heroin by haar gehad en is lewenslank tronk toe gestuur. Kom luister na haar getuienis en hoe sy ten spyte van swak omstandighede bo alles uitgestyg het.  Die Heilige Gees het haar selfs leer musiek skryf en sing tot eer van God in die gevangenis. Laai Paulene se getuienis hier af!

10 November 2017 – Andre Olivier

10 November 2017 – Andre Olivier

Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand.  Hy en sy vrou Marina is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.   Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand. Laai Andre se getuienis hier af!

27 Oktober 2017 – Johan du Toit

27 Oktober 2017 – Johan du Toit

Johan du Toit  die skrywer en koördineerder vir “A Surrendered life”.  Die program is deel van ‘n groter bediening, “Perisseia” (oorvloed), wat Christene help om ‘n paradigma skuif te maak na ‘n lewe in oorvloed in die grootheid van die drie enige God. “Ek is ‘n man, ‘n pa en ‘n oupa en dit is die belangrikste aspek van my lewe. ‘n Derde geslag “preacher’s kid” wat die regte kerktaal kon gebruik en die kerk baie goed geken het. Ek…

Read More Read More

13 Oktober 2017 – Eric Swanepoel

13 Oktober 2017 – Eric Swanepoel

Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het.  Selfs of hy dalk nog omgee.  Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe.  Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat.  Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld. Die wêreld is tans in chaos.  Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen…

Read More Read More

6 Oktober 2017 – Jimi le Roux

6 Oktober 2017 – Jimi le Roux

Jimi is sedert 2010 voltyds besig met internet bediening na 20 jaar van gemeente-bediening.  Sy bediening behels daaglikse oordenkings in Afrikaans (Padlangs) en Engels (By the Way), geestelike kursusse en groeiprogramme en persoonlike bediening per internet en direk.  Jimi preek die Woord, gee lering, bied kampe aan en fasiliteer en konsulteer met gemeentes.  Hy is ‘n geregistreerde lewensbegeleier (life coach) en bied ook lewensbegeleiding aan. Lees meer oor Jimi se bediening hier. Laai Jimi se getuienis hier af!

29 September 2017 – Jaco Jansen van Vuuren

29 September 2017 – Jaco Jansen van Vuuren

Februarie 2016 het Andre Thiart by ons kom getuig oor hulle sendingwerk in die Noorde van Mosambiek onder die Makwe mense. Hy en Annemarie is al 12 jaar daar. Jaco vertel: “Na sy praatjie het ek hom gevra “hoe kom mens daar by julle uit?” Sy antwoord was ‘n eenvoudige “jy ry”. Ek het na die tyd vir hom gesê ons sal nog eendag ‘n draai kom maak daar.  Party van julle onthou seker nog die trekker projek na die…

Read More Read More

22 September 2017 – Billy Thomas

22 September 2017 – Billy Thomas

Billy Thomas is die Senior Visie President by Merrill Lynch in die VSA. Billy bly tans in Pinehurst in die VSA. Hy is geseënd met ’n baie suksesvolle loopbaan. Hy is baie betrokke by leierskapsontwikkeling, en is deel van die Leader Mundial groep in die VSA. Nadat Billy ’n christen geword het, het hy ervaar dat dit baie moeilik was om diepte in verhoudings te bou met ander christene as gevolg van sy besige werk skedule. Hy is baie beperk…

Read More Read More

15 September 2017 – Gerhard van der Merwe

15 September 2017 – Gerhard van der Merwe

“My naam is Gerhard.  My storie is van hoe ‘n mens in jou sterk punte, in jou professie en natuurlike vaardighede, die Here met oorgawe kan dien.  Ek het groot geword in ‘n wonderlike Christin huis, my Pa het my na die Here gely toe ek 11 jaar oud was.  Ek studeer teologie met die oog op om ‘n sendeling en dominee te word.  Op ouderdom 20 stap ek egter weg van die Here en van daardie lewenspad.  Die volgende…

Read More Read More